Dit gebeur dat paartjies meer as een verlowing fotosessie het. Daar kan verskeie redes daarvoor wees. Rynard en Bianca se mooi verlowing was al voorheen op Mooi Troues gepubliseer en het ‘n veld agtergrond gehad, waar die verlowing fotosessie op ‘n strand geneem was deur die talentvolle Lucille Scheepers.
Vertel ons die inspirasie vir die verlowing fotosessie?
Die inspirasie agter die fotosessie was deur die fotograaf, Lucille Scheepers, gekies. “Ons wou dit baie spesiaal maak en het besluit op die Coolbaai strand af te neem. Die mooiste uitsig waar jy die mooiste fotos kan vas vang! Ek wou dit bietjie meer spesiaal maak en het besluit op ‘n baie spesiale plek vir ‘n baie mooi paartjie! Ek wou die mooi van hulle wys deur die “oë” van ‘n mooi plek. Hulle lyk soos gelukkig en ek het geweet ek gaan dit so baie geniet om hulle fotos te neem.”
Vertel ons wat is jul droom troue?
Ons is maar plat op die aarde mensies, so ons wil net ‘n mooi rustieke troue hê. Was nog altyd ons droom troue waar almal kan terug sit en hul self gate uit geniet waar daar genoeg kos, wyn en lekker eet goedjies is.
En om nie heel aand toesprake te hê nie dat n mense lekker tyd het om saam almal te kuier en lekker kan gesels.
Solank almal hul self kan geniet sal ons ook net als saam almal kan geniet.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lucille Scheepers Photography
- Grimering: Mac Somerset- Mall
- Hare: Marihette de Villiers