Benedene en Rinus se liefdes verhaal lees soos ‘n storie waarvan jy nie kan wag om die einde te lees nie. Dié twee het ‘n goeie idee van hoe hul droom dag gaan lyk en het reeds meeste van die beplanning reeds agtermekaar. Hulle gee ook bietjie agtergrond oor hoe hulle besluit het op die styl van die fotosessie en hul verlowings storie in die artikel hierna. Die oud-wêreldse gevoel wat hul venue, Die Kasteel van Goede Hoop, aan hul fotosessie gee, leen net daardie “iets” tot hul fotos wat jy nie met enige ander koffiewinkel of buitelug area sou kon byvoeg tot die fotosessie nie. Hierdie paartjie het ook seker gemaak dat hulle net so deftig en sjarmant lyk as die area waar hulle fotos geneem is. Mooi Troues kan beslis nie wag om hierdie twee se spesiale dag saam te sien nie.
Hoe het julle ontmoet en wat maak jul aangetrokke tot mekaar?
Rinus en Benedene het grootgeword in dieselfde kerk vandat hulle 13 was, en het eintlik deur vriende & Sondagskool ontmoet. Rinus het gereeld saam met Benedene huis toe geloop na kerk om seker te maak sy is veilig en sy was salig onbewus van sy oog op haar. Benedene het verhuis en toe hulle mekaar na ‘n paar maande weer raakloop was dit asof hulle mekaar weer met nuwe oë gesien het. Hulle was Smoorverlief vanaf 2008 & na vier maande van uitgaan het Benedene vir haar skoolvriendin Jayd gesê, “Hierdie is die man met wie ek gaan trou”.
Hoe het julle verloof geraak?
Rinus het ‘n Familie ontbyt by ‘n oulike koffiewinkel gekies as die perfekte geleentheid om Benedene te vra om te trou. Benedene het die oggend siek opgestaan en wou eers die ontbyt nie bywoon nie, gelukkig kon Rinus haar oorreed om te gaan. Dit het verander na een van die beste dae in hulle lewens.
Wat was jul inspirasie vir die fotosessie?
Die fotosessie was beplan deur Rinus en Benedene. Hulle wou baie graag ‘n paar gemaklike fotos in ‘n koffie winkel neem en dan iets in die stad gaan doen. Rinus het ‘Die Kasteel” voorgestel en dit was die perfekte Sondag uitstappie.
Hoe lyk jul droom troudag?
Wanneer hulle trou is hulle alreeds vir 10 jaar gekys, hulle droom troue is beplan vir die 11de Augustus 2018 by Togryersvlei Wedding Venue net buite Jacobsbaai. Hulle trou in Vredenburg se NG kerk en die venue is perfek vir die winter troue wat hulle wil hê, met ‘n enorme kaggel en sigaar sitkamer. Hulle het die “Great Gatsby” tema inkorporeer by hul troue en ook skakerings van warm kleure en baie blomme gebruik. DJ PEPE is reeds bespreek tot 2h die oggend, ‘n partytjie troue is beslis wat hierdie twee wil hê.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Kilig Photography
- Hare + Grimering: Skoonlief
- Rok: Prettyoung things
- Ring: Isabel Jewellery design studio
- Venue: Truth Coffee + Die Kasteel, Kaapstad