Dietrich en Margeurite het hul fotograaf gekry om hul verlowing fotosessie af te neem en hulle het besluit om dit in die Maboneng area te laat gebeur. Ons by Mooi Troues is veral beïndruk met die fotos waar die paartjie op die Nelson Mandela-brug staan in die middel van die pad sonder enige verkeer – Prentjie mooi! Nou toe, blaai deur die fotos onder en vind jul inspirasie.
Vertel ons hoe het julle ontmoet en die eienskappe wat jul na mekaar aantrek?
Marguerite was op ‘n Skype gesels groep saam vriende. Een van die vriende het vir Dietrich op die groep bygesit. Dietrich het nooit ‘n woord saam gesels nie, tot op ‘n dag… wat daar net ‘n ‘Hallo’ van sy kant af kom. Marguerite was die enigste persoon aanlyn, en daar het die gesels begin. En het ons gesels!! Drie weke later is Dietrich besig om ‘n kas te bou. Marguerite dring daarop aan dat sy graag die kas wil sien. ‘n Foto het wel nie die ding gedoen nie, en Dietrich moes by Marguerite se huisie omgaan sodat sy die “kas” in lewende lywe kon sien.
Vertel ons meer van julle verlowing?
11 Junie 2016, is ‘n gewone werksdag vir Marguerite. Dietrich hou homself besig om vuurmaakhout te sny – of so sê hy. Die oggend word “afspraak aand” afgespreek vir aand planne. Op pad uit sê Dietrich hy het gereedskap vergeet waar hy hout gesny het en wil dit gaan haal. By die bos gekom, word Marguerite ‘n iPad in die hand gestop waarop ‘n selfgemaakte, foto-skyfievertoning van die afgelope 7 jaar wys. Sy klim uit en volg die houtstomp-en-lantern paadjie wat lei na die boma. By die boma ingang, staan haar kêrel met ‘n enkele rooi roos en sy vraag begin met: “My engel…” Die kerse-en-liggie paadjie lei na waar ‘n vuur brand. Sjampanje word oopgemaak en glasies word geklink waarna ‘n romantiese ete volg.
Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Ons het al baie foto sessies gehad in natuurlike, veld omgewings. Ons was lus vir iets anders en het dus ons fotograaf, Elize Mare, genader met voorstelle van ‘n stad-gevoel sessie. Sy het die Mandela brug en Maboneng area vir ons voorgestel, wat ‘n groot sukses en baie vol lewe foto sessie was.
Vertel ons wat is jul droom troue?
Ons hoof vereiste met betrekking tot ‘n venue, was dat dit op ‘n plaas êrens in ‘n bos moes wees. Na vele venue besoeke, gestrek oor maande, het ons ons harte verloor op Padlangs @ R25 Wedding Venue. Die venue voldoen aan die vereiste plaas atmosfeer met ‘n nuut geboude kapel in die bos, melk beeste op die vars gesnyde graslande en groot ronde hooi bale wat genoeg foto geleenthede skep. Die onthaal sal in ‘n Frans-geïnspireerde opgeknapte stoor plaasvind en glas kandelare omskep die dak in ‘n liggie hemel. Dit word afgerond met mooi groot hout tafels en tiffany stoele.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
[endsection]