Woud Fotosessie Inspirasie

Ons deel vandag met jou die oulike fotosessie inspirasie as jy in die Woud of ‘n soortgelyke omgewing trou.  Almal wil ‘n mooi fotosessie hê en stres of dit gaan uitkom soos hulle dit wil hê.  Vandag se fotosessie wys vir jou hoe jy met min baie kan doen.  Ons hoop jy geniet vandag se inspirasie en lees meer oor ons onderhoud met die talentvolle mense wat die fotosessie bymekaar gesit het.

Vertel ons van die inspirasie vir die fotosessie?


Snaaks genoeg, ons wou graag gehad het die sessie se hoof fokus moes water en ‘n roei bootjie wees, maar die dam by Rosemary Hill het nie genoeg water gehad om ons idee af te rond nie.  Ons moes toe vinnig aan ‘n plan B dink omdat als reeds geboek en gereël was.  Ook maar goed so, omdat die sessie so merkwaardig mooi uitgedraai het, is ons redelik verlig.  Die moeras, die rokke, die modelle het als bymekaar gewerk en ‘n besonderse atmosfeer geskep.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek, Elzanne van Arline Photography, loop al ‘n lang pad saam Angelique van Anubel.  Ons werk lekker saam, vertrou mekaar se dienste en deel gewoonlik dieselfde visie.

Gelique se rokke is ‘n “spreek vir homself”.  Haar rokke tel ontsaglik mooi op ‘n foto in enige omstandighede en aan enige model.

Michelle van Private M Collection se grimering en hare is ongelooflik.  Ons is altyd stomgeslaan as ons haar werk sien.

Rosemary Hill het ons gekies vir die water, maar soos reeds genome het dit nie uitgewerk nie.  Dankie tog hul is ryk aan ‘n diverse landskap en atmosfeer.

Wie het die fotosessie gereël?


Arline Photography, Anubel Flower en Event Design was die meester-breine agter die gestileerde fotosessie.

Wat was die spesiaalste deel van die fotosessie?


Hierdie sessie was menigmaal uitgestel.  Dit het vir my en Angelique gevoel asof die sessie net nooit gaan realiseer nie.  Maar op die dag het als bymekaar gepas soos stukke van ‘n legkaart.  Dit was nie ons oorspronklike skets nie, maar ons is baie bly dit het uitgekom soos dit het.  Hierdie beplande gestileerde fotosessie was ‘n baie onbeplande mooi.  ‘n Per-ongeluk mag jy sê.

Advies vir paartjies wat besig is om hulle troue te beplan?


Hou dit minimalisties.  Laat die groenigheid en die omgewing jou dekor wees.  Laat toe dat die atmosfeer en die simplisiteit daarvan jou dag besonders maak.  Moeder natuur is die enigste gas aan jou tafel waarvoor jy nie betaal nie en wie gewoonlik ongenooid opdaag, maar moet haar nie weg wens nie, gebruik haar.  Geniet haar en welkom enige veranderinge wat sy mag bring.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]