Wegbreek by Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Park is geleë in die prentjie mooi Elgin Vallei.  Ons het ‘n aand oornag in hulle Yellow Submarine suite en dit was lieflik gewees met pragtige uitsigte, ‘n lekker groot balkon waar jy sonsondergang kan sit en kyk.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

Die verskillende woonwaens


Daar is twaalf verskillende Airstream woonwa suites wat uniek ontwerp was deur Kaapstad se top kunstenaars en ontwerpers. Elke Airstream woonwa is uniek, jy kan hulle glad nie met mekaar begin vergelyk nie.  Een van ons gunsteling ontwerpe is die Life before colour woonwa.  Dit gee net ‘n lekker warm gevoel aan die siel as jy in dit in stap.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

Die gevoel van die vakansie plek


Dit is ‘n lekker plat op die aarde plek vir vakansie en is redelik basies uitgelê, so moet nie vyf-stêr verwag nie.  Aan die luukse kant, maar nogsteeds simplistiese en lekker gemaklik. Geleë op ‘n werkende plaas en jy kan van tyd-tot-tyd ‘n trekker hoor verby gaan.  Dit moet jou glad nie pla nie en is deel van die ervaring om by Old Mac Daddy te bly.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

Unieke feite van die vakansie plek


Old Mac Daddy Luxury Trailer Park is definitief iets heeltemal anders as ander wegbreek plekke.  Hulle het ook ‘n strand in Elgin.  Ja, jy lees reg!  Dit is wel nie ‘n regte strand nie, maar is baie soos ‘n regte strand.  Hulle het ‘n plaasdam omskep in ‘n strand oases met sy eie kroeg, bome vir skaduwee en ‘n lekker groot dam waar jy kan swem en baljaar.

Daar is ook ‘n lekker groot swembad by die restaurant are beskikbaar en ‘n speel area vir kinders.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

Meer oor die woonwaens


Elke Airstreem woonwa kan elk twee volwassenes akkommodeer.  Nege van die twaalf woonwaens het familie vriendelike suites het ‘n ingeboude sitkamer en ‘n lekker ruim dek.  Drie van die woonwaens is slegs vir paartjies en het net ‘n dek waar jy die uitsig kan sit en aanskou.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

Woonwaens se fasiliteite


Alle woonwaens (met en sonder suites) kom met ‘n badkamer wat ‘n lekker ruim stort het. Daar is ook koffie en tee fasiliteite en ‘n SMEG mini-kroeg was op ‘n eerlikheid gebruik sisteem werk.  So as jy iets gebruik, moet jy self vir die ontvangs sê en betaal daarvoor.  Daar is Wi-Fi beskikbaar in alle kamers en gratis parkering.  As jy hou van lees is daar ook ‘n baie klein biblioteek beskikbaar by die restaurant met DSTV en ook bord speletjies en boeke.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

Selfsorg Villa’s


Old Mac Daddy het ook twee selfsorg Villa’s beskikbaar wat drie dubbel kamers het en ‘n volle toegeruste kombuis.  Dit is die Daddy’s Villa en School House.  Ons persoonlike gunsteling is die School House.  Ons is net mal oor oor die ontwerp en die uitleg daarvan, minder is meer.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

The Barn Restaurant & Bar


Aandete by The Barn Restaurant & Bar is ‘n moet as jy hou van lekker kos.  Ons was baie vriendelik verwelkom by die restaurant en het dit behoorlik geniet.  Ons kos was fantasties en het dit regtig baie geniet.  Hulle het ook vars vuur oondgebakte pizza’s as jy nie lus is om in die restaurant te sit en eet nie, maar eerder bietjie meer informeel wil wees en net lekker eet.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

Wil jy jou eie alkoholiese drankies bring?


Indien jy jou eie wyn wil bring is daar ‘n R 45 kurk-fooi wat jy moet betaal vir middagete en aandete.  Old Mac Daddy is nie ‘n selfsorg reservaat nie en jy mag nie jou eie kos en alkoholiese drankies saambring nie, tensy jy in een van hulle twee selfsorg eenhede bly nie.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

Gestremde gaste fasiliteite


Ongelukkig het hulle nie fasiliteite vir gaste met gestremdhede nie, a.g.v. van hulle ligging en die steilte van die suites met baie trappe en die woonwaens is bietjie nou aan die binnekant.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

Konferensie fasiliteite


Old Mac Daddy het ook ‘n konferensie vertrek wat 20 gaste in konferensie styl en 40 gaste in teater styl kan akkommodeer.  Hulle het ook ‘n Spa op die perseel beskikbaar, kontak die ontvangs om uit te vind oor hulle spa geriewe en behandelings.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

Buitemuurse aktiwiteite om te doen


Ander aktiwiteite sluit in: Boogskiet, FatCat Bergfiets huur, Wynproe toere met motor, Zorbing, Stand-Up Paddle Boarding, Kayaking, Trekkerritte, Kleiduifskiet (nie op die perseel nie) en Visvang op ‘n vang-en-los basis, afhangende van die vis telling.  Al die aktiwiteite by Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ is teen ‘n ekstra koste beskikbaar.

Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎ Old Mac Daddy Resort Luxury Campsite & Glamping‎

    Artikel Diensverskaffers: