Hyron & Ray-Anne se verlowing fotosessie

Die pragtige paartjie het ‘n informele koffiewinkel verlowing fotosessie gehad en het daarna nog foto’s gaan neem op die strand en nabye natuur daarom omdat hulle beide lief is vir die buitelewe.  Hulle het per toeval ontmoet en vertel in die artikel meer oor hoe hulle toe mekaar beter leer ken het, al wat ons kan sê is dat dit klink of Hyron ‘n man is wat weet wat hy wil hê en dan daarvoor gaan.  Hulle gaan trou in September en ons kan nie wag om te sien wat die paartjie alles reggekry het vir hul groot dag nie, want met so ‘n venue beskrywing kan dit net pragtig wees!  Lees onder om meer te sien van die pragtige verlowing fotosessie.

Hoe het julle ontmoet en watter eienskappe trek julle aan tot mekaar?


Ek het Hyron het per toeval een Saterdag middag by ‘n braai ontmoet.  Ons was die aand uit en Hyron was verskriklik besorgd oor my. Ons vriende het so daaroor gespot.  Die volgende dag kry ek ‘n boodskap op my foon van hom af en ons het nie nommers geruil die vorige aand nie.  Ons het begin gesels, vriende geraak, verlief geraak waarna hy my gevra het om sy meisie te wees.  Ons is baie goeie vriende en ons individuele eienskappe vul mekaar aan.

Hoe het julle verloof geraak?


Hyron het my op bootrit gevat na die Knysna Heads.  Ons gesels en lag gewoonlik baie, maar hy was toe vir my baie stil en hy het sy drankie baie vinnig afgesluk.  Ek vra toe vir hom of hy baie dors is  en hoekom hy so stil is.  Hy antwoord toe dat hy baie naar voel en dat ons tot bo op die dek moet gaan vir vars lug.  Toe ek omkyk sit hy op sy een knie en vra my om te trou.

Wat was die inspirasie vir jul fotosessie?


Ons altwee is baie lief vir die see en die natuur.  Ons eerste afspraak was by die see.  Seeplaas Restaurant in Groot Brakrivier was ideaal waar ons ook lekker koffie geniet wat deel uitgemaak het van ons fotosessie.

Hoe lyk jul droom troue?


Ons trou 1 September 2018, simbolies met ‘n pragtige nuwe begin, nuwe lewe saam en liefde wat blom.  Weereens oor ons natuur mense is, het ons ‘n venue kies met ‘n pragtige uitsig beide oor die see en ‘n pragtige woud.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: