Danie en Rozane se troudag mag dalk in ‘n vreemde land gewees het, maar vir die twee het dit glad nie vreemd gevoel nie want al wat hulle werklik daar nodig gehad het was mekaar. Lees onder meer oor hoekom hulle saam besluit het, dat dit die beste sou wees om ‘n wegbreek troue te hê asook hoe hulle hul ouers, familie en vriende in gedagte gehou het tydens hierdie besluit. Die fotos op die wit strande is asemrowend en sal beslis nog vir baie lank teen die nuwe paartjie se mure tuis kan hang. Maak ook seker om heel onder aan die artikel hul wegbreek troue video te kyk, dis beslis iets wat jou hartsnare sal roer!
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle aangetrek tot mekaar?
My en Danie see eerste ontmoeting was gereel deur ʼn gesamentlike vriendin in 2010, sy het gedink ons kan goed bymekaar pas. Ons was nie alleen nie, en was stil in gesprek met mekaar. Ons het natuurlik gehou waarvan ons sien van die eerste oomblik af voor ons mekaar werklik leer ken het. Rozane se oë en die manier hoe sy met Danie gepraat het was vir hom so mooi en ook haar ‘liggaam bou’. Danie se perfekte voorkoms en mooi gesiggie was wat Rozane se knieë geknak het, en die feit dat hy sportief is.
Wat was die tema van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?
Die styl wat ons gekies het vir ons groot dag, was ʼn wegbreek troue. Dit het afgespeel op die strand by die Lux Resort in Le Morne, Mauritius. Die inspirasie om ‘n wegbreek troue te hou, het gekom van hoe tydsaam en stresvol dit kan wees om ʼn tradisionele troue te reël en dan gaan die groot dag so vinnig verby. ʼn Vriendin het die venue aan ons voorgestel en na baie oorweging en vergelykings was dit voorwaardelik die mooiste, natuurskoon venue wat ons kon kry. Die vyf-ster Oord het beslis elke oomblik spesiaal vir ons gemaak.
Was julle met wittebrood?
Ons het na die wegbreek troue aangebly by Riu Le Morne in Mauritius. Ons was in totaal vir agt dae in Mauritius en dit was werklik ʼn besonderse ervaring. Die standaard van diens lewering is besonders goed, en elke oomblik van die blou skoon water, seil op ʼn catamaran, swem saam met dolfyne in die see se ooptes, mooi wit strande en die diverse kulture rondom jou, vat jou werklik uit jou tuiste. Ons was bederf met geskenkies en sjampanje en kon eet soveel as wat ons wil. Dit het ingesluit soveel mengeldrankies as wat ons wou!
Wat sou jul verander het as jul kon?
Daar is absoluut niks wat ons sal verander nie. Die trou styl het min stres veroorsaak, en die stres wat voorgekom het, was nie oor ons groot dag nie. Ons het meestal gestres oor die gedeeltes wat tradisioneel was en die uitsluiting van familie en vriende – en ons het nie een familielid of vriend verloor deur die proses nie. Ons sal wel langer wou aanbly!
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat binnekort trou?
Vir ons was die moeilikste om ons ouers nie te na te kom nie, en het hulle geraadpleeg oor die hele proses. Die trou dag is so groot en spesiaal dat die hoeveelheid moeite wat daarin gesit word, kan vinnig die fokus wegneem van die paartjie se belofte voor God. Ons leuse vir ons troudag was: Ons beste dag ooit, gaan oor ons liefde en belofte voor God. In Mauritius is waar Hy ons Liefde geseën het, Net God die Vader, en ons alleen.
Wat was julle trou begroting en hoeveel het julle troue op die einde gekos?
Ons begroting was aanvanklik R70 000 gewees. Op die ou einde, het ons ‘n totaal van R90 000 spandeer. Ek en Danie het besluit ons wil nie ons kleredrag afskeep nie. Rozane het ʼn trourok laat maak en Danie het ‘n pak gekoop. Ons het ook meer spandeer op die seremonie self en ook fotograwe saamgeneem om die seremonie af te neem dat ons dit met ons geliefdes by die huis kan deel.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Le Morne, Mauritius
- Trou rok: Nina Couture
- Troupak: Woolworths
- Fotograaf: Rentia Smith Photography
-
-
[endsection]