Ons het ‘n heerlike wegbreek gehad na die populêre en baie bekende Kol Kol Mountain Lodge net buitekant Botrivier in die Elgin Vallei. Dit is ‘n idilliese wegbreek plek vir jou wittebrood. Dit was lieflik met ‘n heerlike kool verhitte swembad wat jy self hout by kan gooi om dit warmer te maak of net laat prut om op die selfde temperatuur te hou. Kol Kol is bekend daarvoor om lank voor die tyd vol bespreek te wees, so as jy die kans het om te gaan, boek sommer spoedig om seker te maak dat jy wel jou plekkie geboek kan kry.
King Cottage
Ons het in die King Cottage gebly wat tot tien mense gemaklik kan slaap, sonder om in mekaar se spasie te wees. Met twee privaat slaapkamers onder en twee enkelbedjies in die leef area, slaap dit klaar ses mense onder. Op met die trap kry jy die Mezzanine waar daar nog twee oopplan slaapkamers is. Moet nie bekommerd wees oor privaatheid nie. Hulle het afskortings wat in albei kamers staan, wat jy kan skuif as jy jou privaatheid soek.
Groot leefarea en vermaak area:
Die leef area van ons King Cabben was lekker groot met ‘n oop plan kombuis, eetkamer en sitkamer area met ‘n groot kaggel. Daar is ook ‘n kroeg area wat oopmaak en ‘n afdak verskaf waar jy lekker binne en buite langs die vuur gesellig kan wees.
Braai geriewe
Ons het ‘n heerlike potjie kos gemaak op hulle groot buite braai. Hulle het roosters en selfs ‘n potjie gehad wat ons gebruik het om ons potjies kos te maak. Dit is selfsorg, maar daar is letterlik alles tot jou gemak. Van ‘n binne Pizza oond tot ‘n lekker groot gasstoof, volle yskas en ook ‘n skottelgoedwasser.
Weg van die stad se gejaag
Dit is ‘n fantastiese wegbreek plek as jy opsoek is om bietjie stoom af te blaas en weg wil kom van die stad se gejaag. Jy kan lekker buite sit in die verhitte swembad of as dit warm is kan jy hom net koel geniet. Die hout vuur verhitte swembaddens is definitief ‘n groot pluspunt as jy opsoek is na die perfekte winter wegbreek. Baie min hotelle het so iets oulik vir gaste in die winter en as dit verhit is, is dit gewoonlik onder ‘n dak. Nie by Kol Kol nie, dit is lekker in die buitelig en jy het die mooiste uitsigte.
Hoof slaapkamer
Die hoof slaapkamer het ‘n lekker groot bad en stort in die kamer. Albei kamers op die grondvlak het deure wat uit kan stap na buite. Wat kan jy nou meer voor vra?
Uitsigte
Uitsigte! Dit is ‘n verkoop punt. Jy het die mooiste uitsigte oor berge en voor jou is ‘n groot grasperk perfek vir families met kinders wat buite wil speel.
Kyk na eenhede
Kol Kol Mountain Lodge moet definitief op jou lys van dinge om te doen wees. Hulle het agt verskillende eenhede beskikbaar met verskillende spesifikasies. Klik hier om na hulle verskillende eenhede te kyk.
Argitektuur
Die hout struktuur van die gebou gemeng met baksteen en glas skep ‘n lekker plaas gevoel met al die luuksheid wat jy benodig om jou verblyf so gemaklik moontlik te maak.
Kleiner kothuise beskikbaar
Hulle het kleiner kothuise met hulle bekende kool verhitte swembaddens beskikbaar vir die paartjies wat opsoek is na ‘n kleiner plek om hulle wittebrood deur te bring. Kol Kol Mountain Lodge is die perfekte plek vir ‘n romantiese wegbreek. Dit is geleë tussen die berge en niemand of niks sal jou pla nie. Jy kan net sit en ontspan met jou man of vrou en mekaar se geselskap geniet.
Aktiwiteite
Daar is ook baie aktiwiteite beskikbaar in die omgewing. Jy kan self lekker gaan stap op Kol Kol se staproete wat op hulle plaas is. Dan is Arabella slegs 20 km weg en as jy wil Quad Bike in Grabouw is dit net 30 km weg. As jy opsoek is na lip-lek-lekker restaurante is jy in die regte vallei. Restaurante in die area sluit in Botrivier Hotel se Bellows Restaurant, Shuntin Shed Pizzeria, Gabriëlskloof Restaurant & Deli en Goedvertrouw Wine Estate wat alles onder tien kilometer afstand is vanaf Kol Kol.
Bespreek jou wegbreek na Kol Kol Mountain Lodge
Soos jy self kan sien het ons, ons verblyf vreeslik geniet en so kan jy ook. Maak seker jy besoek Kol Kol Mountain Lodge.
Artikel Krediet
- Foto’s en Kopiereg voorbehou deur © Vorsprung Studio