Christiaan en Cindy se verlowings fotosessie het ล sagtheid daaraan wat die fotoโs tydloos maak. Die paartjie lyk pragtig saam en het ล wye verskeidenheid fotoโs geneem op die wynplaas; Onder andere in die boorde en restaurant. Alexis Muntz Photography het beide se emosies perfek vasgevang sonder om noodwendig portret fotoโs van hul saam te neem. Die wynplaas is werklik mooi en was die perfekte agtergrond vir hul fotosessie. Wie weet, dalk besluit jy hierna om ook jou fotoโs op die gewilde wynplaas te neem en agterna sommer weereens ล glasie te klink op jul verlowing.
In die artikel vertel Christiaan en Cindy meer oor hoe hulle ontmoet het, hoe hul perfekte troudag lyk asook wat die inspirasie vir hul fotosessie was. Cindy vertel ook van die slim manier hoe Christiaan hul verlowing ล verassing gehou het!
Hoe het julle ontmoet en wat maak jul aangetrokke tot mekaar?
Ons het ontmoet by ล vorige meisie van Christiaan se 21ste verjaarsdag en nee ek het hom nie afgevry nie, sy was toe alreeds sy eks-meisie. Christiaan het my meer raak gesien as wat ek hom enigsins raakgesien het, ek het inteendeel gedink hy is ล โoomโ ek was nie gewoond aan ล man met so groot baard nieโฆek het daardie aand ล polka-dot rokkie aangehad en vir ล rukkie was โdie meisie met die polka-dot rokkieโ al wat ek vir hom was totdat ons weer ontmoet het by een van sy rugby geleentheid en ek hom toe uiteindelik raak gesien het. Ek is nie ล meisie wat net enige iemand aan my ouers sou voorstel nie, Christiaan het my en my vriendinne toe gaan aflaai by my ma-hulle se huis, my ouers het uitgekom en hom te gretig ingenooi vir koffie, ook iets wat hulle nie sommer sal doen nie, ek was eers ongemaklik met die idee en toe besef ek die koeรซl is deur die kerk.
Hoe het julle verloof geraak?
Omdat ek geweet het Cindy het nog nooit gevlieg nie en nog altyd wou kaap toe gaan, het ek geweet dis die ideale idee. Ek wou tog dat sy saam met my uitsien na ล tydjie weg. Daarom het ek vir haar vertel dat sy saam met my moes Kaap toe gaan vir werk. Heel opgewonde maar tog hartseer dat sy vir werk die eerste keer moet Kaap toe, pak ons ons tassies en vertrek. My plan was om haar op die vlug te vra, maar toe raak die oomblik te groot. Voor ons op die vliegtuig geklim het, het iemand aangebied om van ons ล foto te neem. Ek was toe oortuig dat dit nou of nooit is. Ek gaan toe op my knieg en poog toe om haar volle naam uit te spreek, nietemin haar vra om met my te trou nie. Nadat sy besef wat gebeur, en so deur my hakkel en haar gelag, sรช sy toe JA!
Wat was die inspirasie vir jul fotosessie?
Cindy en Christiaan is mal oor waar hulle bly in Hartbeespoort en ek, as fotograaf, het besluit om ล venue te kies wat dus naby is. Ek stel toe Silver Orange Bistro voor omrede ek nog nie daar geneem het nie. Heel toevallig was dit waar Cindy en Christiaan een van hulle eerste afsprake gehad het as ล paartjie. Ek weet toe dit sal perfek werk. Ons het besluit om spesifiek by Almost Orange, ล aparte venue by Silver Orange Bistro, te neem omrede dit ล regte klein Tuscany is in die middel van Harties. Die venue was dus die inspirasie vir die verlowing fotosessie. Die bekoorlike geboue, pragtige lemoen boorde en helder Bougainvilleas was pragtig. Cindy het soos ล Toskaanse godin gelyk met haar af-die-skouer blomme rok en โcheeckyโ hoed.
Wat is jul droom troue?
ล Troue in die natuur met die mense naaste aan ons was nog altyd ons hartsbegeerte. Ons is dankbaar dat dit presies is hoe dit gaan wees. Ons albei is baie sentimentele mense en daarom het ons besluit om op ons familie plot naby Hartbeespoortdam te trou. Die seremonie gaan bo-op die berg plaasvind en die onthaal by ons klein Klip Huisie wat ons self gebou het. Ons is nie noodwendig ล paartjie wat ล glansryke troue wil hรช nie. Natuur, lekker mense en mekaar is al wat ons graag wil hรช. Die belangrikste is natuurlik ons belofte aan God en aan mekaar.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Alexis Muntz Photography
- Venue: Silver Orange Bistro
- Rok: Truworths