Ontspan by Brahman Hills in Kwazulu-Natal

KwaZulu-Natal se Midlands is nie net prentjie mooi nie, maar bied ook baie genot vir plaaslike bruid-paartjies.   Met hulle groen grasperke en pragtige berg uitsigte is dit enige iemand van die stad se droom wegbreek plek.

Romantiese Wegbreek


Brahman Hills is ʼn oulike romantiese wegbreek plek vir paartjies wat opsoek is na ʼn wegbreek plek sonder die stad se gejaag en waar jy omring word deur die natuur en natuurlewe.

Spa


Die middag het ons gegaan vir ʼn 90-minute vol-lyf masseur sessie by Spa at Brahmans Hills.   Hulle spa is definitief ‘n unieke en luuks ervaring.  Die groot ronde ruite wat uitkyk op die heuwels van groen landerye is definitief nie iets wat jy orals sien nie.  Ons het begin met ʼn vol liggaam skrop en asemhaal oefeninge met olies om jou ekstra kalm te maak.

Daarna het ons in twee groot baddens met roosblare in die water ontspan en die liggaam skrop afgewas. Na die lekker ontspan ontspan sessie het ons gegaan vir ons masserings.  Jaun het ʼn warm klip massering gehad en Günther het ʼn diep weefsel stres verligting massering gehad.  Die omgewing en die geluid van lopende water by die masseur-kamer het dit meer genotvol gemaak.   Daar is niks regtig naby aan die spa nie en al wat jy hoor is die voëls.

89 on Copper


Na ons massering het ons aandete by hulle fynproewer restaurant, 89 on Copper geniet.  Dié restaurant is in ʼn wynkelder gebou met slegs beperkte aantal gaste vir aandete op ‘n slag.  Dit skep ʼn baie gesellige omgewing wat perfek is vir ʼn heerlike aandete saam met spesiale vriende, familie of paartjies.   Aandete was ʼn voorgereg van Mossels en Zuchini.  Hoofgereg het ons ʼn Lamskenkel gehad en nagereg was ‘n lip-lek lekker kaaskoek en brownie.   Alhoewel dit ‘n oulike fynproewer restaurant is, is hulle kos porsies lekker groot.

Verblyf


Hulle het verskeie verblyf opsies beskikbaar by Brahman Hills, van hotel verblyf tot luukse selfsorg eenhede.  Van die eenhede het ook hulle eie borrelbad op die stoep.  Die perfekte ontspanning plek waar jy die natuur en wilde diere om jou kan geniet.

Brahman Café


Hulle het ook die Brahman Café waar ontbyt, middagete en aandete bedien word en is ook ‘n familie-vriendelike restaurant wat oop is vir gaste en ook die publiek om te geniet.

Bespreek jou wegbreek


As jy die KwaZulu-Natal se Midlands-area wil ervaar moet jy jou wegbreek bespreek by Brahman Hills.   Klik hier om hulle beskikbaarheid te kyk op hulle webtuiste op stuur hulle ‘n e-pos.

Troues

Hulle het ook ‘n baie mooi trou venue, wat populêr is onder paartjies wat hulle troue in die KwaZulu-Natal se Midlands area beplan.  Ons is mal oor hulle glas kapel wat oor die prentjie mooi Groen landerye kyk.

Artikel Krediet: