The Twelve Apostles Hotel & Spa is die ideale wittebrood plek vir paartjies. Geniet die middag sonnetjie met ‘n glasie vonkelwyn op die stoep. Daar is soveel om te doen by die hotel dat jy amper nie eens die hotel sal wil verlaat nie!
Ons het ‘n wegbreek geniet na The Twelve Apostles tussen Kampsbaai en Llandudno in die bekende Victoria weg. Geleë langs die Atlantiese Oseaan met ‘n onbelemmerde see uitsig, is die Twelve Apostles die perfekte wegbreek plek vir paartjies.
Met die aankoms by die hotel word jy vriendelik verwelkom deur die portiere. Jy word ook dadelik ‘n welkom drankie aangebied. Jy kan jou motor self parkeer binne loop afstand van die ingangsportaal van die hotel. Indien jy nie self wil parkeer nie, kan jy jou motor slegs voor die deur stop en van hul valet parkeer diens gebruik maak.
Kamers
Ons het in een van hulle Milkwood kamers gebly wat uitgekyk het op die verhitte swembad area en die tuin in die binnehof. Soos jy instap by die kamer is die badkamer aan die regterkant en die klerekaste aan die linkerkant. Daar is drie kaste met genoeg hang spasie vir jou klere. Daar is ook ‘n elektroniese kluis in die kamer indien jy enige waardevolle besittings wil wegsit.
As jy weer by die kamerdeur is, loop jy reguit aan en gaan na die kamer en sitarea binne. Die kamer het ‘n Koning grootte bed in gehad en ‘n groot spieël van grond tot die dak agter die bed. Die kamer waarin ons gebly het was baie mooi gewees en ‘n neutrale gevoel gehad. Daar is ‘n klein koffie hoekie voor die bed met ‘n koffie masjien en ook tee as jy nie ‘n koffie drinker is nie. Daar is ook ‘n spieëltafel met ‘n telefoon en lampie op.
Die kamer het gratis Wi-Fi asook DSTV. Die Milkwood kamer waarin ons gebly het was effens knap en bietjie standaard gewees teenoor ander vyfster hotelle waarin ons al gebly het. Ons beveel aan as jy ‘n luukse wegbreek wil hê, dan moet jy kyk na een van hulle luukse suites of een-slaapkamer suites. Dit is baie groter en mag dalk ‘n beter uitsig hê. Mens wil altans nie te veel bespaar as jy ‘n spesiale wegbreek wil geniet nie.
Balkon met swembad uitsigte
Die kamer loop uit op ‘n klein balkon wat uitkyk op die binnehof en die swembad. Jy kan so effens ‘n see uitsig hê as dit ‘n mooi sonskyn dag het.
En-suite Badkamer:
Die badkamer is omring deur spieëls, wat dit groter laat voel as wat dit is. Daar is ‘n stort, bad en wasbak in die badkamer. Daar is ook ‘n verhitte handdoek reëling in die kamer. Die badkamer se grootte is redelik gemaklik as daar een persoon in die badkamer is. Die stort is bietjie aan die kleiner kant, maar nogsteeds gemaklik.
Restaurant Opsies
Azure Restaurant is die hotel se formele restaurant en The Café Grill is ‘n meer informele restaurant. Daar is ook die Conservatory area as jy opsoek is na iets bietjie meer privaat en net die uitsig in die son wil geniet.
Daar is twee swembaddens by The Twelve Apostles, een lekker groot rots swembad en ‘n ander verhitte swembad naby aan die kamer waar ons gebly het. Die verhitte swembad het ‘n uitsig oor die Atlantiese oseaan waar jy lekker in die son kan ontspan met ‘n skemerkelkie terwyl jy die sonsak lê en bekyk.
The Leoapord Bar
Geniet ‘n drankie saam met jou geliefde, familie of vriende by The Leoapord Bar of ‘n heerlike tee by die see middagtee hier.
Ontbyt by die Twelve Apostles Hotel & Spa
Ons was baie beïndruk met die ontbyt by Azure restaurant. Die verskeidenheid van kos is fantasties! Van koue vleise tot vrugteslaai en sout- en soethappies. Daar is die heerlikste vars sappe en ook vonkelwyn en medium oesters. Ons het ‘n pragtige hoek tafel gehad wat oor die see en stoep area gekyk het. Ontbyt is vir ons ‘n goeie maaltyd om die standaard van ‘n restaurant te sien.
Ander fasiliteite
As jy wil ontspan, geniet ‘n heerlike ontspanning sessie by hulle spa. Die spa het ‘n groot verskeidenheid behandelings beskikbaar vir gaste om te geniet. Hulle het ook ‘n 9 sitplek bioskoop. Daar kan jy ‘n heerlike melkskommel en springmielies geniet terwyl jy ‘n fliek kyk.
Bespreek jou wegbreek
The Twelve Apostles is slegs ‘n paar minute se ry vanaf die V&A Waterfront en ook Tafelberg en die middestad van Kaapstad. As jy opsoek is na ‘n wegbreek plek, ver genoeg van die stad om te ontspan, maar ook naby genoeg om Kaapstad en top strande te geniet, is die Twelve Apostles die perfekte wegbreek plek vir jou. Klik hier om hulle webtuiste te besoek of kontak hulle by 021 437 900 of per e-pos by reservations1@12apostles.co.za.
Artikel Krediet
- Foto’s en kopiereg voorbehou deur © Vorsprung Studio