Hierdie beeldskone verlowings fotosessie in die duine vertel die liefdesverhaal van Johan en Anita. Die skoon Blou lug gepaard met die spierwit sand duine beskryf hoe ongekompliseerd en uniek hierdie paartjie se verhouding is. Volgens hierdie twee voldoen albei individue aan elke aspek wat hulle in ʼn lewensmaat soek en nog meer. Die liefde en glimlagte wat uitgebeeld word in hierdie fotosessie is vreeslik opreg en word dadelik opgemerk. Ons is saam met hierdie paartjie opgewonde vir hulle nuwe lewens-fase wat vir hulle voorlê en wat op hulle wag. Ons hoop dat hierdie verlowing slegs die begin is van vele gelukkige jare saam. Lekker lees!
Vertel ons van jul ontmoeting?
Anita: ʼn Gemeentskaplike vriendin het ons by ʼn braai op ʼn Saterdagaand aan mekaar voorgestel. Ons het van die eerste oomblik af goed oor die weg gekom, as of ons mekaar al vir jare ken.
Ek het al die pad in Kaapstad gebly en hy in die Noordelike Voorstede, maar dit was nooit te veel moeite vir hom om enige tyd van die dag deur te ry na my toe nie, al was dit net vir koffie en bietjie gesels.
Na ʼn paar keer wat hy my uitgevat het vir ete, het ek geweet, hierdie man hier is die een. Hy is die volledige pakket, nie net aantreklik nie, maar hy laat my uit my maag uit lag, hanteer my saggies en met respek. Elke vrou se ideale man.
Johan: Ek kon my oë nie glo toe ek haar die eerste keer sien nie, sy was alles wat ek al ooit in ‘n meisie gesoek het. Intelligent, snaaks en net plein pragtig. Ek het van die begin af geweet sy is spesiaal en sy is die een. Daar was nie ʼn kans dat ek haar deur my vingers gaan laat glip nie. Na n paar jaar het ek die moed bymekaar geskraap om haar ouers se toestemming te vra of ek met haar mag trou en my wereld het verander toe hulle ja sê.
Vertel ons meer van julle verlowing?
Anita: Als was een groot verrassing. Johan het vir my die oggend gesê ek moet mooi aan trek, want wil my uit vat vir die dag. Ek het niks vermoed nie, want dit was ʼn norm vir hom om my te bederf. Ek het ʼn mooi pienk en wit polka dot rokkie aangetrek. Hy het my gevat na Zevenwacht Wine Estate toe om te gaan wyn proe. Ons het daar gestop en hy het my toe geblinddoek en gelei tot op n punt waar hy gesê het ek mag maar kyk. Toe ek my oë oopmaak, sak hy op sy knieë en vra my om syne te wees vir ewig. Agter hom hang daar ʼn 6 meter banner, met sy troetelnaam vir my, wat lees “Anita Prawn Ackermann sal jy met my trou”. Ek het sonder ʼn oomblik se twyfel ja gesê en sal elke keer, oor en oor, weer ja sê.
Johan: Na baie beplanning, het ek met twee van my beste vriende gereël om my die dag te help. Die een het die banner gaan hang en vonkelwyn reg gaan gaan kry en die ander een was reg met n kamera om alles van die spesiale oomblik te vang. Zevenwacht was ons spesiale plek en ek het geweet dit is die regte plek om ons toekoms saam te begin. My senuwees was op, maar toe sy eers die “ja” woord gee, was elke bietjie spanning en beplanning die moeite werd.
Vertel ons die inspirasie agter die verlowing foto sessie?
Ek is nie vreeslik kreatief nie, maar Johan is. Ons albei het geen idee gehad wat ons wou doen vir die verlowing fotosessie nie. Ons het toe besluit om vir Kusjka te vra of daar iets is wat sy nog altyd wou doen. Dit was toe sy se sy wou nog altydʼn fotosessie in die duine doen. Ons het geweet dit sal baie mooi uitkom, en volle vertroue in haar gehad.
Vertel ons wat is jul droomtroue?
Die een wat ons nou reël is wat ek nog altyd wou hê. Ons trou by Togreyers Vlei in Jacobsbaai in Oktober. Dit gaan ʼn mooi troue wees, eenvoudig en elegant. ʼn Troue waar ons met vriende en familie tot in die oggendure kan kuier en dans.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Kusjka Du Plessis
- Rok: Elouise Roode
- Grimering: Creative Arts