Rovos Rail ervaring

Jaun en Günther van Mooi Troues het die Rovos Rail trein van Pretoria na Kaapstad geneem en ons deel graag hierdie besonderse vyf-ster ervaring met Mooi Troues se lesers.

Ons Ondervinding

Van die begin af was ons ondervinding uit die boonste rakke waar ons gewag het in Rovos Rail se Pretoria stasie vir die trein om te vertrek.  Ons was behoorlik bederf met lekkernye en sjampanje.  Ons het ook gaan loop deur die Rovos Rail Museum waar ons weg geraak het aan al die antieke stukke en Geskiedenis.

Ons was ook vriendelik na ons kamer begelei en die besonderhede vir die rit was in detail vir ons verduidelik.  Elke trok op die trein het sy eie gasvrou wat omsien na al ons behoeftes.  Puik diens was gelewer.

Etes

Alle kos en drankies is ingesluit en die etes was fenomenaal.  Ontbyt is buffet styl vir die koue ontbyt en A’la Carte vir die warm ontbyt.  Middag ete is vier-gang maaltyd met ‘n glas wyn wat elke dis komplimenteer.  Vir aandete het ons ‘n vyf-gang maaltyd ontvang.  Boonop is daar middag tee met die lekkerste koeke vir elke palet.  Jul sal glad nie honger ly nie of met ‘n droë keel sit nie!  Jou keel sal heeltyd nat gehou word met ‘n drankie van jou keuse.  Die agterste trok het ‘n oop dek waar julle kan sit en ook prentjiemooi foto’s neem.  Dit is ‘n ervaring om op ‘n oop dek te staan op ‘n bewegende trein!

Die Kamers

Die kamers word mooi gemaak voor slaaptyd, sjokolade word op jou kopkussing gesit en elektriese kombers word aangeskakel.  Die sag wieg van die trein het ook gesorg vir ‘n lieflike nagrus.

Die Natuurskoon

Saterdag oggend het ons verby duisende Flamingo’s gery.  Die trein drywer het spesiaal stadiger gery sodat alle gaste hul foto’s in fokus kan kry.  Ons het afgeklim by Kimberley stasie waar ons toe per toerbus geneem was en ‘n begeleide toer by Kimberley se Groot Gat gehad het.  Sondag het die trein vyf kilometer voor Matjiesfonte stasie gestop en die gaste wat wou kon na die stasie loop.  Die trein het toe by die Karoo dorpie se stasie gestop.  Die gaste wat wou afklim kon deur die klein-dorpie loop en die wat nie wou nie, het ‘n heerlike tee geniet in die sitkamer.

Wittebrood Opsie

Soos julle lees, is dit die perfekte Wittebrood opsie en so sien julle mooi dele van ons pragtige Suid-Afrika.  Ons het die rit van Pretoria na Kaapstad geneem, maar daar is ook die opsies van die Victoria Watervalle, Durban Safari, 9-dae Golf Safari asook ‘n Namibië Safari en dan ook ‘n 15 dag trans-Afrika treinrit tussen Kaapstad en Dar es Salaam op een van die mees bekendste treine ter wêreld.  Dit is ook die perfekte geleentheid as jy alleen wil wegbreek of as ‘n verliefde paartjie.

Trou Venue

Ons deel ook juis die ervaring met julle, want min mense weet, maar jy kan die trein huur vir eksklusiewe gebeurtenisse soos ‘n troue.  Klik hier vir meer inligting van Rovos Rail se gebeurtenis blad.  Rovos Rail het met trots ‘n gebeurtenis-trein geloods wat tot 250 gaste kan akkommodeer.  Die trein bied nie slaapplek nie en is ideaal vir ‘n gebeurtenis bedags.  Hou ‘n avant-garde trou onthaal wat jou gaste verseker sal laat praat jare na jul trou dag.  Die trein het ‘n streng beleid dat formele drag gedra moet word in die eetkarre.  Dit sal dus jul troue ‘n spoggerige affêre maak.

Afhangende van die getal gaste, kan die Gebeurtenis trein, met ‘n ten volle toegeruste kroeg, ‘n vier-gang-sit-ete vir tot en met 120 gaste bedien; ‘n drie-gang-sit-ete vir tot en met 240 gaste oor twee sittings; vir 250 gaste kan hul gemaklik warm peuselhappies, kanapees en skemerkelkies bedien vir die duur van die rit. ‘n Perfekte opsie vir die paartjie wat op soek is na iets Ouwêrelds, betowerend en romanties.

Die seremonie sal gehou word by die pragtige Edwardiaanse Stasie en musikante sal klassieke musiek speel terwyl die bruid haar groot ingang maak uit die stoom lokomotief.  Verheugde gaste sal daarna aanboord klim op die trein waar hul bederf word met vyf-ster ete en Suid-Afrika se beste wyne terwyl die trein saggies wieg deur die Jakaranda Stad


Artikel Krediet: