Hoogeind Manor is ‘n splinternuwe Somerset-Wes trou venue langs die N2 in die rigting van Sir Lowry’s Pas. Hierdie pragtige Kaaps Hollandse styl venue is gehuisves tussen die Hottentots Holland en Herlderberg bergreekse. Dit spog met ‘n asemrowende uitsig oor ‘n reuse en vreedsame pragtuin, perseëlwingerde en die ongelooflike Atlantiese Oseaan by die punt van Gordonsbaai.
Fasiliteite
Hoogeind Manor het ‘n ongelooflike mooi onthaalarea asook kontemporêre kapel met pragtige groen grasperk-areas. Hulle verskaf boonop korporatiewe konferensie fasiliteite en gehalte bed en ontbyt akkommodasie óók . Elke bruidspaar se verblyf op die troudag is gratis ingesluit by die venue-fooi!
Die Venue
Hoogeind Manor se indrukwekkende venue bied verskeie uitleg opsies. ‘n Ou-wêreldse sjarme en romantiese atmosfeer word deur die argitektuur uitgebeeld. Die hoof onthaalarea kan tot 130 gaste met ‘n dansvloer akkommodeer. Die grasperk area voor die herehuis kan tot en met 250 gaste akkommodeer – Al-Fresco styl of onder ‘n majestueuse markiestent.
Kapel
Die kapel is ‘n pragtige moderne Somerset-Wes trou venue met indrukwekkende hout afwerkings en omsluitende hoë vensters. Die vensters kyk oor die herehuis, tuin en die mooi wingerde soos wat jy op ry vanaf die ingang. Dit kan selfs gebruik word vir kleiner funksies en intieme onthale. Die grasperk-area voor die kapel kan dan ideaal benut word vir opelug seremonies.
Hoogeind Manor beloof inderdaad ‘n absolute vreedsame wegbreek van die besige alledaagse lewe. Enige bruid-in-wording sal sonder twyfel verlief raak op die eindelose moontlikhede wat hierdie spog-venue bied.
Artikel Krediet
- Fotos verskaf deur Hoogeind Manor