‘n Sagte viering van liefde is die perfekte frase om hierdie bruilofsviering op te som. Lindi en Michael se dag was gevul gewees met ligpienk skakerings en blompatrone binne die asemrowende tent wat opgeslaan is op hul familieplaas, ‘n styl wat die ligtheid van die dag beklemtoon het.
Die fotograaf het alle aspekte van die groot dag vasgevang, van die bruid se opgewondenheid tydens die seremonie tot die gesigsuitdrukking van die familie se worshondjie wat gedeel het in die groot dag. Die twee wat ontmoet het tydens ‘n fees in hul tuisdorp en mekaar al 13-jaar lank ken se visie vir hul dag was inspireer deur die olyfboord op hul plaas met ‘n titsel sagtheid wat gelei het tot die tema “plaasballet”. In die artikel sal jy ook raad vind wat jou begroting aanbetref wat veral belangrik is indien jy ook ‘n tent troue op ‘n ongewone gebied oorweeg.
Ons hoop die troue bied vir julle net soveel inspirasie as Mooi Troues se vorige artikels en dalk oorweeg sommige van julle nou eerder ‘n tent-troue bo ‘n venue…
Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?
4 November 2017 en albei was 26 jaar oud gewees.
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons het by ‘n fees ontmoet in ons tuisdorp in 2004. ‘n Jaar daarna by dieselfde fees het hy my gevra om sy meisie te wees. Ons ken mekaar nou al 13 jaar.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het op die plaas verloof geraak by die nuwe dam wat Michael gebou het. Dit was pragtig, by die eiland wat uitkyk op die hele dam en hy het in ‘n boom ligte gesit. Aan die oorkant van die dam was liggies wat gesê het…. “Will you marry me….?”
Michael het met die hulp van sy swaar se kinders ‘n piekniek mandjie gepak, en Lindi moes insette gee sodat dit mooi kon wees.
Hoe het julle besluit op die ontwerpe van jul ringe?
Lindi het baie gehou van die diamante in ‘n blom-uiteensetting soos ‘n Koning Protea, dit was vir haar heeltemal anders as die gewone. Michael se ring is ‘n modern Platinum ring, dit was vir hom belangrik gewees dat sy ring gemaklik moes dra.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf
Renske van RDK Photography neem pragtige foto’s en ons het gehou van haar werk, sy was uitstekend gewees.
Ons het baie van Feature films se style gehou – en Jean-Luc en sy span was baie professioneel gewees.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Nie een enkele ding – dit was die mooiste! Alles was perfek gewees!
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Geniet elke oomblik van die troudag – dit gaan baie vinnig verby.
Hoe het julle die venue gekies?
Ons het na venue’s gaan kyk – maar niks kon vergelyk met ons familieplaas nie. Die onthaal-tent was opgeslaan waar ons eendag ons droomhuis wil bou. Die uitkyk na agter die hooftafel is bosveld en na voor, groen gras en damme
Wat was die inspirasie vir jul dekor?
Die tema van ons troue was Bosveld ballet. Ons het op ons familieplaas getrou waar Michael ook boer. Ons inspirasie was die Olyfland op ons plaas. Dit was deel van ons hele troue, van ons logo tot geskenkies vir die gaste wat botteltjies met ingelegde olywe en olyfolie was.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Die oomblik toe ons besluit dat ons op die plaas wil en gaan trou het ons begroting heeltemal verander. Ons moes alles in huur en die afleweringskostes maak ‘n groot verskil in jou begroting, iets om te onthou vir toekomstige bruide, die aflewering en oplaai van verhurings goedere speel ‘n groot rol. Ons het alles opgeweeg en vir my is minder meer, ons het met die nodigste noodsaaklikhede gegaan en so probeer om by ons begroting te hou.
Was julle met wittebrood gewees?
Ons was in Mauritius by Club Med La Pointe aux Canonniers. Dit was ‘n onvergeetlike vakansie gewees!
- Fotograaf: RDK Photogrpahy
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Video: Feature Films
- Glas Markiestent + Vloer+ Lugverkoeling: African Thunder
- Spyseniering en Kroeg: Jem Catering
- Troukoek: Divine Delights
- Platejoggie: Soundworx
- Musiek: Con Gracia
- Blomme + Ligte: Bella Fiore
- Kerse: Candle-lite
- Trourok: Diaan Daniels
- Strooimeisie rokke: Johan Botha Fashion
- Ma van die bruid en -bruidegom rokke: Johan Botha Fashion
- Skryfbehoeftes: Makietie Ontwerp
- Grimering: Charlene
- Hare: Coreen
- Wittebrood: Design Travel
[endsection]