Wiehann en Alika se verhouding kom al van hoërskool dae af, maar in daardie stadium was dit niks meer as ‘n goeie vriendskap gewees nie. Nou kan die twee ook uiteindelik uitsien om die res van hul lewe saam te spandeer as Meneer en Mevrou Steyn. Hul troudag was ‘n elegante geleentheid waarvan enige dame sou kon droom. Die eenvoud van die dekor en kleurskema herplaas die fokus weer op die twee se liefde vir mekaar. Terwyl die venue ‘n industriële gevoel gee tot die geleentheid. Alika het ook ‘n asemrowende trourok aangehad wat almal se asems weggeslaan het. As jy ook so ‘n pragstuk wil dra, gaan besoek Bridal Manor in Pretoria. Lees gerus verder om meer te sien van hierdie deftige geleentheid.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Ons het op skool ontmoet by `n vriendin se partytjie in graad nege. Dit was eers nie liefde met die eerste oogopslag nie, eerder `n goeie vriendskapsverhouding wat ons hele Hoërskool loopbaan geduur het. Teen die einde van ons eerste jaar op universiteit het dinge tussen ons meer ernstig begin raak. Ons het vier jaar uitgegaan voordat hy my gevra het om te trou. Ons is albei baie doelgerig en toegewyd in alle aspekte van ons lewens. Ons is ook baie ondersteunend teenoor mekaar. Ons deel altwee `n passie vir reis, lekker kos en die goeie geselskap van vriende en familie. Ons kyk ook graag `n goeie fliek saam.
Wat was die styl van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?
Die styl van die troue was klassiek-kontemporêr. Ek wou ook die styl van my rok in die dekor deurtrek wat baie elegant, maar eenvoudig was met min detail was. Ons het gefokus op aardse kleure wat sand, steenkool en groen was. Die dekor op die tafels was baie eenvoudig met die klem op blomme wat net wit en groen was. Ons het baie gehou van die industriële Franse gevoel wat die venue gehad het en ook van die groot, oop vensters wat bydra tot die industriële gevoel. Ons het ook baie van die kalm en rustigheid gehou wat die groot bome geskep het waar die seremonie plaasgevind het.
Was julle met wittebrood?
Ons was na Arabella toe in Kleinmond, Kaapstad. Arabella lê in die hartjie van die Kogelberg Biosfeer en is `n pragtige golf landgoed met `n hotel en spa. Ons het ses nagte in die hotel geslaap. Bedags het ons Hermanus besoek wat slegs 30 min se ry van die hotel af is. Ons het van die hotel se spa gebruik gemaak en ook Hemel en Aarde Vallei se wyn roete besoek waar ons van die lekkerste Pinot Noir wyne geproe het. Die natuur en pragtige wingerde was `n belewenis gewees. Die rustigheid van die platteland het ons veral lekker laat ontspan.
Wat sou julle verander het as jul kon?
Ons sou dalk meer tyd saam aan ons foto`s wou spandeer. Omdat ons eers vyf uur die middag getrou het, was daar nie veel tyd gewees vir foto’s voor dit donker raak nie. Ons sou dalk eerder vier uur trou inplaas van vyf uur, want dit sou ons meer tyd gegee het na die seremonie vir die troufoto’s en onthaal.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?
Ons advies aan ander paartjies is dat mens nie `n jaar nodig het om jou troue te beplan nie. Ons het ons troue in twee maande beplan. Dit is ook belangrik om `n venue te kies wat naby is vir die trou paartjie van waar hul bly, sodat hul maklik toegang het tot die venue vir konsultasies en om die beplanning te doen. Bestee ook genoeg tyd aan musiek wat by die seremonie en onthaal gespeel moet word asook die kos. Dit is die twee elemente wat mense altyd van `n troue onthou. Dit was vir ons die moeilikste gewees om eers `n venue te kry waarvan ons hou en wat by ons begroting inpas. As jy eers die venue het val alles anders in plek.
Wat was julle trou begroting en hoeveel het julle troue op die einde gekos?
Ons begroting was rondom R100 000 en op die einde het alles ons ongeveer R151 000 gekos.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Lace on Timber
- Blomme & Dekor: Pieter van Niekerk
- Musiek: Paul @ Zoo Sounds
- Fotograaf: Phillipe Photography
- Troukoek: Christine LE Roux
- Trourok: Bridal Manor
- Bruid se hare: Luzanne Hair Design
- Bruid se grimering: Nicola Wheeler Roodt
- Strooimeisies se hare en grimering: Michaela Lapan