Vandag is Mooi Troues trots om ʼn eg Karoo-geïnspireerde troue met julle te deel. Hierdie troue is gevul met nostalgie en klein besonderhede. Hierdie twee vertel ook van hoe hul eerste dans hul sprokiesverhaal begin het wat uiteindelik tot hierdie groot dag gelei het. Die paartjie brei uit oor die redes waarom die venue vir hulle perfek was. The Vale Karoo is beslis ʼn venue om ingedagte te hou as jy graag ʼn Karoo-troue wil hê, maar nie noodwendig ʼn area het wat sentimenteel vir jou is om te gebruik nie. Die fotografie is vasgevang in ‘n speelse manier wat hierdie groot dag net meer vrolik en opgewek laat lyk het.
Hierdie troue was beslis die paartjie se groot droom waaroor hulle nog vir lank met heimwee aan sal terugdink.
Wat was julle troudatum en hoe oud was jul albei op dié datum?
Ons het getrou op die 4de November 2017. Leana was 29 en Andre 30 op die dag.
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons was by ʼn sosiale geleentheid. Ek kon nie ophou vir my suster vertel watse aantreklike man ek gedink het hy is. Sy het toe besluit om skelm vir hom te gaan vra om met my te dans en daar het ons sprokies verhaal begin.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het in die kamp-ding begin kom. Dit was toe ons eerste naweek wat ons besluit het om te gaan kamp in Hermanus. Andre het my aanhou vertel van ʼn uitkykpunt en dat hy my daarheen wou neem. So het ons na die uitkykpunt gery, maar daar was mense gewees. Andre het geweet dat sou hy my die dag vra wou ek nie hê daar moes mense om my wees nie, omdat ek baie skaam is. So het hy baie vinnig aan ʼn plan gedink en gesê ons moet so ent gaan stap waar ons was by die uitkykpunt. Dit was ʼn ongelooflike uitsig van Hermanus. Soos ons loop, sê hy vir my dat hy vir my ʼn verrassing het, toe ek omdraai was hy op sy knieë en het my toe gevra.
Wie was jul fotograaf gewees?
Sjoe, waar om te begin. Van die eerste sekonde was hy, Tertius Gous, aan boord en wou ons beter leer ken. Op die dag van die troue het hy ʼn 4×4 pad gery om ons op die berg te kry (wat hy die Vrydag gaan soek het) vir ons ongelooflike stunning fotos.
Vertel ons meer van jul ringe?
Ek het met ʼn toer na Londen ʼn ring gesien. Ons het nooit regtig gepraat oor watse tipe ring ek wou hê nie. Andre het my aandag gevra of ek iets ingedagte het en ek het toe vir hom die foto van die ring wat ek in Londen gesien het gestuur. So het hy sy eie kreatiwiteit gebruik en by Daneel Diamonds vir my ʼn ring gaan ontwerp. Dit was toe ook glad nie soos die ring wat ek hom gestuur het nie, maar Andre het presies geweet wat my smaak was en my ring is vir my baie spesiaal omdat unieke is en dit is iets wat hy vir my gekies het.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Toe ons instap by die onthaal saal en toe ons die dansbaan ge-open het.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Beplan en bespreek die belangrike dienste eerder vroeër as te laat. Geniet elke oomblik, want dit is in ʼn vingerklap verby.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Ons sou die seremonie vroeër wou maak sodat ons tyd saam met die gaste kon spandeer by die voorafgaande drankies.
Hoe het julle die venue gekies?
Ek wou nog altyd op ʼn plaas/skuur getrou het in die Karoo. Dit was ook vir my baie spesiaal om in die Karoo te trou omdat ek daarvandaan kom. Toe ons die dag na die venue gaan kyk, het ons presies geweet dit is was ons wou hê. Dis was ʼn hout skuur wat oor ʼn dam gebou is.
Wat was die inspirasie vir jul dekor?
Ons venue was die inspirasie vir ons dekor keuses. Ek wou nog altyd ʼn rustieke, “vintage” troue gehad het.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
R100 00,00 – Ek het nie net die eerste beste ding gekoop of bestel nie. Ek het baie moeite gedoen om rond te kyk en seker te maak dat dit wat ek koop is die regte ding en dat dit iets was wat ek wou hê. Ek het ook van die dekor in Londen gekoop wat baie gehelp het.
Was julle met wittebrood gewees?
Ons wittebrood was in Thailand oor Desember. Ons het na die eiland met die naam Koh Lanta gegaan het. Ons het ook ʼn paar dae in Patong spandeer. Ons het voluit gegaan en ons self geniet waar ons kon. Ons toer het gegaan oor strande, privaat bote na eilande, snorkel, bromponie-ritte en verkenning.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Dekor: Blooming Wonderful
- Venue: The Vale Karoo Farm
- Rok: Anya – Dress maker
- Blomme: Joal famring
- Koek: Elbe
- Fotograaf: Tertius Gous
- Platejoggie: Gideon