Vandag se stilleerde fotosessie is gereël deur Lizelle van Pronkertjie Flower and Décor styling. Die dekor wat geïnspireer is deur die eenvoud van koper-pyp het ʼn goeie balans van sagtheid deur die gebruik van die koper elemente en sagte tafeldoek wat effens gefrommel op die tafel lê. Die ander dekor keuses vul mekaar ook goed aan en maak ʼn algehele mooi prentjie. Dis duidelik dat elke element goed deurdag is en hope inspirasie kan bied aan almal. Gaan loer ook na die skryfbehoeftes wat ontwerp is deur MMES Designs en later te siene is in die artikel. Hierdie ontwerp is eenvoudig en modern presies soos wat die opskrif sê. Die organiseerder gee ook slim raad oor hoe om die tema te gebruik op jou groot dag ongeag wat jou persoonlike styl keuses is. Ons hoop almal kan inspirasie uit hierdie moderne dog eenvoudige fotosessie put.
Wie het die fotosessie gereël?
Met soveel trots; Ek… Lizelle Supra van Pronkertjie Flower & Décor Styling.
Wat was die inspirasie vir julle fotosessie?
Die eenvoud van koperpyp was my inspirasie. Hierdie metaal, soos alles in die lewe, vereis harde werk om die beste daaruit te kry. Met die fotosessie wou ek wys hoe die modernheid van koperpyp gekomplimenteer kan word deur die gebruik van sagte teksture, skoon lyne en ʼn tikkie glas vir die elegansie wat elke bruid by haar droom-troue moet aanbring. Jy kan steeds wie jy is deel maak van jou groot dag, sonder om die mooi te verloor! Dit is presies wat ons gedoen het – Riverside Country Estate se natuurlike lig en hout tafels was die perfekte agtergrond vir ons Moderne Eenvoud fotosessie.
Hoe het julle die span gekies?
Ek glo dat elke verskaffer op presies die regte tyd deel geword het van die groep deur baie gebed. Dit het klein begin; met myself (Pronkertjie), die grafiese ontwerper van Delmas, die venue in Springs en die talentvolle Jana van Silver Swallow Design. Met die verloop van tyd het die ander verskaffers wonderbaarlik betrokke geraak – alles het perfek in plek geval. Ek het die geleentheid gekry (bo alle verwagting en drome) om saam met ʼn paar groot name in die industrie te kon werk – elkeen so nederig en talentvol in wat hulle doen. Hierdie groep dames is werklik ʼn droom-span vir elke toekomstige bruidjie opsoek na die beste diensverskaffers.
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Dit was so kosbaar om die trots op elkeen se gesig te kon sien toe Marelie, van Fielafooi Fotografie begin foto’s neem. Na weke se beplanning en vele laat-aand geselsies, kon almal terugstaan en net die oomblik waardeer. Die hele dag was soos ʼn groot legkaart wat in een oomblik inmekaar gepas het – als was pragtig en die atmosfeer was vol opgewondenheid. Ons het as vreemdelinge ontmoet, maar mekaar as hartsvriendinne gegroet.
Wat is jou advies aan paartjies wat die inspirasie wil volg?
Elke paartjie kan beslis hulle droom troue kry sonder om ‘wie hul is’ te verloor – selfs al is jy “ultra modern” kan jou troue steeds stylvol en elegant wees. Bly by neutrale kleure en kies een of twee aksent kleure om die gevoel deur te dra. Vereenvoudig jou dekor en gebruik enkele blomme met trefkrag om kleur te gee aan jou tafels. Speel met moderne skryfbehoeftes sowel as komplimenteerende kosse en spesiale drankies. Gebruik moderne elemente en kombineer dit met gekleurde kerse, glas en sagte linne om ʼn elegante onthaal te skep.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Konsep + Koördinering + Blomme + Dekor Stilering: Pronkertjie Flower & Décor Styling
- Venue + Spyseniering + Drankies: Riverside Country Estate
- Fotograaf: Fielafooi Fotografie
- Uitnodigings & Skryfbehoeftes: MMES Designs
- Hare & Grimering: Melissa Glam Bam
- Rok: SilverSwallow Design
- Skoene: Elli Nicole Shoes
- Handgemaakte Lint: Luxe+Silk
- Model: Natalie