Juan & Olivia se pragtige plaastroue

Hierdie vakansie-romanse wat ontaard het in liefde het tot die gevolg gelei van ‘n pragtige sprankelende huwelik tussen Juan en Olivia.  Die paartjie het op ‘n vliegtuig ontmoet op pad na die strand dorpie, Jeffreysbaai.  Hulle missie vir hulle troudag was om hulle self as paartjie te weerspieël en nie net die nuutste modes te volg nie.  Juan en Olivia het seker gemaak om aspekte in hulle troudag te inkorporeer wat beide partye se voorkeure en insette was.  Hulle het behoorlik fees gevier en gedans tot sonsopkoms.  Ons hoop julle geniet die res van die pragtige plaastroue.

Wat was jul troudatum en hoe oud was julle albei op dié datum?


16 Desember 2017 was ons troudatum.  Juan was 31 jaar oud en Olivia 27.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


In Desember 2011, het ons vlugtig ontmoet op een van ons altwee se gunsteling vakansie-dorpe, Jeffreysbaai.  Ons is aanmekaar voorgestel deur Olivia se nefie.  In Desember 2012, weereens in Jeffreysbaai, het ons vir die tweede keer ontmoet en van daar af nooit opgehou gesels nie.  Dit was ‘n vakansie-romanse wat ontaard het in liefde.

Hoe het julle verloof geraak?


Ons verlowing was ‘n besonderse spesiale dag wat Juan haarfyn beplan het.  Dit was soos ‘n skattejag wat vir Olivia op ‘n “reis af geheue laan” geneem het na al die plekke wat ‘n baie spesiale betekenis vir haar in haar lewe het.  By elke stop was daar ‘n brief en ‘n blom, deur ‘n persoon na aan Olivia se hart, aan haar oorhandig.  By die laaste stop, met die mooi Franschhoek berge in die agtergrond, het Juan vir haar gewag aan die anderkant van ‘n bruggie en daar het hy op sy knieë gegaan toe sy daar arriveer.  Dit was ‘n dag vol van verskillende emosies en ‘n dag wat vir ons sal uitstaan vir die res van ons lewe.

Waarheen was julle vir jul wittebrood gewees?


Juan het ons wittebrood beplan.  Ons was Mauritius toe en het heerlik daar gerus en gekuier by een van die pragtigste hotelle.  Ons het net geëet, gerus, geswem, gesnorkel en langs die swembad gelê met ‘n drankie in ons hande.

Hoe lyk die ontwerp van jul ringe?


Ons ringe is ontwerp en gemaak deur Beaudell Designs in Pretoria.  Juan het self Olivia se diamant gekies by Daneel Diamonds in Stellenbosch. Olivia se verloofring is ‘n platinum ring met ‘n ronde diamant in die middel.  Aan beide kante van die middelste diamant is daar kleiner diamantjies.  Juan het die pragtige fyn antieke gravering gekies op die ring wat pas by Olivia.  Olivia se troupant is ook platinum met klein diamantjies wat perfek pas om die verloofring se groot diamant.  Juan het self sy ring gekies.  Die titanium en hout ring het vir ons perfek gepas by Juan.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons begroting was ±R180 000 en ons het goed daarby gehou.

Wie was jul fotograaf en videograaf gewees?


Celeste van Aglow Photography het al ‘n paar van ons vriende se troues afgeneem en sy was heel bo aan die lys van fotograwe as gevolg van haar ongelooflike talent wat sy het.  Sy het ons elke oomblik van die dag net gemaklik laat voel.  Ons het lekker saam gelag en gesels.

Ons videograwe, Marko en Lize van Kovacevicbosch  films is ook ongelooflik talentvol en hulle het al voorheen ‘n troue gedoen by ons venue.  Hulle altwee het ons ook so gemaklik laat voel.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Beplan ‘n troue wat julle as paartjie weerspieël en nie noodwendig die nuutste modes nie en geniet net elke oomblik maak nie saak wat gebeur nie!

Hoe het julle die venue gekies?


Juan het twee vereistes gehad: eerstens dat die kroeg by die dansvloer moes wees en tweedens dat ons die opsie moes hê om te dans tot die son opkom.  Olivia het grootgeword op ‘n plaas en wou graag by ‘n venue trou wat daardie regte plaas gevoel het.  Dit was vir ons ook belangrik om by ‘n plek te trou met ‘n gemaklike atmosfeer waar ons elke oomblik van die spesiale dag kon geniet.  Ons venue is in die nabye omgewing waar Olivia groot geword het en dit het perfek gepas by ons persoonlikhede.  Toe ons na die venue gaan kyk het, het ons dadelik geweet dit is presies waar ons wou trou!

Wat was die inspirasie vir jul dekor?


Groen, goud en baie liggies.  Olivia se gunsteling blomsoort is enige fynbos en sy het ‘n liefde vir iets prettig met pynappels en flaminke.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Daar is nie regtig iets wat ons sou wou verander nie, behalwe as mens tyd kon laat stil staan het.

Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?


Juan se toespraak en die manier waarop hy dit gedoen het was ‘n oomblik wat ek nooit sal vergeet nie.  Asook die oomblik wat ons tussen al ons familie en vriende, wat “flikkers” vashou, vir die eerste keer as ‘n getroude paartjie dans.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]