Jana-Minette, fotograaf van Soif De Vivre Photography, het dié trou inspirasie fotosessie gereël. Wat dit so spesiaal maak vir ons by Mooi Troues is dat die fotosessie gedurende die Wintermaande gehou was en dog nog ‘n snoesig en warm atmosfeer geskep het. Die besonderse venue, Shepstone Gardens, was versier met blomme wat in die seisoen was en soos in die fotos onder sien ons dat dit regtig baie mooi gelyk het. Ons by Mooi Troues moedig paartjies aan om gebruik te maak van Winter en die buie wat gepaard gaan daarmee. Doen dit reg en jy sal nooit spyt wees nie. Rol af en word geïnspireer deur Jana-Minette se kreatiwiteit.
Wie het die fotosessie gereël?
Jana-Minette van Soif De Vivre het die reëlings getref met Shepstone Gardens, sy het ook die modelle en hare en grimering gereël. Zenobia van Blue Olive Events het die blomme en dekor gereël. Zenobia het ook die stilering van die tafel gedoen.
Inspirasie vir die fotosessie?
Ons het inspirasie getrek uit die koue winter maande en die plant-lewe wat daarmee saam gaan, aangesien die sessie plaasgevind het in Julie.
Shepstone Gardens is in homself ‘n ongelooflike venue met so verskeidenheid fauna & flora rondom dat mens dit kan kontrasteer tussen warm kleure en die ligte, oop plan wat die glas venue is.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Die diensverskaffers is van die beste in Johannesburg. Hulle was ook gekies omdat hulle style van werk het perfek met die tema gegaan. Die verskaffers werk goed saam en kan die groter doel raak sien in ‘n sessie.
Wat was vir jou die merkwaardigste deel van die fotosessie?
Vir my, Zenobia, was die merkwaardigste deel die seremonie opstelling. Dit was modern en stylvol; En kan werk met meeste trou temas, ongeag die seisoen en styl wat die paartjie verlang.
Vir my, Jana, was die merkwaardigste deel om te sien hoe die modelle so verlief was, en dit net die prentjie soveel mooier aan mekaar gesit het.
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
Indien hierdie tema of kleur skema gekies word, dink oor die algehele voorkoms waarby jy wil uitkom. Die venue wat gekies is, speel ook ‘n groot rol in die kies van ‘n kleur skema en trou tema. Indien die venue van jou keuse te donker is, sal daar baie ligter dekor elemente ingebring moet word om die gevoel te skep. Dink ook aan beligting – kerse, “feetjie liggies en Edison gloeilampe kan ‘n groot verskil maak aan die beligting in die venue.
Hierdie tema is wonderlik vir Somer of Lente troues. Let wel dat die venue baie natuurlike lig moet toelaat en groot oop spasies nodig het vir hierdie tema.
- Fotograaf: Soif de Vivre Imagery
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Linne: Set the table
- Blomme en Dekor: Myrtle
- Stilering: Blue Olive Events
- Eetgerei + Breekware: Absolute Perfection
- Modelle: Herman + Caitlyn
- Hare + Grimering: Studio Odette
- Venue: Shepstone Gardens
- Rok & Skoene: Elli-Nicole Bridal + Elli-Nicole Shoes
- Pak: Smart Guy