Arno & Roelien se buitelug troue

Ons sê sommer by voorbaat baie dankie aan Dust and Dreams Photography vir die besonders mooi kiekies van Arno en Rolien se troudag wat ons onder met ons lesers kan deel.   Dié paartjie is groot natuurliefhebbers en het hul seremonie en onthaal in die opelug in die Mpumalanga Provinsie gehou.

Hul trou begroting het R200 000 beloop en hulle het 45 gaste gehad om dié spesiale dag saam hulle te vier.   Rol af en blaai deur die mooi fotos en onthou as jul buite wil trou om seker te maak daar is genoeg beligting, rol af tot amper heel onder en sien hou Arno en Roelien gesorg het vir genoeg beligting.

Ons by Mooi Troues weet ons lesers sal sommer baie trou inspirasie by die troue vind.

Wat was die datum van jul troudag en hoe oud was julle op dié dag?


Ons het 1 April 2017 getrou en Bruid – 27, Bruidegom – 30

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet toe ons altwee as kelners gewerk het by ʼn teetuin.   Toe was ons albei nog op skool.  Ons was vir lank net vriende, maar het na skool mekaar begin sien, nadat Arno opgedaag het na my Eerstejaar optrede op Universiteit.  Ons is altwee diep denkers en groot dromers wat ons net nader aan mekaar gebring het.

Wat was die styl van julle troue en waar het julle inspirasie gevind?


Ons is altwee natuurliefhebbers, maar is steeds stadsjapies.  So ons het baie inspirasie gevind vanuit die natuur en ons wou elemente soos staal en roos goud inbring om ons albei te simboliseer.  Die pienk Konings Protea was die fokus punt en baie van die kleure en dekor het vanaf dit rigting gevat.

Die bos het sy eie unieke eienskappe aan die troue gegee, iets wat n gebou nie sommer kan nie, daarom het ons gekies om nie by ʼn regte venue te trou nie, want wat is beter as om onder massiewe ou wilde vye boom te trou?

Was julle met Wittebrood?


Ons wou graag na ʼn eiland toe gaan waar ons net kan rus, na ʼn jaar van troue beplan.  Ons het Mauritius gekies, dit was soos ons eie stukkie paradys, waar ʼn mens lekker kan rus, op lekker uitstappies kan gaan en snorkel.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Die troue oor ‘n langer tydperk kon hê, dit was net te vinnig verby.

Advies wat julle aan paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?


Kry iemand om julle te help, om by n plek te trou wat alles verskaf is baie maklik, ons troue se lokasie het benodig dat alles self voorsien moes word, van kos en drank tot dekor, alles moes aan gery word, sonder die hulp van Coreen (LoveBeloved) sou dit amper onmoontlik gewees het.  Sy was ʼn steunpilaar en het net geweet wat om te doen as iets verkeerd geloop het.

Hou die gaste lys na mense wat jy ken en voor omgee, dit maak dit soveel meer persoonlik en intiem, vergeet van die ooms en tannies wat jy 8 jaar terug gesien het.

Wat was jul trou begroting en hoeveel gaste het julle gehad?


Ons het vir so R200 000 begroot en het om en by by dit gehou en het 45 gaste gehad.

    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: