Vandag deel Mooi Troues met julle Abri en Elzanne se groot dag. Die fotoโs wat meer neig na portret-styl fotografie, bevat hope fotoโs van die paartjie, dekor en selfs die versnapperinge wat aangebied is vir die gaste. Hierdie Vrystaat troue het beslis nie terug gestaan vir enige ander troue nie en het eenvoudige dekor gehad wat prakties ook goed werk aangesien daar dan genoeg spasie op die tafel is vir die gaste om hul drankies en kos neer te sit. Die bruid het pragtig gelyk en vertel ook in die artikel meer oor haar ring en hul verlowings storie โ ล ligpunt vir alle meisies wat al ล hele tydjie wag vir die groot vraag โฆ Kyk onder om meer te sien van die paartjie se droomdag.
Wat was die datum van jul troudag en hoe oud was jul op diรฉ dag?
Ons troue was gewees op die negende September 2017. Die bruid was 23 jaar oud en die bruidegom 32 op die dag van hul troue.
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Dis ล storie van โLiefde met die eerste oogopslagโ. Ek was in matriek (2011) daardie jaar en het natuurlik ล metgesel nodig gehad vir die matriekafskeid. Ek het al voorheen gehoor van die ene Abri Botha, die โrokjagterโฆ onskuldig het ek ล Abri Botha bevriend op Facebook, lang storie kort, hy het kom koffie drink en die res is geskiedenisโฆ Hy sweer hoog en laag daai blonde-kop met blou oรซ het sy voete onder hom uitgeslaan.
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was ล baie lank gewag om verloof te raak , ek was nog bietjie jonk, maar op die 28ste Mei 2016 het my droom waar geword. Op die oewer van die Gariepdam het die liefde van my lewe my uiteindelik na vyf jaar gevra om sy vrou te word. Dit was ล sprokies naweek en baie spesiaalโฆ ek was onder die indruk ek moes die naweek โkinders oppasโ vir vriende by die Gariep, so die verrassing was groot.
Hoe het julle die venue gekies?
Ons het na ล paar venues gaan kyk , maar toe ons inry by Monte Bello estate het ons albei gesรช hier gaan ons trou. Pragtige geboue en perseel, desondanks die droogte, vriendelike en behulpsame personeel, verblyf vir gaste, wat meer kon jy voor vra? Hulle het ons op hul hande gedra.
Wat was die inspirasie vir jul dekor?
Die konsep โminder-is-meerโ. Sag, romanties en elegant . Ulrich van Grand Room Design het ook baie idees bygedra om dit te vergestalt.. Hy som ล bruid baie goed op, met een proef-tafel kon hy presies my visie vasvang. My blomme moes min ,wit en elegant wees. My skoonma het baie punte verdien.
Vertel ons meer van jul ringe
ล Juwelier in Bloemfontein by Carins Juwele, het my ring ontwerp. Dit was ล groot verrassing, ek was glad nie betrokke nie. Abri ken my baie goed en die ring is pragtig. Abri se ring het ons ook by Tannie Carin gekoop. Die ringe in ons oe is ล simbool van liefde en verbintenis, ล duursame item wat mooi opgepas moet word. Mens kan nie ล prys op liefde sit nie.
Wat was die merkwaardigste oomblik van diรฉ dag?
Toe ek by die in kerk instap en Abri se gesig sien, dit sal my altyd by bly. Asook toe ons die dansvloer geopen het, dit was ล baie spesiale oomblik vir ons. Ons het van vooraf verlief geraak op mekaar, om na ล besig dag in mekaar se arms te wees, dit was net asemrowend. Nog spesiale oomblik was om ons familie en vriende daar te kon hรช, almal wat belangrik is in ons lewens, die atmosfeer was joolig en dit was vir ons so lekker, die wete dat ons almal kon bymekaar bring, veral familie wat mekaar lanklaas gesien het.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Tania kom van ล Oos-Kaap dorpie, net soos ek en Abri, die wรชreld is klein. Op ons troue het Tania ook bietjie reรผnie gehou met oud vriende van Aliwal Noord, per toeval, Abri se familie. Met ons verlowings fotoโs het ek al geweet Tania gaan ook ons trou fotoโs neem, ons was so op ons gemak met haar, asof sy ล jarelange vriendin van ons is. Sy het elke spesiale oomblik van ons troue vasgevang, dit was nie eers nodig vir ล videograaf nie. Tania het ล asemrowende, pragtige persoonlikheid en sy doen haar uiterste bes om jou droom troue EKSTRA spesiaal te maak.
Wat sou julle verander indien julle kon?
Om eerlik te wees, alles was perfek. Droomrok, droom venue en dekor, heerlike kos en eetgoed, ons gaste het tot laatnag makietie gehou. Ons kry vandag nogsteeds komplimente oor ons troue.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Ons advies sal wees om genoeg tyd opsy te sit vir beplanning. Onthou ook as jy op ล idee besluit het, daarby te hou.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons โminder-is-meerโ konsep het ons gehelp om kostes minimaal te hou. Die begroting was R110 000 gewees, maar weens onvoorsien onkostes het ons bietjie oor spandeerโฆ dankie aan ons ouers!
Was julle met wittebrood gewees?
โAlle goeie dinge kom na diegene wat wag.โ Weens omstandighede kon ons nie gaan wittebrood hou nie, maar Abri beplan ล verassing en ek is seker dit gaan my asem wegslaan.
- Rok: Leehra Bridal
- Venue: Monte Bello Estate
- Spyseniering : Monte Bello estate
- Grimering : EMakeup (Elisma Loftus)
- Hare: Hair By Design (Fredri Voster)
- Koek & soethappies: The Bean and Bun
- Kolwyntjies: Kelly de La Rey
- Blomme: Shirley Ann Botha (skoonma)
- Dekor: Grand Room Design
- Drapering: Drape Inc
- Fotograaf: Tania Allen
- Juwelier: Carins Juwele