Stefan & Carine se troudag

Ons by Mooi Troues sê baie dankie aan Dust & Dreams Photography wat die ongelooflike mooi dag van Stefan  en Carine op 12 Augustus 2017 vasgevang het op die mooiste kiekies.

Stefan en Carine se troudag het R110 000 beloop en hul het 80 gaste onthaal.  Carine vertel ons dat hul slegs 5 minute by die venue was toe Stefan sy beursie uithaal en die deposito vir die venue betaal.  As ons kyk na die fotos kan ons verstaan dat die paartjie nie nog ‘n minuut wou laat verby gaan om hul grootdag se datum te verseker nie.

Die dekor van die van die tafels kontrasteer baie mooi met die industriële gevoel van die venue.  Die dekor is verder betower met Proteas en Bloekom.

Rol af deur die fotos onder en vind inspirasie vir jul grootdag.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ek en Stefan het mekaar ontmoet deur vriende by ‘n braai.  Ons het onmiddellik aanklank by mekaar gevind.  Alhoewel ons uiteenlopende persoonlikhede het, pas ons soos ‘n handskoen.  Ons vul mekaar aan en wedersydse respek maak dat dit ‘n baie spesiale verhouding is.

Vertel ons van die styl van jul troue en hoe het jul die venue gekies?


Stefan was dadelik bekoor deur Lace on Timber se betowering.  Ons het 5 min rondgekyk en hy het so te sê net daar die deposito betaal.  Lace on Timber se styl is uniek.  Industriële styl met ‘n tikkie Franse “flair”.  Voorwaar besonders!  Ek het baie maklik daarby aangesluit met Vlootblou en koper.  Ons blomme was Proteas en Bloekom.  Alles het ‘n unieke prentjie gevorm.

Vertel ons van jul Wittebrood?


Ons was vir 10 dae op wittebrood aanboord van die Costa Mediterrranea.  Ons het daagliks na ‘n ander stad gevaar.  Stede soos Londen, Lisbon, Barcelona en Milan was eenvoudig asemrowend.  Om dit te deel met jou beste vriend was nog meer spesiaal.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Daar was regtig niks wat ons sou verander het nie.  Dit was ‘n volmaakte dag.

Advies wat julle aan paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?


Die oomblik toe ons verloof raak op 18 September  2016 het ek begin kyk na venues.  Hoe vroeër ‘n mens begin beplan, hoe beter voel jy.  Die belangrike goed soos venue, musiek, rok ens. het ek so gou as moontlik vasgemaak en uitsorteer.

Daarna het ek rondgekrap op Pinterest en my gedagtes en idees bymekaar gesit.  Alhoewel ek ‘n op-die-nippertjie mens is, het ek seker gemaak ek doen alles volgens my vooropgestelde tydlyn.  Ek en Stefan het alles bespreek sodat hy kon deel voel van ons groot dag.

Probeer delegeer waar moontlik.  Jy moenie op jou eie troue jouself doodwerk nie.  My beste vriendin Marlene het my ook bygestaan  met elke liewe dingetjie.  Dit help as mens iemand het wat jou hande ligter kan maak.

    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: