Lomon & Danelle se pragtige troue

Lomon en Danelle het in Desember 2017 geloftes aanmekaar gesweer voor al hul geliefdes op ʼn plaas net buite Harrismith in die Vrystaat Provinsie.  Elk, Lomon en Danelle, het albei 8 mense gehad in hul gevolg wat die totaal van 16 mense opmaak; In die foto’s kan ons sien dat die liefde om die paartjie is.

Die paartjie se persoonlike fotosessie is gehou met van die Vrystaat se mooiste landskappe as agtergrond en die fotograaf het haar taak uitstekend uitgevoer om die mooiste foto’s vas te vang.

Goud was die hoofkleur in hul dekor en die paartjie het vir ʼn minimalistiese styl gegaan met gloeilampe en blare wat van die plafon hang.  Dit het die atmosfeer vir die onthaal saal en makietie gestig.  Lees ook hoe die paartjie dit alles reg gekry het met ʼn relatiewe klein begroting.

Die foto’s onder is gevul met emosie en die fotograaf het definitief al die beste oomblikke op kiekies verewig vasgevang.  Rol af en geniet Lomon en Danelle se liefdes-storie en die kiekies van hul troudag.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


9 Desember 2017 en ons was albei 26 jaar oud.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Lara Masut – My strooimeisie het ons voorgestel.

Hoe het julle verloof geraak?


Golden gate berge

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Beste keuse ooit!!  Gemaklik, professioneel, en baie goed in hulle werk.

Vertel ons meer van jul ringe.


Carin Juweliere Bloemfontein.  My ring verteenwoordig Ek & Lomon (twee klein diamante) en Liewe Jesus die middelpunt

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Goud en min dingetjies en datjies.

Hoe het julle die venue gekies?


Dit was ʼn geskenk vanaf Danelle se vriendin.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Dit gaan werklik oor julle liefde vir mekaar, doen wat julle wil soos julle wil, hê die heeltyd pret!!!

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


R80 000, Danelle is ʼn rekenmeester so dis haar werk, en meeste van als baie baie baie seëninge van Liewe Jesus af.

Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?


Lomon het my oorlede PA se S.A.P baaltjie as ʼn verassing aan sy baadjie vas gesteek.  Dit was vir my as bruid baie spesiaal om te sien voor die kansel!, Die reën wat Liewe Jesus gestuur het om ons te seën was net genoeg om Ouma Sue se hare nat te maak, maar te min om ons van die spesiaalste oomblik te weerhou.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Mauritius Raddison Blu Azuri, werklik die beste plek om te wees na die perfekste dag!!

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]