Hannes & Hannah tuis-troue

Vandag deel ons Hannes en Hannah se troue met julle.  Hierdie troue is uniek in die sin dat die paartjie besluit het om hul troue by hul huis te hou.  Die besluit het onmiddellik ʼn gevoel van intimiteit en iets ekstra spesiaal tot die dag gevoeg.  Dis ook ʼn slim idee aangesien jy geen venue reëls hoef te volg nie.  Jy kan self besluit wanneer die partytjie moet ophou.  Alhoewel dit ʼn tuis-toue was het dit niks kort gekom nie met spyseniering en blomme rangskikkings wat oral te siene was.  Die bruid en bruidegom het klassiek gelyk.  ʼn Besonderse band tussen die twee was pragtig vasgevang.  Loer onder om meer te sien van die besonderse viering asook hul verhaal en advies te lees in die artikel hieronder.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


Die 6de Januarie 2018. Hannah was 34 en Hannes 38 gewees.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Hannah het vir Hannes klas gegee by ʼn besigheidsskool in 2013, maar dit was net die eerste ontmoeting. Ons het regtig eers later vir mekaar leer ken toe ons weer ontmoet het deur ʼn gemeenskaplike vriend en het eers beste vriende geword voor ons romanties betrokke geraak het.

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was vir die naweek einde November 2016 in Franschhoek en na ʼn lekker kuier dag saam op die wynroete het ons uitgegaan vir ‘n romantiese aandete, die 26ste November.  Dit was baie winderig en ons het buite in die wind gestaan tussen ons male met ʼn glas wyn toe hy uit die bloute die groot vraag vra. Die res is geskiedenis…

Wie was jul fotograaf gewees?


Ons fotograaf was Werner Janse van Rensburg en sy verloofde Simone. Hulle het so ʼn bietjie van ʼn uitdaging gekry om ons troue by die huis af te neem – nie soos jou standaard troue nie en seker met so ʼn paar “krom balle”. Maar hulle het mooi aangepas en was baie geduldig met ons.  Ons trou fotosessie het ons meestal in die mooi Botaniese tuine by Emmarentia in Johannesburg gedoen – een van ons gunsteling plekke waar ons ons vier honde stap; sowel asook in ons buurt in Parkwood – ʼn natuurlike en pragtige agtergrond.

Wie het jul ringe ontwerp?


Hannah se ring is gemaak deur Mandi Malherbe.  Ons het eers self baie sketse van die ring gemaak en met idees gespeel.  Toe ons by Mandi diamante kyk toe sien ons ʼn ring in haar werkswinkel wat amper perfek was. Sy het toe ʼn soortgelyke ontwerp vir die steen wat ons uitgekies het gemaak en toe spesiaal vir ons aan die onderkant van die ring twee harte in die platinum setting ingewerk.  Ons het ook met verskillende idees gespeel vir Hannes se ring en het toe iets uitgekies wat swaarder is, met ʼn kontrasterende donker kleur – eenvoudig, maar nogsteeds stylvol.

Wat was die merkwaardigste oomblik van die troue?


Die seremonie was een van die merkwaardigste oomblikke, met Hannah se pa wat die seremonie gelei het en n baie toepaslike, persoonlike en kragtige preek gehad het; ons geloftes wat ons altwee baie emosioneel gelos het; en Hannah se ma wat ʼn gedig geskryf het en gesing en uitgevoer het as ʼn deel van die seremonie – dit het alles baie uniek gemaak.

ʼn Tweede merkwaardige oomblik was die toespraak wat Hannes gegee het waar hy letterlik aan almal wat ons dag met ons gedeel het individueel dankie gesê het.  Net soos hy was dit baie persoonlik en vol passie.

Ons eerste dans saam, sowel soos die fantastiese kos en drank, en lekker kuier met van ons naastenby familie en vriende het dit ʼn onvergeetbare aand gemaak.  Toe ons 4 uur in die oggend in die bed val, was dit ʼn ongelooflike gevoel!

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Ons advies is om die beplanning, die aanloop en natuurlik alles op die dag te geniet. Veral met beplannings.  Dit kan n stresvolle tyd wees om te bepaal wat julle van hou.  Nie van hou nie en besluite te neem.  Ons het alle besluite saam geneem.  Praat met mekaar oor verwagtinge en wants.  En ja, dit beteken partykeer is kompromie die woord van die dag, maar gee en neem is deel van elke verhouding.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Dit was nogal ʼn ervaring om by die huis te trou.  Ons familie en al die diensverskaffers was wonderlik met alles wat hulle met gehelp het en gedoen het, maar om alles by die huis te doen bring ʼn addisionele vlak van stres en logistiek by die groot dag, veral die 48 ure voor die tyd.  So, die gerief van ʼn venue sou dit dalk makliker gemaak het.  Ons was wel op vir die uitdaging! Ook, met die wonderlike wyne en champagne seleksies wat ons vir ons gaste gehad het, was dit nogmaals ʼn lae lig dat die bruid nie kon drink nie… Maar ons sal die dag nie verander het vir die wêreld nie want almal het dit net te mooi en spesiaal gemaak vir ons.  Dit was ʼn ongelooflike amper 24 uur!

Hoe het julle die venue gekies?


Ons planne was om so gou soos moontlik te trou nadat ons verloof geraak het en ons het toe eers ons oë op April 2017 gehad.  Met sulke kort kennisgewing kon ons nie die venue kry in die Kaap op die datums wat vir ons en familie wat oorsee bly sin gemaak het nie.  Dit was ook moeilik met werk en werk reis tussen in.  Toe koop ons n huis saam in Maart 2017 en besluit om n familie te begin en raak toe swanger n paar maande na dit.  Dit het al ons planne n bietjie verander.  Ons het toe die besluit gemaak om in Januarie 2018 te trou – met die idee dat ons die troue by ons huis hou.

Wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons wou dit nie te formeel maak nie – ʼn klein troue, pret en gemaklik, en met naby vriende en familie.  Ons hou nie een van formeel en oordoen nie, so dit het ons ook op ons troudag gedoen.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons het nie regtig ʼn begroting gehad nie.  Maar ons was altwee sinvol oor hoeveel ons op sekere elemente sal wil spandeer …  Ons het saamgestem dat ons ons naaste vriende en familie daar wil hê, want dit is by ons huis, dus dit nie te groot te hou nie.  Ons het ook saamgestem dat ons op sekere goed vir ons gaste nie sal terughou nie, insluitend die kos wat absoluut fantasties was, en ons seleksie van wyne, sowel die diens van die kelners op die dag. Ander elemente waar ons besluit het die begroting maak nie alteveel saak nie was op die trourok en troupak.  Selfs het ons in ons tuin getrou, wou ons mooi sagte en stylvolle blomme ook hê.  Dan natuurlik ʼn lewendige optrede van ʼn orkes.

Was julle met wittebrood gewees?


Ons het ʼn mini wittebrood in die Laeveld gedoen.  Een van ons gunsteling plekke in Suid Afrika – die week na ons troue, by Timamoon.  Dit was ongelooflik om net af te skakel en niks hoef te doen vir n paar dae na die opgewondenheid van troue hou by die huis.  Ons beplan ʼn langer wittebrood na Asië toe nadat baba gebore is later in 2018.  Ons sien verskriklik baie uit daarna.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]