Theo & Tanja se plaas verlowing

Alhoewel Theo en Tanja ‘n vreemde ontmoeting gehad het, is die twee gereed om die res van hul lewens saam te spandeer.  Hulle is beide ontspanne mense met ‘n liefde vir die natuur en daarom het hierdie plaas geïnspireerde fotosessie perfek gepas by hulle as ‘n paartjie geneem deur Michelle Kalp.  Kyk onder om meer te sien van hul fotosessie wat geneem is by die Willem Prinsloo Museum wat die perfekte plaas gevoel uitbeeld en selfs ‘n paar beeste gehad het waarby die paartjie kon poseer.

Vertel ons hoe julle ontmoet het?


O jitte, ons ontmoeting is ’n lang storie.  Ons het ontmoet deur Theo se eks-meisie en my vriendin – jip, vreemd ek weet, maar dis ’n lang storie kort.  Theo is die ‘koel soos ’n komkommer tipe’ en ek is die ‘vinning op my perdjie’ tipe, dis so waar dat teenoorgesteldes mekaar aantrek!

Hoe het julle verloof geraak?


Niks vermoedend en niks wetend het Theo my na ’n restaurant geneem vir ons ses maande herdenking, ek kon sien hy was ’n bietjie op sy senuwees, waarna hy vir my ’n geskenk sakkie oor die tafel skuif, met ’n boksie daarin, dis toe dat ek weet iets is aan die gang.  Bo-in die boksie was ’n koevert met ’n hout syfer ses op, met ’n briefie wat se: ‘die laaste ses maande was die beste tyd van my lewe saam met jou’.  Toe was daar nog ’n koevert met dieselfde hout syfer hierdie keer met ’n vier op en ’n briefie wat se: ‘vier maande wag ek al en wag en die tyd is hier’…  Ek kry toe nog ’n koevert met ’n vraagteken en op die briefie staan daar ‘sal jy met my trou?’  Dis toe daar wat ons besluit om die pad saam te loop.

Wat was die inspirasie agter die fotosessie?


Die verlowings fotosessie was voor die handliggend, ons het dadelik geweet dat ons van Michelle se dienste wou gebruik maak – sy is ’n ongelooflik talentvol en op haar gemak fotograaf.  Omdat ons albei van die natuur hou en ek in my vorige lewe ’n plaasmeisie was het ons toe besluit op die Willem Prinsloo Museum.  Waar ons verlede en toekoms in fotos vasgevang kan word.

Hoe lyk jul droom troue?


’n Klein intieme, modern tog oud wêrelds styl troue was ons keuse, met 60 gaste, mense na aan ons harte.  Ek glo jy beplan hierdie ideale droomtroue vir maande al, maar op daardie dag oortref al jou planne en wildste drome jou.


    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    • Venue: Willem Prinsloo Museum
    • Catering: Food Fundi
    • Koek: Sindy Shaw