Vandag op Mooi Troues deel ons hierdie ongelooflike strandtroue van Stephen en Tiffany wat in Mosambiek plaasgevind het. Dit is beslis iets uniek en besonders mooi. In die artikel gee hulle wenke oor hoe om ‘n mens se troudag ten volle te geniet, elke oomblik in te neem en om te onthou waaroor die dag eintlik gaan. Hierdie pragtige paartjie het ‘n strandtroue gehad en hulle gee wenke oor hoe mens by eenvoudige, steeds elegante dekor kan hou wat nie die mooiheid van ‘n venue of plek nie sal verbloem nie.
Hulle albei glimlag so breed dat hulle passievolle liefde vreeslik sigbaar en oplettend is. Dit is natuurlik wat die band tussen hulle net nog sterker maak. Die paartjie het ook daarop gefokus om hulle spesiale dag slegs saam met hulle naaste vriende en familie te geniet en seker te maak hul gaste is ook gelukkig en tevrede.
Lees gerus die res van die artikel om meer uit te vind oor hulle verlowing en troudag.
Wat was julle troudatum en hoe oud was jul albei op die dag?
3 Maart 2018 en Stephen was 32 jaar oud en Tiffany 27.
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons het gemeenskaplike vriende gehad en ons het die die een aand saam uit gegaan en gaan kuier. In die middel van al die chaos het ons aan die gesels geraak en kon net nie op gehou het nie.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het vir ‘n middel-winter strandvakansie na Vilankulo wat in Mosambiek geleë is, vertrek. Na ‘n lang dag op die strand het die son stadig maar seker begin sak en ek het kamer toe geglip om ‘n warm baadjie te gaan haal. Op daardie oomblik het ons by die swembad gestaan wat uit gekyk het oor die see. Nadat ek die ring gaan haal het en ‘n ander roete terug na Tiffany toe geneem het, het ek see-langs gestap en die ring perfek op die sand neer gesit. Ek het so gou as moontlik terug by Tiffany probeer uitkom en vir haar nader geroep om iets te kom kyk. Sy het iets baie interessant verwag, soos ‘n vreemde vis of iets.
Tiffany het dit heeltemal mis gekyk, want sy het glad nie verwag dat dit die naweek sou wees wat ons verloof geraak het nie. Sy was vreeslik deurmekaar en ek was heel verbaas hoe sy nie die ring op die oop sand kon gesien het nie. Ek het besluit om deur te druk en aan te hou. Ek het vir haar gesê sy moet meer aandagtig kyk, kort daarna het sy gegil van blydskap, op en af gespring en dadelik onder toe gehardloop om die ring van nader te bekyk. Soos wat sy na die ring gekyk het en om gedraai het, het ek daar op my een knie vir haar gewag en haar gevra of sy met my sal trou. Ek het aan haar verkondig dat dit ‘n eer sal wees om die res van my lewe saam met haar te kon spandeer.
Vertel ons meer van julle ringe?
Weereens was eenvoudigheid en minimalisme ons uitkyk gewees. Ons wou nie die nuutste modegier gevolg het nie en ons wou ook iets tydloos gehad het. Ek het vir Tiffany die tydlose ‘Solitaire‘ ring gekies, want dit was die styl wat ek gevoel het die beste by haar pas, my die meeste aan haar laat dink het en dit sal ook iets wees waarvan sy die meeste van sal hou. Ek het baie aandag gegee aan die pand self, want Tiffany is ‘n Argitek en ek het geweet dat sy die tyd wat daaraan gespandeer word en die moeite wat ek aan die ring spandeer, opreg sou waardeer. Op die oggend van ons troue, het ek haar verras met nog ‘n ring met steentjies om saam met die ander ring te dra. Wat my ring behels, het ons dieselfde proses gevolg. Ons wou dit eenvoudig, elegant en tydloos gehad het.
Vertel ons meer van julle fotograaf asook julle videograaf?
Ons het ‘n hele paar mense oorweeg en onderhoude met hulle gevoer om te kyk wie ons die meeste van hou en wie die geskikste sou wees vir ons troudag. Die laaste ding wat ons wou hê was iemand wat ons sou rond jag en aan wys wat om te doen die heeldag lank. Nadat ons die besluit gemaak het, het ons op Rentia Smith besluit. Ons was mal oor haar en haar werk! Sy gebruik baie natuurlike lig en dit was een van die groot belangrike aspekte vir ons gewees. Ons wou nie hê die fotograaf moes die lig teveel gemanipuleer het nie.
