Trou in die Wildernis

Ons is mal oor die Tuinroete en sy groot verskeidenheid van dorpies.  Vandag fokus ons op die Wildernis area.  Hierdie oulike kusdorp is in die hartjie van die Tuinroete.  Dit is nie net mooi en ‘n perfekte vakansie plek nie, maar ook ‘n plek om jou troudag saam met jou spesiale gaste te geniet – Trou in die Wildernis.  Ons het met Adelaine van Wilderness Weddings gesels wat ons meer vertel het van die Wildernis area.

Wildernis is ‘n populêre wittebrood bestemming onder Suid-Afrikaanse paartjies.  Die rede daarvoor is die groot verskeidenheid verblyf wat beskikbaar is in die area.  Van bekostigbare selfsorg verblyf tot vyfster luukse verblyf waar jy nie ‘n vinger hoef te lig nie.

Meeste paartjies dink dit is die perfekte wittebrood bestemming, maar weet nie dat dit ook ‘n lieflike trou bestemming is nie.  Die area gee bruide meer as een opsie insluitende: woud, meer, oseaan, tuin of ‘n berg agtergrond vir jou troudag.

Wildernis is perfek vir natuur liefhebbers wat se droom is op in die natuur te trou en moontlik bietjie van al die bogenoemde elemente deel wil hê van hulle spesiale dag.  Dit hang alles af van watter elemente die paartjie meeste sal uit beeld.

Juis daar so baie verblyf in die area is, sal dit die perfekte bestemming wees vir ‘n naweek troue.  Al jou gaste kan ‘n hele naweek lank saam met julle troue hou.  Daar is ook verskeie natuur aktiwiteite in die area insluitende: staproetes, watervalle besigtig, “paragliding”, regop staan “paddle boarding”, kanovaart en vele meer.

Die mooiste maande om Wildernis te besoek sal wees vanaf November tot en met einde Junie.

 

Onder is ‘n gedig deur E· Cronje oor Wildernis:

“Wildernis wind verbind
my hart so vry soos
die loeries wat sing diep
deur die vlaktes van vergifnis,
‘n verbintenis
lag en herinnering aan die
blou golwe wat breek
deur jou oë
en ek wat vlieg soos ‘n lied
vêr bo die groen en violet
van die kaaimansrivier
my hart so wild soos
die Wildernis
‘n salige hand warm
waar jou vingers
tussen in
soos ‘n legkaart
in myne in-pas
na al die tyd
en al die jare
steeds besoek
jy my
soek ek steeds
ons vuur.” – E· Cronje

Artikel krediet: