As jy beplan om jou groot dag in die Stellenbosch, Paarl of Franschhoek area te hou, het ons die verblyf kwessie sommer maklik vir jou uitgesorteer. Lees ons artikel oor La Bella Vita Studios.
Hulle het ‘n groot verskeidenheid studio’s. Jy kan letterlik kies en keur oor watter studio jy wil gebruik. Byvoorbeeld saam jou vriendinne wil kuier na jou hennepartytjie, kombuis-tee of klaar maak en aantrek vir jou groot dag. Daar is selfs studio’s wat die manne kan kies! Ekstra bonus punt is dat die studio’s ongelooflik mooi versier is. Dit sal dus sorg vir asemrowende mooi foto’s.
Studio’s
In Oktober 2017 het die stigters en eienaars Lise Liebenberg & Jadrick Coetzee hul eerste ontwerper studio oopgemaak. Hierdie studio word vandag nig herken as Misty Forest. Daar is tans uniek ontwerper studio’s – Misty Forest, Rhino, Blush, Mare, Haven, Hush & Simply Serene. Daar sal teen November 2018 nog twee studio’s bykom wat dit dan ‘n totaal van 10 sal maak. Ons het die in die Ebony studio oornag.
Die studio’s is semi-selfsorg. Wie wil nou kos voorberei as jy kom om te ontspan of besig is met trou reëlings? Sentraal geleë naby spog restaurante en wynplase, is die keuse groot. Die personeel help graag met besprekings en verwysings afhangende van die gaste se voorkeure. Jy kan formeel of informeel vir jou eet ervaring kies.
Aktiwiteite
Jy kan die landgoed gaan verken te voet of per fiets om bietjie stoom af te blaas as die stres te erg raak. Vir die voël-kykers is daar ongelooflike baie spesies om na te soek in die boomryke area. Die manne kan selfs visvang in een van die klein dammetjies, of hulle kan kajak roei! In die Somer maande kan gaste lekker ontspan langs die swembad en in die Winter is die gas kaggel in elke Studio ideaal. Vir die gene wat eerder in die studio wil ontspan kan jy lekker boek lees, glas wyn drink en net die ongelooflike omgewing in neem het elke studio ‘n ruim Balkon. Elke Studio het leesboeke wat pas by die tema van die kamer. Die studio’s is op dieselfde perseel as die Santé Wellness Retreat & Spa wat dit baie gemaklik maak om gepamperlang te word met jou gunsteling behandeling.
Fasiliteite
Alhoewel hulle semi-selfsorg is, voorsien hul die nodige items. Daar is nie ‘n stoof of oond nie, maar daar is wel ‘n mikrogolf as jy iets wil warm maak. Gaste ontvang ‘n welkom mandjie met lekkernye van die area. In die mandjie is daar ‘n vars gebakte Babylonstoren Peer brood, Vrede & lust wyn, Dalewood kaas, heuning & botter sowel as beskuit vir ‘n vinnige ontbyt voor die dag se aktiwiteite begin. Elke Studio het ook gebottelde water, koeldrank, tee, filter koffie, Nespresso, melk en suiker wat daagliks opgevul word. Elke Studio het ook ‘n ‘pamperlang skinkbord’ in die badkamer met natuurlike skoonheidsmiddels en elkeen verskil van Studio tot studio. Mare Studio sal byvoorbeeld meer kaneel geurig wees, teenoor Blush Studio se roos geurige reuke of Ebony se houtskool seep en badsout. Elke “bad-bom”, sepie, bad sout & roompie is spesiaal saamgestel om te pas by die tema van die Studio.
Ontwerp van die studio’s
Wat dié studio’s so spesiaal maak is dat elkeen uniek ontwerp is deur ontwerper Elsje Schonken. Elsje het elke studio kontemporêr ontwerp wat onverwagte vreugde skep vir almal wat hulle ervaar. Ons weet sommer as jy eers in een studio gebly het, dat jy elke ander studio sal wil ervaar. Daar is ongelooflike fyn kenmerke in elke studio se ontwerp geplaas. Jy sal na jou asem snak met die aandag aan die kleinste detail. Die breekware van elke studio verskil ook om in te pas by die tema van die Studio. Ebony sal swart wees, Blush pienk, ens.
Liefdadigheid
As dit nie genoeg is om jou te oorreed om nou dadelik jou besoek by La Bella Vita Studios te bespreek nie, is die volgende ook wonderlik! Die idee en konsep om die spesifieke ontwerpe is geïnspireer deur die liefdadigheid organisasies wat baie na aan die eienaars se hart is. 3.5 % van die jaarlikse profyt word geskenk aan verskillende organisasies wat aansluit by die tema van die Studio:
Vir Mooi Leefstyl se lesers wat ons goed ken, sal weet honde is baie naby aan ons hart. Ons het in die Ebony Studio gebly. Swart gaan nooit uit die mode nie. Hierdie Studio is dominant, elegant en modern. 3.5% van Ebony Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan The guide dog association.
Liefdadigheid organisasies
- Misty Forest: Inspirasie getrek van bome, mos, organiese materiaal en elemente van koper. 3.5% van Misty Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan Greenpop Organisasie
- Blush Studio: Geïnspireer deur die elegansie van vrou-wees d.m.v koper, sagte pels teksture, blom muurpapier, skakerings van pienk. 3.5% van Blush Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan Reach For Recovery
- Mare Studio: Inspirasie getrek van die pragtige perde by Pete’s Adventure Farm met hul vloeiende maanhare en aardse teksture en kleure. Die Studio is ideaal vir diereliefhebbers. 3.5% van Mare Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan The Cart horse association
- Rhino Studio: Die Rhino Studio vier hierdie pragtige Suid-Afrikaanse ikoon met sy merkwaardige vel-tekstuur & dapper eienskappe. 3.5% van Rhino Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan The International Rhino foundation.
- Haven Studio & Hush Studio: Haven & Hush Studios is geïnspireer deur Afrika. Die klem hier is op teksture en die gebruik van rottang en aardse kleure. 3.5% van die Hush & Haven Studios se jaarlikse profyt word geskenk aan Warrior on wheels foundation.
- Simply Serene: ‘n Goedkoper opsie vir die wat gemak soek, maar nie noodwendig die ontwerpers elemente vereis nie. Simply Serene is net ‘n eenvoudige en kalm spasie vir rus en ontspan. 3.5% v an Simply Serene Studio se jaarlikse profyt word geskenk aan Warrior on wheels foundation.
Geniet ‘n luukse bad
La Bella Vita Studios maak gebruik van behandelde boorgat water. Die gaste is welkom om ‘n heerlike lang bad te vat.
Kontakbesonderhede
Volg La Bella Vita Studio’s op Instagram en Facebook. Vir besprekings en meer inligting, klik hier om hulle webtuiste te besoek.
- Foto’s en kopiereg voorbehou deur © Vorsprung Studio