Vandag deel ons met julle Jacques en Danica se buitelug verlowings fotosessie. Hierdie fotoโs is geneem deur Nicolene Meyer, een van Mooi Troues se betroubare diensverskaffers, beslis iemand om ingedagte te hou vir jou groot dag wat op pad is. Hierdie pragtige paartjie het hul fotoโs geneem by die Irene Diary Farm, die omgewing het perfek ingepas by die gevoel wat hulle wou skep en hulle kon selfs โn paar van die plaas se diere kry te siene in die fotoโs. Dames let ook op na die pragtige rok wat Danica dra van Silwer Swallow designs, perfek vir enige tipe fotosessie! Lekker lees en geniet die fotoโs.
Hoe het julle ontmoet en wat trek jul aan tot mekaar?
Jacques: โVan die eerste oomblik wat ek Danica gesien het, het ek geweet dit is iemand saam met wie ek โn lang pad kan stap. Sy is โn sagte en liefdevolle persoon wat baie omgee en enige iets sal doen vir die mense naby aan haar.โ
Danica: โDefinitief Jacques se droรซ sin vir humor, hy kan my altyd laat lag. Jacques was eerste my beste vriend en toe my kรชrel, en ek kon nog altyd maklik met hom gesels. Hy het โn sagte hart en dit was vir my van die begin af โn baie mooi eienskap.โ
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was โn groot verrassing toe Jacques my gevra het om met hom te trou. Ons was vir die naweek weg Dullstroom toe en na โn heerlike dag in die dorp het ons โn piekniek gaan hou langs die Forel dam. Hy het egter nie gedink dit is die perfekte geleentheid nie. Die aand het hy die kaggelvuur vir ons aangesteek met kerse oral in die vertrek, na โn rukkie se sit, kon hy net nie meer langer wag nie. Hy het toe voor my kom staan, op sy een knieg gesak en die groot vraag gevra.
Wat was die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Ons is baie lief vir die natuur en die groenigheid van Irene Dairy Farm in die lente het ons aandag getrek. Ons wou die fotosessie baie natuurlik gehou het, en dit was vir ons โn aangename verrassing toe die beeste wou deelneem in die fotosessie. Die pienk SilverSwallow Design rok met die blompatrone het perfek bygedra tot die natuurlike gevoel wat ons wou gehad het. Ek het soos โn regte bos-feetjie daarin gevoel.
Vertel ons wat is jul droom troue?
Ons altwee deel die idee van โn droom troue as โn gesellige samekoms van familie en vriende. Dit is vir ons belangrik dat daar โn feestelike atmosfeer moet wees die dag, met heerlike boerekos en lekker jolige musiek. Ons is ook lief vir die platteland en die natuur, en daarom het ons besluit op โn baie aardse tema vir die troue.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nicolene Meyer