Armand & Nadine se troue by The Nutcracker Venue

Armand en Nadine ken mekaar al van skooldae af, maar sien nou uit om die lewe as getroudes saam aan te pak.  Hierdie twee het besluit om by hul troudag te fokus op wat belangrik is vir hulle, al het dit soms teen die tradisionele gewoontes van troues gegaan.  Lees onder die raad wat hulle gee aan toekomstige paartjies wat ook ʼn paar moeilik besluite moet neem wanneer dit kom by metgeselle en ander trou verwante reëlings.

Die troue was ʼn pragtige natuur geïnspireerde geleentheid wat gevul was met aardse kleure en hout elemente.  Dit was perfek omdat die paartjie mal is oor die natuur. The Nutcracker Country Venue het gesorg dat al hul drome waar word.  Maak ook seker dat jy die pragtige foto’s wat geneem is in die natuur onder te sien kry.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons albei was in dieselfde skool met dieselfde vriendekring, maar het nooit met mekaar self gepraat nie. Nadine het ʼn vreeslike skoolmeisie verliefdheid op Armand gehad. Albei was na verskillende universiteite toe en eers twee jaar na skool mekaar raak geloop in Potchefstroom en begin gesels. Dis waar ons liefdes verhaal begin het. Die eienskappe wat ons na mekaar gebring het was dat albei vreeslike kompeterend is en deel is van groot families. Ons liefde vir avontuur en die natuur het ons ook na aan mekaar gebring.

Styl van die troue


Met die wat albei van ons so lief is vir die natuur was die tema baie gebaseer op aardse kleure met die verskeie hout elemente en hordes kerslig. Pinterest is maar enige toekomstige bruid se droom. Ek het maande geboer daarop en verskeie fotograwe se fotos gebruik as inspirasie.

Venue


Die venue is geleë langs die rivier en omring met natuurskoon. As ʼn paartjie ken ons die Parys area baie goed en die eerste venue waarna ons gaan kyk het was The Nutcracker. Op die venue se webwerf het ons na fotos gaan kyk en vorige trou paartjies se fotos ook bewonder. Maar die fotos doen nie die venue geregtigheid nie. Die saal is regtig iets om te sien met die verskeie hout tafels en stoele elkeen met ʼn unieke styl. Die venue is beskikbaar vir die bruidspaar en die gaste vir die hele naweek en het ons net weereens oortuig dat dit die enigste venue is waar ons as paartjie ons verewig wil begin.

Wittebrood


Ons wittebrood is in drie dele gedeel. Nasionaal, Kontinentaal en Internasionaal.

Vir ons nasionale wittebrood was ons Margete en Scottburgh toe waar ons soos twee klein kinders uShaka Marine World geniet het en teveel seekos en bunnychows geëet het. Daarna was ons Botswana toe vir ons kontinentale wittebrood. Hier het ons ver getoer Ghanzi tot Shakawe na Chobe en Kasane en selfs die Victoria Valle in Zimbabwe gesien. Ons internasionale wittebrood is die grootste avontuur wat ons as paartjie tot dusver aangepak het. Huidiglik noem ons Auckland, Nieu-Seeland ons tuiste waar die wittebrood nooit ophou nie.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?


Trou is nie perd-koop nie. Doen wat julle as paartjie gelukkig maak. As dit nou is om pampoen geel tafeldoeke te hê met swart glinsterstof. Hoekom nie? As daar ʼn tannie, oom of familie vriend is wat jul as paartjie ongemaklik maak, moet nie hul nooi nie. Met tyd sal hul julle vergewe maar daardie spesiale dag moet presies dit wees, spesiaal. Ons het verkies om geen metgesel en kinders op die troudag te hê weens verskeie redes. ʼn Paar familie lede en vriende was ongelukkig daaroor maar vandag is almal weer lief vir mekaar. Moet ook nie vergeet van die groter prentjie nie. Die dag gaan oor julle as paartjie en nie oor die of daai oom se tannie se neef se tweede vrou. Almal se opinie maak saak en neem dit in ag maar hou vas aan wat jul wil hê. Die eerste stap na die ja-woord is om na venues te gaan soek. Daarna boek jou fotograaf en grimering en hare diensverskaffer. Die drie goed  is die heel belangrikste en word altyd eerste vol geboek.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Albei van ons het presies geweet wat ons op ons troudag wou hê. Die hele naweek was net ʼn groot fees met vriende en familie wat saam kuier en hard werk om die troue perfek te maak. Elke oom en tannie het deel gehad om elke klein en groot element op die troudag ʼn sprokies dag te maak. Daar is nie een ding wat ek of Armand sou wou verander aan ons troudag nie. Ons is dankbaar vir wonderlike ouers, broers en susters asook die tannies en ooms wat elke sekonde seker gemaak het die dag verloop glad. Die venue se span het verseker ook bygedra tot die fantastiese dag.

Wat was julle trou begroting?


Ons het begroot vir so om en by R150 000. Op die ou einde het ons meer geneig na so R170 000. Dan neem mens nie die petrol en  ander klein kostes in ag nie.


    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]