Floors & Chazel se bruilofsfees

Floors en Chazel se troue was ‘n bruilofsfees gewees met al hul naastes teenwoordig om te sien hoe die twee trou aan mekaar beloof.  Lilly Leigh Photography het ongelooflike foto’s verskaf van die groot dag en beslis die emosie tussen die paartjie vasgevang met foto’s tydens die gewilde “goue uur”.  Die strooimeisies het elkeen pragtig gelyk in rokke wat dieselfde kleurskema gebruik, maar verander is om by elkeen se lyf en persoonlike styl te pas, die strooijonkers het self ook almal baie netjies gelyk vir hul vriend se groot dag!  In die artikel vertel die paartjie ons meer oor die spesiale plek waar hulle verloof geraak het asook hoe hulle hul ringe gekies het en gee slim raad aan paartjies oor hoe om die dag ten volle te benut.  Ons hoop julle is ook so meegevoer met die paartjie se emosie en storie as wat ons was.  Lekker lees.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


Ons troudatum was 21 April 2018.  Ons altwee was 25 jaar oud gewees.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons het by my nefie se verjaarsdag partytjie ontmoet.  Ons het eintlik perongeluk ontmoet want nie een van ons sou gegaan het nie.  Ek het op ‘n stadium alleen gestaan en het toe gehoor hoe vra Floors aspris hard vir my niggie se man wie is daardie meisie wat daar staan.  Ek het toe nader beweeg en ons was voorgestel.  Van daar af het ons die hele aand saam spandeer.  Ons het dadelik geweet ons is bedoel vir mekaar en het mekaar elke naweek gesien van daar af.  Ons was in ‘n lang afstand verhouding vir ‘n jaar en half.

Hoe het julle verloof geraak?


Ek het sopas teruggekeer van ‘n twee weke oorsese vakansie.  Net voor ek gegaan het, het ek vir Floors gevra of ons piekniek kan gaan hou op een van ons gunsteling plekke maar het toe nooit daarby uitgekom nie.  Die Saterdag toe ek terug gekom het, het hy gesê ons moet die volgende dag daardie  plek piekniek gaan hou.  Ons het toe ‘n baie romantiese piekniek gehad en die volgende oomblik het hy die ring in sy hand en vra my toe om met hom te trou.

Wie was jul fotograaf gewees?


Ons het regtig die heel beste fotograaf gehad.  Ons het gesoek na iemand wat natuurlike foto’s neem en ons was dadelik mal oor Lee-Anne se foto’s en haar styl.  Lee-Anne is passievol oor wat sy doen en sy het ons so op ons gemak laat voel.  Ons kon verlief en onsself wees en sy het dit perfek op kamera vasgevang.

Wat sal julle verander indien moontlik?


Daar is niks wat ons sal verander nie, alles was perfek.

wedding photographers johannesburg

Vertel ons meer van julle ringe


Ek het heeltyd vir Floors prentjies gewys van ringe waarvan ek hou en ons het ook ringe gaan aanpas.  Die dag toe hy my vra om te trou was dit iets heeltemal anders maar ek was mal daaroor en dit was perfek.  Ek het vir Floors ‘n paar ringe gewys wat ek vir hom wil kry en hy het toe een gekies. My ring is witgoud met goud gekombineer en syne is Titanium met hout.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Dis moeilik om ‘n spesifieke oomblik te kies, ons sal sê die gevoel toe ons mekaar vir die eerste keer sien terwyl ek in die paadjie afstap en die een breër as die ander een geglimlag het. Ons eerste dans was ook ‘n hoogtepunt en dan verseker toe Floors ‘n verassings dans vir my gedoen het.

wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg

Wat is julle advies aan ander paartjies wat tans hul troue beplan?


Moet nie te veel stres nie.  Ons het baie gestres met al die beplanning en op ons troudag besef dit was regtig onnodig.  Ook om die aand soveel as moontlik tyd saam met mekaar te spandeer, die dag gaan so vinnig verby. Ons het saam-saam die gaste gaan groet by hulle tafels en met hulle gekuier.

wedding photographers johannesburg wedding photographers johannesburg

Vertel ons meer van julle wittebrood


Ons was Knysna toe.  Ek het glad nie geweet waarheen ons gaan nie, ek het in die kar geklim en Floors het net gery.  Eers toe ons naby aan Knysna kom het hy uiteindelik vir my gesê dis waarheen ons gaan.  Ons het die lekkerste wittebrood gehad, by ‘n baie mooi lodge gebly met ‘n asemrowende uitsig. Knysna is definitief ‘n plek om romanties te wees.  Ons het ontspan by die lodge en uitgegaan en aktiwiteite gedoen.  Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om ’n paartjie se wittebrood ‘n avontuur te maak.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]