‘n Vakansie na Zimbali in Balito

As jy nog nooit van Zimbali gehoor het nie dan het ons nuus vir jou.  Zimbali is een van indien nie die luukste gholf landgoed in KwaZulu-Natal.  Ons was gelukkig gewees om ‘n week by die luukse vyfster Zimbali Lodge selfsorg eenhede deur te bring.  Dit was ‘n belewenis gewees en ons het elke liewe oomblik geniet.  Soos gewoonlik is die Durban weer altyd lekker en ons is mal oor KwaZulu-Natal se perfekte en lekker warm weer.

Ons suite was baie ruim gewees en het twee slaapkamers gehad elkeen met sy eie volle badkamer en inloop klerekas.  Albei slaapkamers het Konings grootte beddens gehad met elkeen hulle eie balkonne.  Wanneer dit kom by luuksheid is hierdie selfsorg suites heel bo aan die lys.  Hulle het hulle eie groot kombuis met alles wat jy nodig sal hê om kos te maak.  Daar is ook ‘n moderne oond, wasmasjien en droër, skottelgoedwasser en yskas met ‘n vrieskas.  Ons suite was ook daagliks skoon gemaak deur hulle vriendelike en baie professionele skoonmakers.  Hulle het ook in die aande die gordyne toe kom maak en die bed mooi voorberei sodat jy net in die aande gemaklik in die bed kan klim sonder om die ekstra kussings en beddegoed af te gooi.  As jy wil braai is daar ook ‘n gasbraaier op die stoep in die leefarea.

Ons suite het ‘n lieflike uitsig gehad oor die golfbaan, meer en ook die see.  Dit is ook stap afstand van die swembaddens langs die see, waar daar ook ‘n dag restaurant is waar jy alles lekker kan geniet soos Pizza en skemerkelkies langs die swembad terwyl jy elke sekonde van jou vakansie geniet.

Zimbali Landgoed is definitief een van ons hoogtepunt vakansies tot dusver.  Die gevoel van die landgoed en die fasiliteite is wêreld klas.  Streng landgoed reëls maak seker dat die landgoed perfek bly en prentjie mooi lyk gereed vir jou volgende foto.

Daar was so baie om van foto’s te neem, dat dit moeilik was om foto’s te kies vir hierdie artikel.  Op Zimbali is daar ook ‘n gimnasium, tennisbane, swembaddens en ook ‘n spa by die Zimbali Resort Hotel ‘n entjie se stap van die Zimbali Lodge af.   Daar is ‘n motor wat jou kan neem vanaf die Zimbali Lodge na die Zimbali Resort Hotel.

Sodra jy jou motor parkeer is die vriendelike personeel vinnig daar om jou met ‘n gholf motor jou af te neem na jou suite toe.   Jy hoef nie eens te loop nie, jy word rond gery, dit is mos wat jy ‘n vakansie noem.

Die oorloop swembad by Zimbali Lodge is iets wat jy in ‘n tydskrif sal sien.  Dit is ‘n belewenis gewees om in hierdie lekker groot swembad te swem en net langs die rand van die swembad te sit en die uitsig van nimmereindigende palmbome en die gholfbaan wat tot by die see strek.  Jy kan ook drankies bestel terwyl jy in die KwaZulu-Natal se tropiese son lê en ontspan.

As jy in KwaZulu-Natal is en opsoek is na luukse verblyf, dan moet jy definitief Zimbali besoek. As jy opsoek is na ‘n plek vir ‘n meer gereelde vakansie, klik hier om meer te lees oor die Zimbali Vacation Club.

    Artikel Diensverskaffers: