Bradley & Chanel se Mpumalanga Fête troue

Bradley en Chanel het geweet hulle is vir mekaar bedoel die oomblik toe hulle ontmoet.  Hulle het besef dat nie net kan hul lekker kan gesels nie, maar hulle het ook dieselfde waardes en norme deel.  Wanneer jy na die twee se troue kyk, sien jy presies waarvan hulle hou en geïnteresseerd in is – oud wêreldse stories weg van die moderne dag se gedruis.  Hulle troue was ‘n prag geleentheid wat aandag gegee het aan die besonderhede, klein en groot.  Bv. fyn kant en knopies op die bruid se trourok of die pragtige roostuin waar hul fotos geneem is.  Die troue het ook ‘n vierpotige vriend gehad wat die geleentheid bygewoon het.  Dit is die ideale venue vir ander wat ook graag diere by hul groot dag sal wil hê!

Vertel ons hoe julle ontmoet het en die eienskappe wat julle na mekaar aantrek?


Chanel: Ek en Brad se sussie was in dieselfde graad op skool en saam in die koshuis, maar snaaks dat ek en Brad mekaar eers ontmoet het aan die einde van my matriek jaar toe ons met matriek vakansie was.  Brad is ouer en moes sy sussie met matriek vakansie vergesel, en dis die aand toe ons aan mekaar voorgestel is.  Ek was dadelik na hom toe aangetrek en sy aantreklikheid, glimlag en charisma.  Ons het dadelik goed oor die weg gekom en kon oor enige iets praat en ons het ook vinnig uitgevind dat ons dieselfde uitkyk en waardes het.  Ek onthou so goed hoe ek Brad se volwasse en rasionele beredenerings-vermoë waardeer het en ek kon dadelik sien hoe intelligent hy is. Hy het ook ‘n briljante sin van humor.

Brad: Chanel het so ‘n passie vir lewe en is gelukkig, borrelend en opgewonde. Ek kon dit al sien die eerste keer wat ons ontmoet het en dit het gemaak dat ek rondom haar wou wees. Sy was so mooi, maar tog so plat op die aarde, altyd met ‘n glimlag op haar gesig. Ons eerste gesprek het reeds my gewys dat ons dieselfde waardes het en eindelose gesprekke oor amper enige iets sou kon geniet.

Wat was die tema van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?


Die tema was Engelse Platteland.  Ons het altwee ‘n baie klassieke styl en smaak en waardeer antieke en ou wêreldse sentiment, argitektuur en flieks.  Ek is ook verlief op periode dramas soos Downton Abbey en die klassieke literatuur van Jane Austen en die romanse van die Regency periode se modes, digkuns en musiek.  Ons is buite mense wat saligheid in die natuur vind.  So ons wou dus ‘n venue kies wat ‘n ou wêreldse herehuis atmosfeer hê, maar wat ons ook sou toelaat om die hele troue in die buitelig te vier.

Ons het lank gesoek en amper moed op gegee maar toe op Welgelegen Manor afgekom – dit was perfek.  ‘n Oorspronklike Herbert Baker huis met asemrowende argitektuur en ‘n  geskiedenis wat ‘n storie vertel was skoon betowerend is.  En boonop, was daar romantiese tuine soos die roostuin en groot dennebome waaronder ons die seremonie kon hou en die perfekte atmosfeer vir ‘n regte Engelse plattelandse teetuin Fete.  En natuurlik, die venue moes instem om ons vier-been-kind Blake, toe te laat om die troue saam met ons te vier. Pinterest en aanlyn trou publikasies het natuurlik gehelp om al die klein besonderhede van die dekor te beplan.

Was julle met wittebrood?


Ons was na Mauritius gewees en het op drie verskillende plekke gebly om die eiland en sy kultuur beter te kon beleef en dit was ‘n onvergeetlike ondervinding.  Van in die helder blou water vir ure lank snorkel en lang afstande stap op die wit sand van vergete strande. Klapper sorbet en tropiese paradys landskappe met ‘n oorvloed van vyebome wat oor strandmere hang.  Ons het die atmosfeer van die Port Louis mark geniet waar daar ‘n oordosis van plaaslike geur is. Die reuse waterlelie van die botaniese tuine en die Black River Gorge nasionale park was ook hoogtepunte.  Moet ook nie bang wees om die klein dorpies en die plaaslike kultuur te verken nie.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Alles het afgeloop soos dit moes en ons is nie spyt nie – ons het elke oomblik van die beplanning en die dag ingeneem en kan nogsteeds nie uitgepraat raak oor al die herinneringe wat ons het nie.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?


Wees duidelik en streng van die begin af met familie wat die grense oorskry.  Besluit saam met oor wat julle met die dag wil bereik en beskerm dit.  Weet van die begin af dat julle nie alles kan beheer nie; of dit nou die weer is of hoe iemand vergeet het om iets te doen – beplan wat julle kan en wees georganiseerd maar laat die res gaan en geniet dit.  Ons het deeglike navorsing gedoen oor verskaffers wat die tema, styl en ons visie vir die dag sou pas.  Ons was selektief gewees en die kwaliteit en professionaliteit van ons verskaffers het tot die sukses van die dag bygedra en die beplanning vergemaklik.

Hoe het julle, jul begroting laat werk vir die geleentheid?


Weet van die begin af waarop julle wil fokus en bly daarby.  Beplan waar julle gaan spaar.  Besluit saam wat vir julle belangrike is soos die fotograaf, die venue, blomme of dekor.  Ons het byvoorbeeld net een blommemeisie en strooijonker gehad en ons gastelys klein en intiem gehou en eerder bietjie meer op ander dinge soos skryfbehoeftes, ‘n lewendige orkes en gehuurde dekor en meubels spandeer.  Daar is ook selfdoen geleenthede – ek het my ma se matte gebruik om Boheemse element in die styl in te sluit.


    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: