Jaco en Anneke het eers na ʼn tyd besef dat beide van hulle eintlik bietjie meer as vriende sou wou wees. Van daar af kon niemand die liefde keer nie. Hul troudag was ʼn feesviering van hulle as paartjie met al die lawwe details wat vir hulle belangrik is! Die twee het hul venue gekies as gevolg van die rustige gevoel wat hulle gekry het by ʼn vorige troue wat hul daar bygewoon het. Hulle sê dat dit beslis die regte venue vir hulle groot dag! Die venue was hulpvaardig en het goeie dienste gelewer. In die artikel hieronder sal julle sien hoe die paartjie details soos gehekelde tafellopers inkorporeer het by hul dekor. Dit beeld vir hulle ʼn gevoel van uit. Hulle paartjie foto’s het ook ongelooflik gelyk met die omliggende natuurskoon.
Lees onder om meer uit te vind oor hoe die paartjie verloof geraak het asook die merkwaardigste oomblikke vir hulle op die spesiale dag.
Wat was jul troudatum en hou oud was julle op dié dag?
Ons het getrou op die 7de April 2018. Jaco was 30 jaar oud en Anneke 28 op die dag.
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Einde Maart 2008 het Jaco vir Anneke met sy pa se ou blou Toyota bakkie by haar ouerhuis opgelaai om op ʼn gemeenskaplike vriend se plaas te gaan kuier vir die naweek. Al was hulle van laerskool af in dieselfde skool het hulle seker nie eens drie woorde met mekaar gepraat voor dié dag nie. Daardie naweek het ʼn vriendskap ontstaan. Dit het tyd gevat voor beide besef het hul is eintlik meer as net vriende en hulle met nuwe oë na mekaar begin kyk het.
Hoe het julle verloof geraak?
Jaco het ʼn fotosessie gereël by Oldenburg plaas naby Ladybrand op die 15 April 2017. Hy het saam met die fotograaf, die ma van ʼn goeie vriend, gekonkel dat hy aan die einde van die fotosessie op sy kneë sal gaan en die groot vraag vra. Anneke het niks vermoed nie. Die groot oomblik was op kamera vasgelê en die paartjie fotosessie het net daar in ʼn verlowings fotosessie verander. Die dag was afgesluit met ʼn piekniek in die bos, knus langs ʼn vuur.
Wie was jul fotograaf en videograaf?
Sumarie de Klerk is nie net ʼn uitstekende fotograaf nie maar ook ʼn passievolle mens. Ons kan nie dink dat iemand anders die dag soos sy sou kon vasvang nie. Ons het ʼn fotosessie voor die troue saam met haar gehad. Daar het ons geweet dat ons die regte persoon gekies het om ons dag vas te vang. Haar teenwoordigheid is van so aard dat mens dadellik gemaklik voel. Sy laat jou toe om jouself te wees voor die kamera en gee aandag aan die details wat julle as paartjie uniek maak.
Hoe het julle jul ringe gekies?
Anneke se ring is werklik haar droom ring en Jaco het na deeglike navorsing via ʼn goeie vriendin, dit laat maak by Kraai Fine Jewellery sodat hy Anneke daarmee kon verras. Dit is ʼn wit goud ring met ronde “brilliant cut” diamant omring deur 11 klein diamantjies in ʼn Halo-setting.
Jaco se ring is Tungsten ring deur Unbreakable Man – dis die man wie hy is. Die ring se naam is ‘Passion” wat weereens spreek van wie Jaco is – absoluut ʼn passievolle mens. Jaco en Anneke was saam in a juwelierswinkel en die ring het altwee se aandag getrek. Daar en dan is dit gekoop.
Was julle met wittebrood gewees?
Ons het na die troue op ʼn 3 dae “minimoon” na Hartebeespoortdam gegaan om net te ontspan. Ons het besluit om eers ʼn maand later te gaan met ons amptelike wittebrood. Ons vertrek 7 Mei vir twee weke na Thailand.
Hoe het julle die venue gekies?
Vandat Anneke foto’s op Facebook van Pepermossie gesien het, het sy geweet dit is waar hul groot dag moet gebeur. Sy was verlief op die rustigheid van die venue toe hulle self ʼn troue daar bygewoon het. Dit was die perfekte plek om ʼn storie van Jaco en Anneke te vertel. Die venue doen baie moeite om gaste te laat welkom voel en gee aandag aan klein details wat vir die bruidspaar belangrik is. Hulle spyskaart het die keuse van venue ook maklik gemaak aangesien hulle spyskaart opsies soos saamgestel deur Chef Ida Klopper, uniek is.
Wat was die inspirasie vir jul dekor?
Lewe! Al die kleure, veral die blomme en kerse, was om ʼn gevoel van lewe en innerlike vrede te skep. Ons wou ook ʼn tikkie “vintage” byvoeg aangesien ons altwee nostalgiese mense is.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons altwee is maar swak met begrotings… so daar was nie ʼn vasgestelde bedrag nie.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Die seremonie deur Johan Beukes was besonders. Die boodskap wat hy gelewer het en sy insette tot die dag was uniek en uiters waardevol.
ʼn Oomblik wat uitstaan is tydens die voorgereg toe Jaco en Anneke teruggesit het, vir die mense gekyk het, en alles net in stilte ingeneem het. Na jare se eb en vloed het hul uiteindelik die punt bereik.
Die heildronk was baie spesiaal. Anneke het die geleentheid gebruik om self vir haar ouers dankie te sê en vir die wat hul nie ken nie, ʼn prentjie te skep van die wonderlike mense wie hulle is.
Jaco se broer het die heildronk op hulle ouers ingestel. Jaco se pa is in 2006 oorlede en sy broer het op so wyse eer aan sy pa gebring dat mens sy teenwoordigheid kon voel.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Met alle eerlikheid – absoluut niks. Die dag was eenvoudig net perfek!
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Kyk, dit is julle dag wat julle met geliefdes deel. Wanneer jy terug kyk wil jy kan sê alles was so “ons”. Sit die lawwe dingetjies in wat julle wil – ander sal dit raaksien en weet dit is wat julle harte bly maak. Wanneer julle dalk oorweldig begin voel, onthou dat elke krisis opgelos kan word en soms net dit self uitsorteer.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Sumarie Photography
- Venue: Pepermossie Bloe mfontein
- Rok: Gekoop by ʼn Pop-up sale in Pretoria
- Hare: Marlise van Frenchy’s Hairstylists
- Grimering: Siobhone Wahl van Bloemfontein
- Blomme: Hennie Hoffman van Pepermossie
- Strooimeisie rokke: Forever New
- Troupak: Suits You at Cradlestone Mall
- Dasse: JCclick Shop
- Hout name en dekor: Laser Woodz
- Skryfbehoeftes: Rabbits Trail
- Gastehuise waar gevolg gereed gemaak het: Bruidegom en strooijonkers: Marrakech Guesthouse & Bruid en strooimeisies: Liedjiesbos
- Ringe: Kraai Fine Jewellery en Unbreakable Man