Ons deel graag met Mooi Troues se lesers in dié artikel inspirasie wat perfek sal werk vir ʼn Herfs of selfs ʼn Winter troue. Die diep kleure sal enige koue en donker dag somme dadelik snoesig laat voel. Ons by Mooi Troues moedig toekomstige bruide tog aan om gebruik te maak van Winter en sy buie, maar ook al die winskopies wat julle kan kry omrede trou diensverskaffers soms beter pryse in die Winter maande gee. Bruide wat nogsteeds huiwer om in die Winter seisoen te trou moet dus nou dadelik na die fotos onder kyk en lees hoekom ons sê ʼn Winter troue kan ook mooi wees.
Wie het die fotosessie gereël?
Ashley Cilliers, ‘n finalejaarstudent wat besig was met ‘n internskap by Mrs V Atelier het die fotosessie onder leiding van haar mentors by die maatskappy gereël. Sy het die konsep bymekaar gesit, asook die diensverskaffers gekontak en bevestig.
Vertel ons meer oor die inspirasie agter die fotosessie:
Warm Pampoensop, die reuk van die eerste reën wat die grond tref, die helder herfsblare se kleure en die ongelooflike mooi Pampas-gras wat oral langs die pad groei. Herfs het so unieke kleurskema, soveel kontras, ons wou net graag wys hoe gesellig dit kan wees in ‘n troue, so het Herfs as ons grootste inspirasie gebruik.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
‘n Gestileerde fotosessie is so gawe geleentheid vir diensverskaffers om mekaar te leer ken en om verhoudings te bou. As verskaffer sien mens selde die saamgestelde prentjie van ‘n regte troue waaraan jy gewerk het en jy ontmoet selde die ander verskaffers. Partykeer volg mens dalk ‘n fotograaf se werk en as hulle ‘n regte troue publiseer, dan wonder jy “Wow! Wie het hierdie gemaak?!” of “wie het daardie gedoen?” en dan begin mens kontak maak met die ander verskaffers wie se werk jy so van die kantlyn af bewonder. Die konsep word gebore en die verskaffers word gevra om hul bydra te lewer en die eind-produk is iets wat nie net ‘n asemrowende foto lewer nie, maar ook wonderlike netwerke skep.
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Dis een ding om ‘n konsep op papier te sien, maar dis iets heeltemal anders om almal se verskillende interpretasies van dieselfde stukkie papier te sien! Ons is mal daaroor om te sien hoe verskillende mense met verskillende talente na dieselfde “bui raad bord” kan kyk en dan verskillende aspekte daaruit kan haal om ‘n ongelooflike produk bymekaar te sit. Die beste deel was toe die model by die tafel gaan staan het en Terri vir ons (wat almal soos agies agter haar gestaan het) die rou foto op haar kamera se skermpie gewys het!
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg:
Moenie bang wees om ‘n kleurskema te gebruik wat “anders” is as wat al die ander mense doen nie – dit kan jou troue net nog meer spesiaal maak!
Lekker baie blare in verskillende skakerings en klomp groente wat mens sommer met ‘n spuitkannetjie bygekom het is wonderlike maniere om effektiewe dekor te doen, maar nie die bank te breek nie.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Creatives International
- Konsep + Beplanning: Ashley Cilliers
- Blomme + Tafel dekor: Mrs V Atelier
- Meubels: Authentic Planning
- Hare & Grimering: Estelle Pretorius
- Model: Make-up And Hair By Zhanique
- Trourok + Mantel: Mrs V Atelier
- Troukaartjies: Secret Diary
- Koek: Christeleen Botha
- Venue: Cavalli Estate