Rudi en Zahne se bruilof was ‘n viering van hul liefde in die bos met al die gepaste elemente om die omgewing en hulle as ‘n paartjie te vier. Die paartjie het afgehaak by Zahne se ma se venues wat die dag spesiaal maak en ook heelwat van hul begroting kon sny – slim om ingedagte te hou as jy iemand ken wat ‘n venue het.
Die paartjie se dekor was eenvoudig, maar hulle het ‘n kleur element bygevoeg tot die groot dag soos die hooibale wat vol kleurvolle linte gedruk is. Hulle het ook diere prominent deel gemaak van hierdie dag deur ruikers om hul honde se nek te bind en foto’s saam met die sebras te neem – hierdie gee weer ‘n gevoel van wat die paartjie na aan die hart lê en wat hul dag inhou.
Lees onder verder om te sien hoe die paartjie en 126 van hul naastes hul dag gevier het.
Hoe het julle ontmoet?
Ek het by ‘n troue gewerk by my ma se venue waar ons ekstra hande nodig gehad het. My ma kry toe ‘n meisie van die omgewing om te kom uithelp en sy het aan die einde van die aand gesê sy dink ek en haar nefie sal goed bymekaar pas. Sy gee toe my nommer vir Rudi, hy het my genooi om hom by die kerk te ontmoet en ons het van daar af seker gemaak dat ons mekaar elke dag sien.
Wat was die styl van die troue en die venue?
Die styl en inspirasie is beide “Tuin van Eden” omdat ons mal is oor die natuur. Ons het getrou by Jabulani Lapa en Thulani omdat dit my ma se venues is en dit sulke ongelooflike mooi dennebome het wat perfek pas by die natuur wat ons deel wil hê van ons troue.
Was julle op wittebrood?
Ons was die Sondag na ons troue na Phuket, Thailand toe. Die beste van die Wittebrood was die rit Phi Phi eilande toe met ‘n spoed-boot.
Wat sou jul verander as jul kon?
Wat ons sou wou verander is om meer te rus voor die groot dag sodat jy nie so moeg is nie en dit meer kan geniet, en ons sou graag van die koek wou hê… in die tyd wat ons fotos geneem het is alles opgeëet en dit was vrek lekker gewees!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Rok: F Wilson
- Venues : Jabulani Lapa & Thulani
- Spyseniering : Azani Caterers
- Grimering & Hare : A2 makeup & photography
- Koek : The Master Baker
- Perdekar : Horse and Carriage Weddings
- Blomme + Dekor : Zahne
- Drapering : Centurion Party Hire
- Fotograaf : Appelliefie Art & Photography
- Videograaf : My Sakpas Troue