Diep donker Rooi gestileerde fotosessie

Dié gestileerde fotosessie wys verskeie neigings soos die wel bekende donker Rooi kleurige kleurskema, groot blommerangskikkings wat nie te gestileerd is nie en baie hout elemente.  Ons modelle lyk pragtig en is selfs bietjie bekend!  Die manlike model is tans een van die voorlopers vir Meneer Suid-Afrika 2018 en sal met sulke mooi foto’s ons glad nie teleurstel nie.  Die dekor is pragtig en wys ook ‘n ongewone manier om jou servet en eetgerei te plaas wat weer afstand doen van die tradisionele manier.

Hierdie fotosessie is gereël deur jong vroue wat die industrie betree.  Hulle wys weereens dat ‘n nuwe asem nooit ‘n slegte ding is in die trou industrie nie.  Let op die ongewone elemente soos die Turksvy blare wat in die blomme-ruikers gebruik is, asook die ongewone kleure van die koek.  Hierdie is beslis die fotosessie vir bruide wat nie te ver wil wegdwaal van die tradisionele rigting nie, maar tog een of twee nuwe elemente wil byvoeg.

Wie het die fotosessie gereel?


Miené Dames van MD Makeup – Professional Makeup is die baasbrein agter die reëling van die fotosessie.  Sy het alles gekoördineer, die nodige reëlings getref en was die skakel tussen almal.  Elke verskaffer het die tema en ‘n inspirasie-bord gekry en sy eie inspirasie daar uitgeput en hul deeltjie daarvolgens beplan.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Al die diensverskaffers is jong vroue of vroue wat redelik nuut in die industrie is.  Die doel van die fotosessie was om vir soveel jong en nuwe vroue-diensverskaffers ‘n geleentheid en platvorm te bied om hul werk ten toon te stel.  Hulle het ‘n platform gekry om vir mense te wys waartoe hulle in-staat is.  Al die diensverskaffers kom uit die Boland-area waar die warm weer en prag landgoed-plase die perfekte geleenthede vir sprokies troues inhou.

Inspirasie agter die fotosessie?


Die inspirasie vir die sessie was ‘n baie spontane en impulsiewe oomblik.  Ek het een middag ‘n bos bloedrooi rose gekry as ‘n dankie geskenk en siedaar, INSPIRASIE!  Ek het my selfoon gegryp, my vriendin van Leeuwrivier gebel, en die res is geskiedenis.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Een oomblik wat vir my uitstaan was toe almal gelyktydig vries en na mekaar met oopmond bewondering kyk. Almal het begin giggel en handgeklap oor hoe fantasties als saamvloei.  Dit was vir my wonderlik hoe elkeen se werk mekaar gekomplimenteer het, sonder om vooraf met die wild vreemdelinge te vergader of beplan.  Die ander oomblik was die aand na die tyd toe ons besef dat ons meer as wat ons ooit kon verwag, bereik het.  Daar mag dalk ‘n traantjie of drie geval het.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Venue: Leeuwrivier, Wellington
  • Dekor: Mint & Magnolia
  • Koek: Quinn-Lilly Cakes
  • Skryfbehoeftes: Dala Designs (Marlet Meadon)
  • Rok: Elouise Roode – Dress Designer
  • Fotograaf: Tanith Muller
  • Hare + Grimering: MD Makeup – Professional Makeup
  • Modelle: Heinrich Gabler & Miené Dames

[endsection]