Dewald & Elizabeth se Winter verlowing fotosessie

Dewald en Elizabeth se winter verlowing fotosessie het in die middel van Johannesburg plaasgevind.  Hulle het albei groot geword in die stad en het besluit dat dit die perfekte ligging vir hulle fotosessie sou wees.  Die Maboneng buurt het baie duidelik die kultuur en die gevoel uitgebring waarna hulle opsoek was; Só het hulle tussen die hoe geboue van die strate die spesiale oomblikke as verloofdes vas gevang.

Die fotosessie het in die Winter plaasgevind en hulle het albei ‘n Maroen item aangehad.  Volgens die paartjie is daar sekere kleure wat geassosieer kan word met die koue winter maande.  Hierdie kleur was een van hulle, want dit is ‘n donker rooi wat die wyn in die winter maande verteenwoordig.  Hulle het hulle navorsing op Pinterest gedoen en hulle het ook geleer dat verskeidenheid teksture, patrone en materiale goed lyk op foto’s.  Dit is dus waarom hulle twee uitrustings gedra het.  Hierdie paartjie lyk verlief, verlore en vreeslik intiem met mekaar.  Ons is saam met hulle opgewonde vir hulle droom troue wat op hulle wag.  Lees gerus die res van die artikel om vir Dewald en Elizabeth beter te leer ken.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het ontmoet en mekaar leer ken op presies dieselfde plek waar ons verloof geraak het, langs die Vaal Rivier in die Vrystaat.  Hy het rugby saam met my broer Johann Lutz gespeel en deur hom was ons aan mekaar bekend gestel.  Dewald het dadelik my aandig gekry met sy blou oë en hoe hy my net altyd kan laat glimlag.  Hy is altyd daar met arms reg om vas te hou en ‘n hart wat altyd omgee, ek sal wees wie ek vandag is sonder sy impak in my lewe.  Elizabeth het ‘n glimlag wat ek net nie uit my kop kon kry nie, ek glo nog altyd dat my vrou eendag ‘n glimlag sal hê wat aansteeklik is en kyk nou watse mooi glimlag kan ek elke dag langs opstaan.  Met ‘n hart van goud en die mooiste glimlag en lag kon ek haar nie weerstaan nie.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Ons was weg vir ‘n naweek in ‘n huisie langs die Vaal Rivier, hier het Dewald my verras met ‘n ete onder ‘n groot boom met die gras groen blare.  Dit was die 12 Februarie dus het ek gedink dit is deel van Valentyns dag.  Dit was toe nie die plan nie, want toe die nagereg kom toe sit daar die mooiste ring binne in ‘n sjokolade boks en dit is toe hy op een been klim en my vra om te trou.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons het altwee in die stad groot geword, Johannesburg is ons tuiste en het ‘n spesiale plek in ons hart.  Dus het ons besluit om die verlowing fotosessie in die middel van dit alles te doen, tussen die kultuur en kuns wat jy kan kry in die Maboneng buurt tussen die hoë torings van Johannesburg.  Ons het altwee ‘n spatsel maroen gedra omdat dit ons altwee komplimenteer en ook omdat dit winter is.  Daar is sekere kleure wat geassosieer word met die temperatuur van winter en dit is hierdie Wyn-Rooi.  Die volgende uitrusting was vir verskeidenheid in tekstuur, patroon en materiaal.  Alles goed wat mooi foto’s maak volgens Pinterest.

Vertel ons wat is jul droom troue?


As geld nie betrokke is nie is die droom troue in ‘n woud tussen lang bome en groen blare.  Wit Origami voëltjies wat in stringe hang van boom tot boom.  Boheemse trou rok en warm kleure van maroen en groen saam spierwit spatsels.  Heerlike kos van skaap na vark en ‘n mooi wit koek met groen blare op.  Ons wil hê ons troue moet ‘n fees wees van twee mense wat mekaar ongelooflik lief het wat bymekaar kom.   Goeie wyn en musiek dat dans glad nie eers ‘n vraag sal wees nie.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]