Eers ‘n koppie koffie

Hierdie inspirerende fotosessie is definitief ‘n moet lees vir alle toekomstige bruide en hul bruidegom.  Die organiseerders en diensverskaffers het insiggewende raad oor hoe om hierdie proses as ‘n paartjie aan te pak.  Wat om te vermy en kalmerende woorde wat julle as ‘n paartjie sal herinner aan hoekom julle hierdie pad saam wil stap.

Vir die visuele lesers sal julle ook sien dat die bekende nommer 8 Blou Bul speler, Hanro Liebenberg, ook hier onder te sien is tesame met Danielle Da Costa as die modelle vir die fotosessie.

Die organiseerders het pragtige elemente gehad wat mooi insluit by die opskrif “Eers ‘n koppie koffie” soos die skryfbehoeftes met die koffie-beker merk en blomme kleure wat mooi inskakel by die donker kleur van koffie.  Die trourok kan ook dien as inspirasie vir bruide wat nie heeltemal die konvensionele rok wil hê nie en lief daarvoor is om hul skoene te wys.

Wees seker om alles in te neem van hierdie fotosessie wanneer jy verder lees.

Wie het die fotosessie gereël?


Angelique Steenkamp van Anubel Flower & Event Design het die fotosessie organiseer.

Hanro Liebenberg Hanro Liebenberg Hanro Liebenberg

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Almal in hierdie groep is kunstenaars in die trou-bedryf, wat ‘n punt daarvan maak om daagliks buitekant die boks te dink om grense te verwoes. Hul almal glo in liefde bo monetêre waardes, dis daarom dat die groep so lekker saam gewerk het.

Hanro Liebenberg Hanro Liebenberg Hanro Liebenberg

Inspirasie agter die fotosessie?


Die konsep het ontstaan toe ek ‘n bruidjie wat reeds verlede jaar al haar troue saam met my begin beplan het, onlangs met trane in haar oë sien sit.  Dit is ‘n prentjie wat ek menig male voorheen gesien het.  Iets wat ek oor en oor by my bruide hoor.  Al wat hul wil doen is hul goedjies pak en die troue oor en verby kry.  Wat ontstaan het as opgewondenheid vir die reëlings en beplanning ontaard gewoonlik in ‘n paartjie wat mismoedig voel en vreeslik gestres is oor ‘n dag wat veronderstel is om die mooiste dag van hul lewe te wees.

Alles met die arme bruid het verkeerd geloop.  Haar familie wat onder mekaar baklei.  Sy geskeide ouers wat weier om saam met hulle op die hooftafel te sit, want hul kan nie vir een aand hul verskille een kant toe skuif vir hul enigste seun se groot dag nie. Finansiële stres, tyd wat minder raak en probleme wat ophoop.  ‘n Verskaffer wat deposito aanvaar het, maar nou weier om terugvoer te gee op enige van haar navrae … Letterlik alles waaraan jy kan dink het met hierdie arme bruid verkeerd gegaan. Die konflik tussen haar en haar verloofde het so hoog geloop as gevolg van al hierdie trou reëlings dat hul vir twee dae lank geen kontak met mekaar gehad het nie.

Ek wou vir haar sê, vat hierdie “voor-skou” blommetjies, gaan haal jou verloofde, gaan drink gou ‘n koffie by jul gunsteling koffiewinkel en stap hof toe. Los hierdie stres en los hierdie konflik, en vertel jul feëverhaal soos julle wil hê hy moet loop, want daar is betowering in spontaan wees. Daar is romans daarin om jul troudag net oor julle te maak. Daar is liefde in minimalisme en daar is ‘n sekere gehegtheid en band wat vorm tussen ‘n paartjie wat rustig in mekaar se oë kan kyk, en ‘n lekker koppie koffie kan deel voor hul die grootste belofte van hul lewe aflê.

Hanro Liebenberg Hanro Liebenberg Hanro Liebenberg Hanro Liebenberg

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Dat soveel mense saam met my gestem het rondom hierdie konsep.  Die feit dat almal saam met my voel dat deesdae die mooiheid aan ‘n troue gekoppel word aan monetêre waarde.  Dat al die verskaffers wat hieraan deelgeneem het van verskeie velde in die troubedryf almal ‘n koppie koffie kon deel.  Onder mekaar vernuwing kry en passie vind vir hoekom ons in die bedryf is in die eerste plek.

Advies wat julle aan paartjies kan gee vir hul troudag?


Hou dit persoonlik. Kies verskaffers of plekke wat na aan die hart is vir beide van julle. Ignoreer alle raad en advies, al is dit van geliefdes.  Doen wat die beste is vir jou en jou verloofde. Dit is die grootste belofte wat julle ooit gaan aflê.  Hou dit na aan die hart, dit is waar die kern van romans vandaan kom.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]