Ons videograaf was André van Motion Pictures gewees. Sy liefde en passie vir sy werk en tegnologie was vir ons vreeslik oortuigend en ons het geweet hy sou die perfekte video van ons spesiale dag vir ons kon vas vang.
Wat was julle begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons het begin by R400 000.00, maar ons het dit oorskry. Ek dink ons het omtrent 50% oor die begroting gegaan, maar ons het nooit die finale bedrag gaan uitwerk nie. Ons wou wou eerder seker gemaak het dat alles presies was hoe ons dit wou gehad het.
Het julle enige advies aan paartjies wat besig is om aan hulle troudag te beplan?
Almal maak asof die trou reëlings ‘n vreeslike las is met moeite en baie probleme. Ontspan, skryf alles neer, geniet die uitdagings en op die ou einde is dit julle twee se spesiale dag saam, maak nie saak hoe dit uitdraai nie. Die goeie tye sal altyd gekoester word en julle moet elke enkele minuut van die dag inneem en geniet.
Sou julle iets wou verander?
Klomp mense het vir ons al hierdie vraag gevra, maar ons albei kan met ‘n eerlike hart sê dat daar nie een enkele aspek is wat ons anders sou wou doen of verander het aan ons dag nie. Dit was perfek gewees, nes dit was. Ons het elke sekonde wat ons met ons familie en vriende kon spandeer, ten volle geniet.
Hoe het julle die venue gekies?
Mosambiek het nog altyd ‘n besonderse spesiale plek in ons harte gehad. Dit was die plek waar ek haar uit gevra het, gevra het om my vrou te word, so dit moes van self sprekend die plek gewees het waar ons trou aan mekaar beloof het. Ons het na ander venues gekyk, maar toe ons op ‘The White Pearl Resort ‘ afgekom het, het ons geweet dat dit die venue vir ons was.
Wat was julle inspirasie vir julle dekor gewees?
Ons wou die dekor so eenvoudig as moontlik probeer hou het, sodat dit nie die mooiheid van Mosambiek self oorheers het nie. Ons hoof dekor elemente het dus uit verskillende Witte, Groene en natuurlike kleure bestaan asook bamboes van die see en see-sand. Na vele Pinterest borde van idees en dekor voorstelle het ons nadat ons die eerste keer ons venue besoek het, besef dat die ligging nie eintlik veel dekor benodig nie. Die ongelooflike uitsig en die asemrowende plek waar ons gebly het was self ‘n meesterstuk op sy eie gewees.
Vertel ons meer van julle wittebrood?
Ons wittebrood was ongelooflik gewees! Ons het vir ‘n paar dae na ons troue in Ponta spandeer, saam met ons familie en vriende en daarna huistoe gegaan weer gepak, een aand by die huis geslaap en toe het ons Zanzibar toe vertrek. Daardie week was ons baie op die strand gewees, nuwe dele gaan besoek en getoer, nuwe mense ontmoet en alles geniet wat die eiland vir ons kon bied. Ons het in die Milia Resort gebly, waar ons na verskillende eetplekke toe kon gaan, deel geneem in verskillende aktiwiteite en soveel strand toe kon gaan soos wat ons wou.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die dag gewees?
Daar was soveel ongelooflike oomblikke op die dag self gewees dat dit amper onmoontlik is om een gunsteling te kies. As ek hard moes probeer, sou ek se dat ons albei besluit het dat dit die oomblik was toe ons gehoor het ‘en nou verklaar ek julle… Dit was die oomblik waar ons finaal vas geanker was in ons liefde vir mekaar met ons oe gerig op die Here tot ons laaste dag hier op aarde.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: White Pearl Resorts
- Fotograaf: Rentia Smith Photography
- Videograaf: Motion Craft Films
- Trourok: Zita Contente Couture
- Pakke: Attitude fashion
- Troue naweek klere: Dashing fashion
- Juwele: Lovisa
- Trou geskenkies: Flash bay
- Skryfbehoeftes: CDS
- Laser sny: Smudge designs
- Sitplek aanwysings: Classique Wood Design
- Binnenshuis ontwerper: Trademark Architecture
- Blomme: Multi flora