Romantiese wegbreek naweek by Wildehondekloof

Is jy opsoek na die perfekte plaaslike wittebrood plek? Ons was genooi na Wildehondekloof genooi om ‘n naweek by hulle te kom kuier in Oudtshoorn. Dit was ‘n fantastiese ervaring gewees en sal enige paartjie aanbeveel om Wildehondekloof te besoek.

Ons Ervaring


Ons het die Vrydag middag by Wildehondekloof arriveer en was verwelkom deur bokkies op die gras reg voor die oord en dan ook die vriendelike ontvangsdame met ‘n welkom drankie terwyl die portier jou tasse na jou suite toe neem.

Slaapkamers


Wildehondekloof het agt luukse suites met volledige badkamers en lugversorging. Daar is ook 1 Privaat presidensiële Suite met ‘n koning grootte bed, ‘n privaat sitkamer met ‘n kaggel en ‘n privaat stoep wat oor die berge en rivier uitkyk.  Daar is ongelukkig nie yskaste in die kamers nie, maar dit is verstaanbaar omdat Wildehondekloof so afgeleë is dat hulle nie ‘n sterk krag voorsiening het nie.  Ons is seker as jy iets belangrik in ‘n yskas moet hê dat hulle dit vir jou kan stoor.

Wilde Diere


Daar is verskillende wilde diere te sien by Wildehondekloof insluitende die Eland, Rheebuck, Berg Rheebuck, Vaalribbok, Klipspringer, Kudu, Gemsbok, Rooi Hartebeeste, Blou Wildebees, Swart Wildebees, Nyala, Burchell’s Sebra, Blesbok, Impala en ook Springbokke.

Wildehondekloof strek oor 4 000 hektaar en is die perfekte wegbreek plek as jy as paartjie of familie net bietjie wil wegbreek en die stilte van die bosveld en wilde diere wil geniet.

Omliggende aktiwiteite


Alhoewel ons aanbeveel dat jy net op die plaas bly en elke sekonde geniet en die mooi omgewing om jou inneem, is daar ook baie aktiwiteite in die omliggende area. As jy ‘n kans kry en nie bang is vir bergpasse en hoogtes nie kan jy ook ‘n asemrowende mooi rit oor die wêreld bekende Swartbergpas doen na Prins Albert vir ‘n lekker middagete.  Ons het ook die Kango Grotte besoek en dit moet definitief op jou lys van dinge wees om te doen wanneer jy in die area is.

Etes


In die oggende word ontbyt bedien en hopenlik soos ons ervaar het, sien jy die bokkies op die gras voor jou terwyl jy eet.  Dit is ‘n prentjie mooi uitsig om te aanskou. In die middag en aande is daar ook spyskaarte wat deur die sjef opgestel word.  Spyskaarte wissel en kan aangepas word op die dag.  Daar is ‘n heerlike pizza oond buite op die stoep en braai geriewe waar Wildehondekloof se sjefs vir jou heerlike braaivleis sal braai.  Wat is dan nou lekkerder om braaivleis te kan geniet, sonder om dit self te braai

Wild-ritte


Daar is ook wild-ritte begelei deur ‘n gids beskikbaar vroeg oggende en son sak waar jy Wildehondekloof se bok spesies van nader kan aanskou.  Ons is mal oor die oggende opsie, net omdat dit ‘n goeie begin vir die dag sal wees en ons eerder ‘n skemerkelkie sal geniet by son sak voor ons maaltyd.

Begeleide toere


As jy nie een is vir wild-ritte nie en eerder ‘n bietjie wil loop om oefening te kry en om die natuur van nader te aanskou kan jy so maak.  Daar is begeleide toere beskikbaar en ook self loop wandel padjies wat jy kan stap.  Bergfiets liefhebbers kan ook hulle fietse saambring en bietjie op hulle fiets roetes ry.  Bevestig net voor jy boek of die fietsry roetes wel oop is vir die publiek.

Hulle het drie verskillende verblyf, ontbyt en aandete pakkette beskikbaar, so maak seker jy kontak Wildehondekloof om jou volgende wegbreek te beplan.

As jy lus is vir ‘n romantiese wittebrood wat jou definitief ontspanne sal laat voel en baie avontuur dan boek jy ‘n paar nagte by Wildehondekloof boek.  Of ‘n beter idee. Boek ‘n paar nagte by Wildehondekloof en besoek ook sommer daarna De Zeekoe, slegs 30 km vanaf Wildehondekloof as jy die grondpad neem.  Klik hier om te lees oor ons besoek aan De Zeekoe.

Artikel krediet