Vandag op Mooi Troues deel ons met julle Shanen en Samantha se troue in die Wes-Kus. Hierdie paartjie se passievolle huwelik het 14 jaar gelede met ʼn onskuldige dans by ʼn sosiale geleentheid af geskop. Hierdie twee is albei strand liefhebbers en dus was dit toe ook waar hulle hul paartjie fotosessie gehou het op Paternoster se strand. Hulle het saam besluit op al hulle trou dekor elemente, kleurskema, versnaperings asook die blou waterverf wat hulle diep voorliefde vir die see uitbeeld. Hulle het kort na hulle troudag Mauritius toe gereis waar hulle ʼn week van hulle wittebrood spandeer het en daarna die pad gevat Spanje toe. Wees seker om die beste oomblikke van hulle spesiale dag in die artikel te besigtig. Ons hoop julle geniet die artikel.
Wat was jul troudatum en hoe oud was julle albei op dié datum?
Ons het op 10 Februarie 2018 getrou. Samantha was 29 jaar oud en Shanen 30.
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons het 14 jaar gelede by ‘n sosiale geleentheid by die skool ontmoet, ek was 15 en hy was 16. Ek en my suster het Shanen en sy vriende hoor praat oor met wie hulle wou dans. Hy het gekies om met my te dans omdat hy van my wit broek gehou het, en ek het van sy blas vel gehou. Die res is geskiedenis!
Hoe het julle verloof geraak?
Shanen het vir ons ‘n romantiese naweek na Elgin se ou Mac Daddy-karavaanpark gereël. Heeltemal perongeluk het ons die ‘Mills & Boon’ kamer gekry! Na ‘n dag van wynproe en pamperlang, het ons reg gemaak vir aandete en Shanen het my kant toe geroep. Hy het gesê ek lyk mooi, maar dat my uitrusting iets ekstra benodig het – en toe op een knie afgegaan! ‘n Aand van sjampanje en opgewonde oproepe het daarna gevolg.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die dag?
Vir my was die beste oomblik om by die paadjie af te loop en al ons naaste familie en vriende te sien glimlag. Die liefde en ondersteuning wat ek in daardie oomblik gevoel het, was oorweldigend en ek sal altyd daardie herinnering koester.
Vir ons albei was nog ʼn groot hoogtepunt, ons fotosessie op die strand. Ons het soveel pret gehad met Kusjka en Lindie, en dit was lekker om ʼn tydjie weg te breek, net die twee van ons, om die oomblik van pas getroudheid saam te geniet.
Wie was jul fotograaf en videograaf gewees?
Kusjka was fenomenaal! Ons praat gereeld oor wat ons troudag spesiaal gemaak het, en Kusjka kom altyd op! Kusjka en Lindie (haar assistent fotograaf) was warm, vriendelik en ontspanne en het alles so maklik gemaak. Hulle het met ons persoonlikhede gewerk en die foto’s wat hieruit voortvloei, was soveel meer as wat ons kon voor gehoop het. Ons het regtig soveel pret op die strand gehad!
Waarheen was julle vir jul wittebrood gewees?
Ons het nie ‘n tipiese geskenk-register gehad nie en het gaste gevra vir kontant-skenkings na ons wittebrood. Ons het ‘n week in Mauritius na ons troue spandeer, en het sedertdien na Spanje vir 2 weke as ‘n verlengde tweede wittebrood gereis. Die leuse vanjaar is – “You Only Honeymoon Once” (YOHO).
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons het ons begroting geprioritiseer volgens wat vir ons belangrik was (die rok, die kos, ens.), en waarop ons meer spaarsamig wou wees. Ons het daarin geslaag om binne die meeste van ons begroting te hou, deur vroeg ons tariewe te kry, kwotasies te vergelyk, behoorlike navorsing te doen, van die goed self te maak en te koop of te huur van groothandelaars. Om vriende te vra wat onlangs getroud was vir raad was ook baie behulpsaam, daarom het ons baie inligting gehad om ons te lei! Ons het self vir die grootste deel van ons troue betaal, en ons het vroegtydig gespaar om skuld te vermy.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
My raad sou wees julle troudag te bespreek, daaroor te droom en saam as ʼn paartjie te beplan, sodat julle weet wat belangrik is en wat nie. Dan sal die regte venue, dekor en begroting daardie prioriteite volg. Doen wat jy wil doen, want op die einde van die dag gaan die dag oor julle twee as ‘n paartjie en vier julle band en toekoms saam. Beplanning kan ook baie stresvol word, so help mekaar en kry julle gevolg betrokke! Neem tyd om perspektief te kry, en onthou dat as daar iets verkeerd gaan op die dag, sal die meeste mense nie opmerk nie.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Ons het onbeplande probleme met ons venue gehad oor die volume van ons musiek. Dit was buite ons beheer, maar was ‘n laagtepunt van die dag juis toe ons dinge bietjie meer pret wou maak! Ek dink as ons enige iets van daardie aand kon verander, sou dit wees om ‘n plan met die musiek gemaak het wat beide ons en die venue kon goedkeur.
Hoe lyk die ontwerp van jul ringe?
My verloofring is ‘n geboë witgoud-solitaire van Browns wat ons saam gekies het, en my trou band is ‘n diamant-kroon in witgoud. Dit was spesiaal ontwerp deur ‘n goeie vriend. Shanen se troupand is ‘n ontwerp deur Wolf Bros, en is ‘n geborselde titanium band met ‘n roos goud inleg.
Hoe het julle die venue gekies?
Ons is lief vir die see en die Weskus het gelyk soos ‘n goeie keuse vir ‘n somer troue. Ons het Gelukkie gekies as gevolg van die ontspanne, rustieke atmosfeer, die goeie kos wat aangebied word en die intieme omgewing. My raad sou wees om ‘n vraelys te skep voordat jy jou voornemende lokale besoek, sodat jy eweneens kan vergelyk, en neem baie foto’s sodat jy jou dekor op die groot dag kan visualiseer.
Wat was die inspirasie vir jul dekor?
Ons dekor was baie eenvoudig maar tog elegant met aksente van roosgoud en groen blare. Ons het albei ‘n diep voorliefde vir die see so daarom het ons die blou waterverf element ingebring.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Kusjka du Plessis
- Venue: Gelukkie
- Trourok: Elbeth Gillis
- Hare + Grimering: Anette Olwagen
- Musiek: Ryan McCrindle
- Platejoggie: HartBeatSound
- Dekor: Something Borrowed
- Blomme: Bunches for Africa
- Pastoor: Willie Viljoen
- Ringe: Browns + Wolf Bros + Lynnae Lyons (CaratCo)