Hierdie fotosessie gee inspirasie aan al die bruide wat hou van die 1970’s styl, maar ‘n moderne of klassieke weergawe daarvan wil gebruik vir hul groot dag. Die fotosessie bevat ook baie van die elemente wat op jou troudag sal wees van hand ruikers tot juwele en ‘n trou kar. Lees onder ook die koördineerder se raad aan bruide wat die tema wil gebruik en hoe om dit maklik te implementeer en terselfdertyd bietjie te spaar ook op dekor opsies.
Wat was die inspirasie vir die fotosessie?
Die bruid wat hou van die gevoel wat die 70’s bied en dit dan wil omskep in ‘n moderne voorkoms, die is vir jou. Ons het gespeel met die subtiele kleure van wynrooi en natuurlike elemente. Daar is ongelooflik baie idees vir die Boheemse bruid, maar nie vir die klassieke-moderne styl nie.
Wie het die fotosessie beplan?
Liezl Conradie, vriendin van al die verskaffers, het die geleentheid op die hande geneem en al die talente saamgespan. Van daar af het dit gevloei tot wat julle vandag hier sien. Sy het dit so gekies oor sy weet het dat almal iets interessants na die tafel kan bring. Ons het ook Urban Bride gekies, vir die rok, weens die verskeidenheid rokke, alles van klassiek tot meer moderne style.
Hoekom was die venue gekies vir die fotosessie?
Klein Diamant plaas is geleë in die Swartland net 7km buite Philadelphia. Dis van so ‘n aard dat die paartjie hulle karakter en persoonlikhede daarmee kan kombineer. Die venue en dam is omring deur pragtige bome, so daar is natuurlike skoonheid om te geniet gedurende die feesvieringe by die pragtige ligging.
Hoekom is die diensverskaffers gekies op saam te werk?
Polkadot weddings and design het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt om die pragtige blomme en dekor te verskaf. Dit het die alles perfek saamgetrek. Die aandag wat sy aan die kleiner details verleen het, soos byvoorbeeld die botteltjies wat haar Pa en sy versamel, is regtig spesiaal. Hulle het ook die pragtige skryfbehoeftes gemaak spesiaal vir die geleentheid. Alles van die Spaar-die-Datum tot die spyskaart om alles mooi saam te laat pas en die tema uit te beeld. Yolandi Wilson, ons grimeerkunstenaar, het gespeel met natuurlike, klassieke kleure om die natuurlike skoonheid uit te lig.
Wat was die mees spesiaalste oomblik van die dag?
Wat baie spesiaal was, was dat dit ‘n nuwe venue is wat nog net een troue daar gehad het – die van die eienaars. Dit het die hele ondervinding absoluut die moeite werd gemaak. Al die verskaffers het ‘n doel in gedagte gehad; deur die natuurlike skoonheid uit te lig, van die venue en die omgewing. Dit het prefek saam gewerk.
Advies aan paartjies wat die tema wil gebruik vir hul troue?
Ons advies vir die 70’s geïnspireerde bruid is om te kyk na die kleure van daardie tyd. Die natuur en wat dit bied het ook ‘n groot faktor gespeel in ons sessie, so kyk na jou omgewing en gebruik dit. Dis maklik om dit met hout en natuurlike kleure te kombineer. Dit maak dit ook meer bekostigbaar.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograwe: Leanne Durand Photography
- Decor & Blomme en Skryfbehoeftes: Polkadot Weddings & Design
- Grimering & Hare: Yolandi Wilson MUA
- Venue: Klein Diamant Venue
- Trourok: Urban Bride
- Juweliersware: Blue Ice Silver Jewelry
- Trou-kar: Liezl Conradie
- Koördinering: Liezl Conradie
- Modelle: Bruid – Monique Jooste, Bruidegom – Kobus Stemmet