Waldo en Wynand se dag was alles wat hulle wou hê – intiem en spesiaal gevul met wonderlike herinneringe wat hulle nog vir jare sal koester. Hulle troudag was nie oorvol met fieterjasies wat almal buitendien sal vergeet nie, maar eerder gevul met ʼn paar kwaliteit stukke; Onder andere hul enkel orgideë wat op die tafels geplaas is in stede van bosse blomme. Die trou dekor het ook skoon en elegant voorgekom met die gebruik van die oorwegend wit kleurskema aangevul met aksente van goud.
Die paartjie het elegant gelyk wat net tot die algehele prentjie aangepas het en ook ʼn kennis gebruik om hul stylvolle dag vas te vang wat al vir verskeie groot tydskrif name geskiet het. Hierdie is beslis die troue wat jou sal inspireer as jou fokus is op kwaliteit en intimiteit. ʼn Wonderlike voorbeeld van hoe minder meer is. Ons hoop julle hou daarvan soveel soos die Mooi Troues span.
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ek en Waldo het mekaar op die romantieste manier moontlik ontmoet – op die dansvloer. Ek onthou die aand goed en hoe teleurgesteld ek was om te hoor hy was reeds in ʼn verhouding. Die opvolgende week was hy gelukkig nie en ek het dadelik my beste voet vorentoe gesit en met hom gesels. Ons het vir ʼn lank ruk gekuier en het besluit om vroeg die volgende oggend te gaan koek en koffie kry na ʼn romantiese rit op by Klapperkop in die reën. Ons het die volgende dag gaan bal skop in die park waar ek besef het ek gaan dié man trou. Van daardie dag af vier jaar terug is ons vasgeplak aanmekaar en gelukkiger as ooit.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het verloof geraak in Nelspruit by die Botaniese Tuine. Dit was ons vriende se troue in Nelspruit en ons eerste wegbreek saam. Ek het vir weke gesoek na ʼn ring en so ʼn paar weke voor ons Nelspruit toe is het ek verklap dat ek opsoek na ʼn ring was. Wynand het geweet dit gaan gebeur in Nelspruit, maar nie wanneer of waar nie. Ons het toe die Botaniese Tuine as een van ons stoppe gehad vir die wegbreek. Toe ons by die uitkyk gekom het by die rivier en die waterval het ek gemaak of ek ʼn koeldrank uit ons sak uit gehaal het en die kamera opgestel en toe Wynand omdraai was ek op my knieë gewees.
Wat was die inspirasie vir jul dekor keuses?
Die inspirasie was meer van die venue af as enige iets anders. Die venue het ongelooflike tuine en Wynand is mal oor tuine. So ons het dekor gekies wat so natuurlik as moontlik is wat pas by die oop lokaal en die venue self.
Hoe het julle die venue gekies?
Ons hoef nie te lank te gesoek het nie. Die eerste plek waarna ons gekyk het, het beide my en Wynand se harte gesteel. Die venue was prentjie perfek met tuine uit ʼn sprokies verhaal. Boonop die ongelooflike venue, was die eienaars baie verwelkomend en warmhartig. Ons het dadelik besluit ons wil daar trou!
Vertel ons meer van jul ringe?
Ek en Wynand het getrou met ons verloofringe. Die ringe was baie spesiaal vir ons en wou ons hulle nie vervang nie.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Vir ons was daar twee oomblikke wat uitgestaan het. Eerstens ons ouers wat met trane in hulle oë na ons gekyk het soos ons afgeloop het na die kansel toe. Die tweede hoogtepunt was beslis ons eerste dans. Daar was ʼn oomblik in die dans waar Wynand sy kop op my skouer gesit het en die oomblik so groot en werklik was dat hy ʼn traan gepik het.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf
Ons het slegs ʼn Fotograaf gehad. Daniel en Chris van Lionwolf Art Services. Hulle is dierbare vriende van ons en het ons voorheen met hulle gewerk op ʼn ander projek. Hulle is wel bekend vir hulle kunstige fotografie en hulle publikasies in Voque Italia. Hulle het werklik ʼn ander oog vir foto’s en ons is mal oor die kuns wat hulle al voorheen vasgevang het. Ons kon nie gelukkiger gewees het met ons foto’s nie.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Absoluut niks. Die aand was ongelooflik gewees. Ons het die volgende oggend met groot glimlagte opgestaan oor die sukses van die aand. Van ons strooimeisies, ons seremonie meester, die kok en die bestuurders van Pheasent Hill het die aand moeiteloos verloop.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Eerstens kry ʼn venue wat ingerig is. Pheasent Hill het alles gehad wat ons gekort het. Ons het eenkeer na hulle toe gegaan met ons idee vir die troue waarna hulle alles vir ons gereël het. Ons het op ʼn stadium voor die trou gewonder of ons dalk te kalm is.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons begroting was R50 000 vir 30 gaste en ons het op geëindig om R55 000 te betaal vir die troue in totaal.
Was julle met wittebrood gewees?
Ons wittebrood was baie kort, maar baie lekker. Ons was Sun City toe vir drie dae wat verskriklik lekker was. Ek was vir die eerste keer daar en Wynand was vir die eerste keer in ʼn lang tyd daar. Ons was konstant besig en het ons tyd ongelooflik baie geniet. Ons het verdwaal in die doolhof, die glipbane geniet by die The Valley of Waves, ge-zipline oor die Valley of Waves, rustig geloop in die “Forrest of Lights” en heeltyd lekker geëet.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Pheasent Hill Events
- Fotograaf: Lionwolf Art Services
- Dominee: Andre Muller
- Platejoggie: Q Projects
- Blomme: Carel Bothma
- Pakke: Studio W
- Kandelare: Wedding Warehouse