Lyk op jou beste met Enzoani se rokke

ʼn Span diensverskaffers het bymekaar gekom en ʼn vreeslike mooi gestileerde fotosessie bymekaar gesit wat ons by Mooi Troues opgewonde is om met ons lesers te kan deel.  Die fokus van die fotosessie was trourokke en wat ʼn beter manier om aandag na die rokke te trek deur dit op ʼn neutrale agtergrond te hou.  Elke rok het sy unieke styl met besonderhede so ons by Mooi Troues weet daar sal ʼn rok wees vir elke bruid en styl.  Rol-af en word verlore met die mooi rokke en maak ʼn afspraak om spoedig jou droom trourok te kies.

Wie het die fotosessie gereël?


Edette Pieters (Bridal Wardrobe Manager), Donata Hart en Jalien Human (Sales Assistants by Bridal Wardrobe).

Vertel ons meer oor die inspirasie vir die fotosessie?


Hierdie fotosessie se inspirasie was “Wit Duine”.  Ons wou graag iets anders doen as die norm, maar dit tog skoon, neutraal en eie aan die Enzoani handelsmerk hou.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die diensverskaffers wat gebruik was om hierdie fotosessie moontlik te maak, is almal mense waarmee Bridal Wardrobe al voorheen mee gewerk het, en wie ons weet uitstekend is.  JC Click se fotos is nie net ongelooflik en uniek nie, maar hulle as mens raak regtig jou hart. Hulle is altyd kreatief, dink “uit-die-boks” en altyd gewillig om nuwe idees te probeer.  Ti-Amor en Kenneth van Afflon Events het ‘n ongelooflike passie vir wat hulle doen en sien ook altyd kans vir enige iets.  Marli Venter van Studio MD was saam my (Edette Pieters – Bridal Wardrobe Manager) op skool en Missy het al heelwat fotosessies saam ons gedoen, sy is altyd ‘n bederf en ‘n pragtige mens!  Een van die beste Grimeer kunstenaars wat ek ken.  Rokke was natuurlik van Enzoani –  Ons hoof handelsmerk wat in Bridal Wardrobe verkoop en geadverteer word.  Ongelooflike rokke van die beste kwalitiet en verseker altyd op tendens.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die spesiaalste deel van die fotosessie was verseker almal se bereidwilligheid en span gees!  Ons sou nie hierdie fotosessie ‘n sukses kon maak sonder elke persoon betrokke se insette en moeite nie.  Ons was vreeslik opgewonde toe ons die voorskou ontvang het – dit het al ons verwagtinge oortref!!

Advies wat aan bruide gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Minder-is-Meer – hierdie stelling is regtig waar en met hierdie fotosessie het ons dit net weereens besef.  Neutraal, skoon en modern is verseker die nuwe tendens.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]