Kyle en Kate se troue beloof om net so pragtig te wees as hul verlowings foto’s. Die paartjie kom al ‘n lang pad saam en kan nie meer wag vir hul groot dag om aan te breek nie! Beide wou ‘n natuurlike aanslag hê tot die foto’s, wat steeds elemente van hul troudag inkorporeer. Dus het hulle besluit om sommer by hul trou venue fotos te neem. Dit sal beslis vir jare nog op die paartjie se mure kan hang.
Vertel ons hoe julle ontmoet het?
Ons het net meer as agt jaar gelede ontmoet deur gemeenskaplike vriende. Aanvanklik was nie een van ons twee opsoek na ‘n ernstige verhouding nie, maar hoe meer tyd ons saam spandeer het, het ons besef daar was ‘n spesiale band tussen ons. Ek was aangetrokke tot Kyle se mooi groen oë en sy unieke humorsin. Niemand kan my laat lag soos hy kan nie! Kyle is die lojaliste en mees liefdevol mens, hy is werklik my anker. Niemand ken en verstaan my ook so goed as wat hy doen nie. Hy is intelligent, hardwerkend en gedetermineerd om sukses te behaal in alles wat hy aanpak. Ek kan nie wag om die res van my lewe met hom te spandeer nie.
Kyle was onmiddellik aangetrokke tot Kate se aansteeklike lag, haar pragtige glimlag en vermoë om altyd ander voor haarself te plaas. Kate inspireer my en motiveer my om ‘n beter persoon, verloofde en binnekort man vir haar te wees. Ek het geen twyfel dat sy my lewensmaat is nie en die persoon saam met wie ek ewige herinneringe wil bou.”
Hoe het julle verloof geraak?
Kyle het my gevra by een van ons gunsteling plekke in die wêreld – die Afrika bos. Hy het ‘n asemrowende uitstappie gereël na Madikwe om ons sewe jaar herdenking te vier en min het ek geweet dat die uitstappie lewens veranderend sou wees. Ons het by ‘n lieflike oord in die middel van nêrens gebly, met die intrap slag het ons middag tee gehad en daarna ‘n rit in die reservaat. Die nag rit in die reservaat was iets uit ‘n ander wêreld, ons wildehonde, cheetahs, a trop leeus en baie ander diere ook gesien. Na skemerkelkies in die bos het ons terug oord toe gegaan waar ons ontmoet is met warm sjokolade. Kyle het genoem dat ons na die uitkyk punt by die dam moet gaan en dis daar waar hy op een knie gegaan het.
Waar het julle inspirasie vir die fotosessie gekry?
Die verlowings fotosessie is gedoen deur die talentvolle fotograaf, Charl van der Merwe. Ons was gedetermineerd ons verlowings fotos ook by ons trou venue, Bordeaux Game Farm, te hou. Die verlowing fotosessie was baie eenvoudig gehou en klein elemente wat deel vorm van ons troue se tema daarby geïnkorporeer. Ons troue se tema kan beskryf word as rustiek, aards en natuurlik.
Hoe sal julle droom troudag wees?
Dit sal in die bosveld wees omring met ons naaste vriende en familie. Om ons troue onder die Afrika bosveld te kan hou sal definitief ‘n droom wees wat waar word gevolg met ‘n feestige viering van ons trou dag. Ons is mal oor die minder is meer filosofie en is meer geneig om aardse kleure soos room, grys, wit, vuil pink en groen te kies. Ons is so opgewonde vir ons spesiale dag en het geen twyfel dat dit een van die gelukkigste dae in ons leeftyd sal wees nie!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Bordeaux game farm
- Fotograaf: Charl van der Merwe Photography