Die groot dag van Lourens (31) en Lorencia (27) was op 24 Junie 2017 vasgevang op kiekies deur die talentvolle Elize-Mare Photography. Ons hou van die manier hoe Elize-Mare die oomblikke vasgevang het en die een foto waar Lorencia en haar strooimeisies, elk met hul selfone met ‘n foto van hulself op die skerm, is mooi inspirasie wat toekomstige bruide kan volg.
Lourens en die manne het ook spoggerig gelyk met blomme patroon dasse. Die blomme patroon was groot tendens in 2017 en ons hoop dit vloei nog oor na 2018. Die blomme patroon kan op verskeie maniere geïmplementeer word by ‘n troue, so raak kreatief daarmee.
Die paartjie hou van lekker eet en goeie wyn en dit is hoe hul ontmoet het in ‘n gimnasium vertel Lorencia. Lourens het eerste met Lorencia gesels en sy ligte sin vir humor het dadelik vonke laat vlieg tussen hom en Lorencia.
Met ‘n begroting van R125 000.00 het die paartjie 100 gaste by hul troue gehad wat ‘n rustiek en vintage gevoel gehad het op ‘n plaas so 20 min buite Pretoria en hul wittebrood van ‘n reis deur die Wes-Kaap se mooiste dorpe ook in die kostes ingesluit.
Blaai onder deur die fotos en kry inspirasie vir jul troue.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons het mekaar ontmoet by ‘n crossfit gimnasium. Ons albei hou van oefen, lekker kos en wyn.
Ek was besig om te oefen en het nie opgelet na enige een om my nie en die volgende oomblik sê hy vir my “Kan jy asb nie voor my oefen nie, want as jy oefen trek jy my aandag af”; en in daardie ligte humor oomblik was daar net ‘n vonk.
Wat was die styl van die troue en hoekom het julle die venue gekies?
Ons styl was rustiek vintage. Lorencia was lank terug by ‘n troue daar en het nog altyd gesê sy wil by Die Akker trou eendag.
Vertel ons van jul Wittebrood
Ons was met wittebrood, ons het ‘n toer gedoen van Knysna deur Bloubergstrand na Stellenbosch.
Advies wat jul aan paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?
Daar sal altyd iets mooier of beter wees maak ‘n besluit en hou daar by.
Hoeveel gaste het jul genooi en hoeveel gaste was by jul troue?
Ons het 100 gaste gehad by ons troue en met ons wittebrood ingesluit het alles R125 000.00 gekos.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Elize Maré Photography
- Venue, Blomme en Dekor: Die Akker
- Rok: Still White
- Uitnodigings: Greenvelope
- Grimering: Burn Make Up
- Mans uitrustings: Jones & Kent