Nicola & Stefan se gelukkigste oomblik

Stefan en Nicola ken mekaar al amper ‘n ewigheid en gaan ook nou die res van hul lewens saam spandeer.  Hierdie paartjie wou hul reis op pad na die kansel vasvang met pragtige foto’s wat geluk weerspieël, en dit is presies wat hulle reg gekry het.  Lees verder om meer te weet van die inspirasie agter hierdie fotosessie.

Hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet in Hartenbos in September 2003, ja dis amper 14 jaar terug!  Stefan het vir my gewaai en toe waai ek vir hom terug! (Oulik nêh?) Daar was onmiddellik ‘n aangetrokkenheid tot mekaar.  Ons het begin gesels en hy nooi toe vir my en ‘n vriendin na ‘n braai by hul karavaan waar hul gekamp het.  Tydens die braai kon ons nie ophou gesels oor ons liefde vir diere en hoe erg ons oor ons familie is nie, dit was magies!  Ons sal op die eerste November 14 jaar al saam wees en die liefde gloei asof ons mekaar gister ontmoet het.  Ons is so dankbaar daarvoor.

Hoe het hy jou gevra om te trou?


Stefan se plan was om die verlowing op te neem.  So dit beteken ons moes iets doen wat my nie iets sal laat vermoed as hy ‘n kamera op sy kop het nie.  Ons was op pad terug Kaapstad toe nadat ons die vorige aand by ‘n troue was waar ek heel toevallig die ryker gevang het.  Toe vat hy my na die groot wiel by Victoria & Albert Waterfront en vra my daar binne!  Ek het niks verwag nie, daar was skok en baie trane, maar dit was so spesiaal en alles was op die kamera afgeneem!  Die familie het ons daarna verras by ons gunsteling wynplaas.

Wat was die inspirasie vir die fotosessie?


Die woord “serendipiteit” was ons inspirasie, dit beteken ‘n gelukkige ongeluk.  Dis as ‘n verlowings geskenk waar ons eintlik ons trou fotograaf ontdek het!  Ons wou die 14 jaar vasvang met ‘n magiese oomblik.

Hoe lyk julle droom troue?


Ek en Stefan droom oor ‘n klein en intieme troue saam met ons naaste familielede en vriende met ‘n betowerende atmosfeer.  Ons raak so emosioneel as ons dink aan die groot dag, hoe ons dit die beste kan beskryf is baie liggies en kerse, mooi wit blomme asook fantastiese musiek en kos!  Ons wil hê ons gaste moet lekker dans en saam met ons dit voluit geniet tot die einde!

    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: