Vandag deel Mooi Troues hierdie spontane paartjie se fotosessie in die woud. Dit is afgeneem is deur Gustav Klotz Photography. Die paartjie het besluit om hul โhonde kindersโ ook teenwoordig te hรช en het sodoende โn speelse element bygevoeg tot die fotosessie. Die paartjie het ook verskeie fotoโs saam met โn perd wat by hul ryskool is, geneem. Hulle beplan ook om die perd te inkorporeer by hul troudag. Vir meer hieroor kan jy in die artikel rondsnuffel en dan sommer ook lees oor die unieke manier hoe Marcus haar gevra het om sy vrou te word. Die paartjie lyk pragtig en ons kan nie wag om te sien hoe hul troudag gaan lyk nie! Aangesien die twee effens wegskram van die gewone benadering tot โn tema vir die geleentheid, sal dit beslis interessant wees.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons het op โn paragliding kursus ontmoet. Leanne was reeds gekwalifiseer en Marcus het net begin met sy kursus. Hulle het toevallig steeds klasse saam gehad. Sy was die spesifieke dag bang en het onveilig gevoel. Marcus het toe uit sy eie na haar toe gegaan en probeer om haar aan te moedig om nie bang te wees nie. Ons het van die eerste dag af โn konneksie gehad en soos ou vriende oor die weg gekom. Ek was eers te skaam om te erken hoe ek voel en het dit probeer afspeel, maar een spesifieke dag toe ons by die strand vlieg, toe land Marcus perongeluk sy vlerk oor my. Soos ons saam lag en uit die nes van toutjies probeer klim het ek besef sy kan dit nie meer ontken nie. Marcus sรช ook dat hy nog altyd aangetrokke is tot my sagtheid, glimlag en avontuurlus.
Hoe het julle verloof geraak?
Marcus vertel dat hy aanvanklik beplan het om die groot vraag te vra tydens โn perde-rit, maar het besef dat hulle dit eers aan die einde van hul wegbreek sou doen. Hy was op die punt om die verlowing uit te stel na hul volgende vakansie, maar sy ma het hom oorreed om in elk geval die ring saam te vat. Gelukkig het alles binne โn uur in plek geval by hul eerste stop-punt en het alles perfek verloop!
Leanne vertel sy kon nie glo hoe goed Marcus alles vir haar weggesteek het nie! Ons het vir โn week weggegaan na ons gunsteling Bed en Ontbyt, Bitou River lodge in Plettenbergbaai gegaan. Op die eerste oggend toe hulle my ontbyt vir my bring, was dit nie eiers soos ek bestel het nie, maar โn bord vol rose en โn klein swart boksie in die middel. Toe maak hy dit oop, gaan af op een knie en vra die groot vraag. My asem was weggeslaan van skok en blydskap! Ek het die ja-woord darem uitgekry voor die trane oorgeneem het.
Wat was die inspirasie vir jul fotosessie?
Die fotosessie was โn asemrowende geskenk van spesiale vriende van ons. Nie een van ons twee is mal oor fotoโs neem nie, maar dit was verbasend maklik en ons fotograaf, Gustav Klotz, het ons help ontspan en die hele ondervinding soveel pret gemaak. Ons het twee temas gehad, eers โn โMiddeleeuse prins en prinsesโ tema saam met een van ons perde, en toe ons familie fotoโs met ons honde-kinders.
Hoe lyk jul droomtroue?
Ons droom troue gaan โn naweek van ontspan en kamp wees, hoe meer ontspanne hoe beter! D it gaan in pragtige tente geleรซ in โn woud naby Elgin saam met ons vriende, familie en diere-kinders. Ons gaan โn tipe Keltiese seremonie hou met โn โhandbindingโ tradisie om ons simbolies saam te bind, in die veld net buite die woud met die berge en velde om ons. Ek sal in ry op een van ons perde na waar Marcus en die honde kinders vir my wag en die ringe sal tien teen een deur een van ons valke in gevlieg word. Na dit โn spitbraai en dans op die grasperk tussen die bome.
- Fotograaf: Gustav Klotz Photography
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Perd: Highland Riding Academy (Ons ryskool)
- Perd se klere: Animal Attractions
- Vervoer vir perd: African horse Carriers
- Middeleeuse klere: Annies Wardrobe