So hier is ons … Vier maande voor jou groot dag. Hoe opwindend is dit? Slegs vier maande tot jy ʼn mevrou word. Wel as jy ja voor die kansel sê, wil Daniella van Adara Beauty Clinic hê dat jy ʼn gesonde bruid, met ʼn gloeiende trou-vel moet wees. Dus gaan sy in dié webjoernaal alles wat jy self by die huis kan doen om op jou beste te laat lyk, bespreek. Daniella wil seker maak dat jy van kop tot toon gloei op jou troudag. Sy beperk nie net haar besprekings tot tuis versorging van die gesig nie, maar sy sal ook ʼn paar salon behandelinge, en liggaam sorg bespreek. Nou ja, laat ons begin – Daniella hoop dat sy jou iets nuuts kan leer vandag!
Gesig:
In maand drie het Daniella ʼn paar intensiewe behandelings vir jou vel bespreek, so hierdie maand raai sy die lesers aan om rustig te wees met die gesig. Om die vorige maand se behandelinge kans te gee om effektief te werk, sal sy geen intensiewe behandelinge aanraai vir die maand nie. Geniet eerder ʼn selfdoen masker wat jy tuis in jou slaapklere of saam jou vriendinne.
By die huis raai Daniella jou aan om steeds jou velversorging roetine, soos in maand ses genoem, te volg. Maar Daniella wil jou ook aan iets nuut voorstel die maand. ʼn Vel-Serum-reeks. Daniella stel voor dat jy altyd eers met jou veldeskundige nuwe dinge bespreek. In enige tipe skoonheid-velsorg reeks is daar verskillende roompies en toertjies, maar een produk wat vir Daniella die meeste resultate wys, is ʼn gesig-serum.
As jy voel asof jou vel droog is en meer vog benodig, is daar ʼn serum vir dit! Alles hang natuurlik af van die velsorg reeks waarop jy tans is, maar jou veldeskundige sal jou mooi kan help met die regte keuses. As jy ʼn olierige vel het en jou vel van sommige sebum ontslae wil raak, vra dan vir jou terapeut vir die bevogting serum of die korreksie serum. Weet net dat wanneer jy jou vel aan ʼn nuwe serum bekendstel, moet jy jou vel ongeveer twee weke gee om gebruik te maak van hierdie aktiewe bestanddele sodat die produk optimaal kan werk.
Albei problematiese en omgewings beskadigde vel-tipes doen hierdie maand net ʼn aktiewe verjongings behandeling. Dit sal jou vel tekstuur verfyn en jou ʼn algehele gloed op jou vel gee. Hierdie maand sal perfek wees om ʼn verlowing fotosessie met ʼn pragtige vel te maak.
Liggaam:
In hierdie maand, sal jy nog elke tweede week jou liggaam moet exfolieer. Hou ook jou vel gehidreer deur minstens een keer per dag die ʼn dik lyf-botter aan te wend. Van hierdie maand sal Daniella jou aanbeveel om ook met voet-versorgings te begin. Dié is veral verskriklik nodig as jy ʼn oop skoen op jou troudag dra. Niemand wil hakke wat soos skuurpapier lyk laat kop wys op een van die belangrikste dae van jou lewe nie. Besoek jou gunsteling salon vir ʼn pedikuur om die onderhoud van jou hakke te begin. Weereens, gooi jy sommer twee voëls met een klip dood, jy sal voete gepas vir ʼn prinses op jou troudag hê en jy sal ontspan terwyl jy ʼn welverdiende voet massering ontvang.
Hare:
Hierdie maand sal Daniella jou aanbeveel om aan te hou met ʼn natuurlike masker by die huis, ʼn salon-masker en behandeling in die salon te gaan doen. Maar sy wil egter nog een behandeling byvoeg, Daniella het besluit om ʼn weeklikse behandelings skedule uit een te sit,
Week een: Daniella verkies om ʼn mayonnaise masker te doen. Dis maklik, goedkoop en meeste mense het altyd mayonnaise in die huis.
Week twee: Daniella beveel aan dat jy in hierdie week ʼn salon masker by die huis doen, maar sy kan nie die keuse maak vir die salon-masker nie, jy kan jou haarkapper raadpleeg oor watter produk die beste geskik is vir jou hare.
Week drie: Selfdoen masker (Google ʼn nuwe masker) en nooi jou bruidsmeisies oor vir ʼn lekker aand in julle pajamas met ʼn glas wyn. Niks is so ontspannend soos ʼn aand saam met jou beste vriendinne nie!
Week vier: Maak ʼn afspraak vir jou in-salon-behandeling, jy en jou haarkapper kan dan besluit op watter behandeling die beste vir jou sal wees.
Naels:
Weereens beveel Daniella aan dat u die salon besoek vir die drie-week-gel-oorlegsel. Vra jou naelsorg-terapeut vir ʼn goeie kutikula-olie vir elke dag se gebruik. Daniella smeer elke aand olie aan my hande en naels, die botteltjie het ʼn permanente staanplek op my bedkassie.
Interne:
Hou aan met die gebruik van jou foliensuur en multi vitamiene om jou innerlike gesondheid te handhaaf. As jy voel dat jou oefening roetine en vitamien inname nie genoeg energie bied vir wat jy nodig het nie. Raadpleeg eerder ʼn dokter of apteker om u meer insig te gee oor wat u kan doen.
Wat is die lewe as dit nie ʼn wonderlike reis is waar jy gemotiveer kan word om die beste in jou aspek van jou lewe te wees nie.
Daniella hoop dat jy die volgende paar maande ʼn geseënde reis sal hê wat tot op jou groot dag lei! Sy hoop ook dat haar advies jou op enige manier kan help, groot of klein. Maar onthou net dat sy hierdie skoonheid artikel reeks uit haar eie ondervindinge skryf. Dus, sal nie alles wat sy in die ses maande tot op die troudag gedoen het vir jou werk nie. Dit moet as riglyn dien om jou groot dag volmaak te maak!
As jy uit gemis het op die vorige trou vel artikels, moenie bang wees nie, volg net die skakels hieronder!
- Gloeiende bruid met ʼn gesonde vel artikel
- Gloeiende bruid met ʼn gesonde vel artikel 2
- Gloeiende bruid met ʼn gesonde vel artikel 3
Artikel Krediet:
- Teks voorsien deur: Adara Beauty Clinic
- Foto’s: Pexels